Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on May 08, 2012, 04:47:51 PM

Title: PM in Pretoria
Post by: PM on May 08, 2012, 04:47:51 PM
Hi ouens, ek laat weet net gou ons is uit en tuis en veilig by die huis. 
Die spinneskoppe en die miere het 'n groot partytjie gehou hier, maar dit is niks, binne drie dae het ek weer alles onder beheer.  Dit is  HEERLIK  om tuis te wees!  :love7:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: adele on May 08, 2012, 07:00:41 PM
so baie dankbaar dat julle veilig is, ons Vader sy hand oor julle gehou het, hoekom is ons land so groooot ?   :love7: 

 :grommit:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 08, 2012, 08:40:24 PM
Dit is erg ja, die ergste van als is die baie kilometers waar daar niks is nie en dan 'n klompie mense in 'n dorpie en dan weer kilometers niks. 
Die tolgelde is astronomies hoog en daar is net nie ander paaie om te ry nie.  Die pad van Zeerust af is 'n ou bestaande pad, vol hobbels, op plekke kan jy net 60 km per uur ry, of 80, maar jy betaal jou stert af. Die brug word nog gebou en orals is padwerke, maar jy betaal al klaar tolgeld.  Amper R150.00 tot in Pretoria.  Dit is om van te huil.  Iemand skep baie lekker. 
Als is uitgelaai, maar die wegpak moet maar wag en more kan ek eers my kleinkind gaan ontmoet.  Ons het te lank by die grens vas gehaak om dit vandag te doen. 
Ek is nou vodde en gaan inkruip.  Julle moet lekker slaap en ek gaan my bed behoorlik omhels.
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Meraai vannie Baai on May 09, 2012, 02:48:25 AM
Staan ek suutjies hier by die deur en kyk hoe omhels jy daai geliefde kooi van jou. Sooooo dankbaar ook dat julle veilig tuis is. Jou Bosswana geskrifte moet beslis bewaar word, dit het soveel plesier verskaf met goeie skoot simpatie  :love7:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: AB on May 09, 2012, 05:09:43 AM
welkom tuis, en ja nou waardeer mens jou eie kaia meer na jy vir 'n tyd nie die geriewe gehad het wat by jou huis is nie.
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Naas on May 09, 2012, 06:54:01 AM
Hoepela! Poepela! Tjorts!
Dis lekker om te weet my maatjies is weer veilig en dat die donkies in die bosse nou eers gaan weeklaag as hulle begin besef wat hulle nou gaan mis.
Jy moet daai huis vinnig regruk, Breyten se my boek sal teen Vrydag klaar wees dan moet jy diot vir my bring... Hie hie haaa tjie, hie hie haaaa!



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 09, 2012, 06:23:21 PM
Nou wanneer kom die bakkie af Kaapstad toe ... tolgelde en al .. ons wag opgewonde die kant  :hello2:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: AB on May 09, 2012, 06:29:37 PM
Nou wanneer kom die bakkie af Kaapstad toe ... tolgelde en al .. ons wag opgewonde die kant  :hello2:

seg net wanneer, sodat antionette kan begin konfyt kook en ek die rosyne uitweeg en verpak, en dat ons darem iewers saam kan hallo seg verkieslik om 'n bottel rooiwyn.
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 09, 2012, 06:38:28 PM
ek is besig om myse lyf kleiner te maak - so julle kan die bottel rooi wyn kuier - ek sal maar by die zero sprite bly - maar kuier gaan kuier ... 'n hond uit 'n bos uit  :triplets:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 10, 2012, 06:19:23 AM
Hallo julle, Hannes sal Maandag hoor van die Kaapse projek. Hou hierdie spasie dop!  :icon_biggrin:

Naas, ek kan Vrydag jou boeke gaan afhaal en kyk of ek iemand kan kry wat daardie rigting gaan.
Dalk kan ons ook kyk na "Intercape", hulle tariewe is ook nie te vrot nie.  Gerhard is in Sjina tot die einde van die maand, maar Dennis kan ook vir my 'n prys gee met hulle koeriers.  Ons sal koppe bymekaar sit. 

Dit is heerlik om terug te wees by ons mense en ons het ons kleinkind gesien en sy is te pragtig.  Ek skuld julle so baie sneppies, sal my 0 in rat moet kry.  Moet net eers ons huis weer leefbaar kry.  Die tuin gil ook vir aandag.  Hannes bly deur die huis dwaal, hy sê hy verlustig hom aan die spasie.  Dit is so wyd soos die Heer se genade, seg hy.  :icon_biggrin:

Dit is heerlik om stil te staan en te stort.  'n Ou het nie nodig om op jou knieë te snaan nie!  :icon_biggrin:

O ja, Naas, daai donkies het gerou en geweëklaag toe ons daar ry.  Die laaste wat ons gehoor het was iets van "sê groete vir Na-aaa-Na-aaa-s."  :icon_biggrin:


Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Naas on May 10, 2012, 10:07:17 AM
Breyten het gese dit behoort vandag of more klaar te wees maar het nog niks laat weet nie. Ek sal die koereirgeldjies betaal maar ek is mos nou nie daar om dinge self te doen nie.

O die donkoie is 'n wonnerlike ding
hy kla as ek gaan
maar stuur tog sy groete saam
o die donkie laat ons wonner, die ou ding.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 10, 2012, 10:33:37 AM
Mooi man Naas, hierdie donkies is wonderlike goed! 

Ek het nou net met Breyten geskakel, hy sê die boeke sal moremiddag reg wees, dan sal ons dit gaan afhaal.  Ons kan kyk wat die beste opsie is om dit so gou moontlik by jou uit te kry.   :love7:
 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Trapsoetjie on May 10, 2012, 01:17:39 PM
O die donkie is 'n wonnerlike ding,
om Naas se boeke nader te bring,
laat my sommer op en afspring.    :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:
Julle wil regtig nie hoor hoe ek sing nie,

Die donkie is 'n wonnerlike ding.

 :toothy4:

 :angel12:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Naas on May 11, 2012, 06:56:53 AM
Trappies, jy moet sagter sing. Jy weet mos hoe trek 'n kleurvroutjie se stem innie donkerte. Hier by ons het al die katte saam geserenade.
Dankie PM, ek waardeer die moeite.
Sit vandag sonder internet so sal later weer met julle praat. SMS  maar as daar moeilikgeid is.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 11, 2012, 07:57:57 AM
Ek is bly jy sing so vrolik Trappies.   :toothy4:

Ek sal die boeke afhaal en weeg Naas, dan kan ons sien van watter gewig praat ons vir die versending.
Intussen het ons al 'n paar oproepe gemaak, maar nog niemand opgespoor wat Kaap toe gaan nie.  Sal aanhou probeer hoor. 

Dit sal dalk ook 'n goeie plan wees om eers net 'n paar boeke te stuur, die res kan dan wag vir 'n geleentheid. 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 11, 2012, 08:36:09 PM
Dalkies net kom die boeke saam PM en Hannes afgery en dan moet Trappies o die donkie by Naas se launch sing ;-)
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 11, 2012, 10:33:17 PM
 :sign10: Dit is 'n afspraak Trappies!  Beter jy oefen so lank!  Kry sommer vir Kassie dat hy 'n opname daarvan kan maak!   :icon_biggrin:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Gawelina on May 13, 2012, 08:09:31 PM
AB, sal Oupa Ysie nie 'n plekkie in sy lorrie vir Naas se boeke hê nie? Wat dink jy?

So bly jy is weer in die beskawing PM. Nou kan jy makliker ons stomklets sessies soggens bybring. Ons wag more vir jou gehoor!
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 14, 2012, 05:58:44 AM
Hoe groot is die boks met die boeke en hoeveel kg - JanDink se alter ego Andre Truter develop software vir 'n client wat 'n logistic maatskappy het - en trokke wissel soms tussen PTA/JHB en CT - ons kan daar ook hoor of dit nie kan saam af kom nie - maar ons moet net laat weet watse spasie dit moontlik sal gebruik ....   :hello2:

Skiesie dat ek nou eers daaraan dink .. Gawelina se AB se Oom Ysie het my nou daaraan herrinner ...  PM herrineer ... hoeveel r'e en n'e  ek weet nie - toe maak ek dit sommer 2 van elk om genoeg te wees
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 14, 2012, 08:59:48 AM
her-inner    dit is een van daai moeilike Afrikaanse woorde wat ons wil skryf soos wat dit deur die oumense uitgespreek is  -herhinner-  herinner is die regte spelling. 

My gaai was baie suur oor daardie boeke!  My skoonseun het vanoggend Kaap toe gevlieg en hy sou dit met liefde saamneem.  Ek kon nie vir meneer drukker Saterdagoggend in die hande kry nie! Ook nie gister nie!

Sodra ek die boeke het sal ek dit op my elektroniese skaal sit en kyk wat weeg dit, ook die afmetings neem. Daarsonder kan ek ook nie pryse kry nie.
Ons sal ook vandag hoor of ons Kaap toe kom vir daardie projek en wanneer dit sal begin. 
Ek glo ons sal die boeke vandag kry dan sal ek die inligting deurgee. 
My ma se woorde: - 'n Ander se genade is 'n helse genade - spook weer by my die laaste tyd. 

Ek het nog WW se alliminium ook hier by my.  Hannes sê hy sal ook vandag hoor watter van sy kontrakteurs gaan Kaap toe.  Dit is wonderlik dat almal so hulp aanbied.  Dankie julle!  :notworthy:

Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 14, 2012, 12:56:15 PM
hand-aan-aand-kom-ons-almal-oor-elke-build!  Dis my nuwe Afrikaanse woord - sal dit werk :-)  maar dis beslis van toepasing op ons Forum-Fandamilie ne PM  :love7:

ek her-inner my weer hoe om te spel - dankie PM
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Angelica on May 14, 2012, 01:44:58 PM
Morning, morning....
Wil net gou weet, PM, terwyl dit lorries en die vliegtuie so afkom Kaap toe, is dit moontlik dat ek nog twee R,K&V kan bestel?  Familie wil nou koop.

Dankie.
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 14, 2012, 03:36:00 PM
Dit is reg so dierbaarste, ek bestel nog nuwe boeke en dit is beskikbaar teen R250.00 per boek.  Weet net nie hoe lank dit sal neem nie. 
Hoeveel boeke moet ek vir jou bestel? Als te saam?

Hoe was die troue?  Kom vertel tog asseblief! 

Hannes het laas Vrydagaand gegly en geval en ons het nie gedink hy het erg seergekry nie.  Kon vanoggend nie asemhaal nie en toe seg oom dokter hy het 'n ribbebeen gebreek.  Nou wil hulle sy ribbebeen terug hê waaruit ek aanmekaar geflans is, maar ek weier!
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: AB on May 14, 2012, 06:13:20 PM
Oupa Ysie se lorrie is groot, ek glo hy sal dit kan saam bring kaap toe. die enigste is hy hou nie van wag nie, waaroor ek hom ook nie kwalik neem nie. ek het nie nou sy nr by my nie maar ek glo gawie het sy nr en dan kan julle reel met hom.

Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 15, 2012, 04:24:41 AM
Oupa Ysie se trok het die vorige keer net tot in Centurion gegaan en dit is heel aan die ander kant van die stat.  As ons vroegtydig weet watter dag hy daar sal wees kan ons 'n reëling maak. 
Hannes sal vandag ook uitvind van die kontrakteurs wat Kaap toe gaan.  As hulle more eers vertrek het ons nog 'n kans om die boeke by hulle te kry voordat hulle ry. 
Die man van my het gegly en sy ribbebeen gebreek.  Ons sal beslis nie nou Kaap toe kom nie.
Hy is op die siekelys tot Maandag, dan sien hy weer die dokter. 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: AB on May 15, 2012, 04:39:46 AM
eina vir Hannes en sterkte vir hom met die beterskap en vir jou met die gesond liefies gee.
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 15, 2012, 04:52:13 AM
Dankie AB, ek sal hom sê.
Op hierdie stadium van die geveg moet hy maar lig loop.  Ons ooreenkoms was dat as hy nie die Kaapse projek kry nie, hy met Pensioen gaan, maar dit lyk my hy trek alweer kleinkoppie!
Ek wil nie hê hy moet ophou werk nie want ek weet sy werk is sy lewe, maar hy kan soveel kontrakwerk kry wat baie beter betaal en van hom sy eie baas sal maak.
Sy base gebruik hom nou net om die rompslomp te doen omdat hulle te lui is om dit self te doen en ek het nou genoeg gehad. 
Hy slaap darem nou lekker rustig, hoop hy staan vol energie op om in selfverdediging oor te gaan!  :icon_biggrin:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 15, 2012, 12:00:01 PM
ek het somehow Hannes se gebreekte ribbe gesmis en dat jy weier om die een terug te gee ... ek stem saam - hy sal oorleef sonder die extra een ... gee hom net baie soentjies vir die eina's :-)

Petra - die plek waar julle die boek laat druk het - kan jy een boek perslag laat druk??
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 15, 2012, 07:31:20 PM
Hannes sê ek moet dankie sê vir die ekstra soentjies.  Hy stuur ook 'n ekstra soentjie vir die Truters!
(Ek hoop ek het dit reg gespel want dit is al laat al!_)
Willatjie, stuur vir my 'n "kwotasie" dan vra ek vir Breyten wat hy sal vra daarvoor.  Ek dink ons drukkers is baie redelik met hul drukwerk. 
Ek het net die beste diens van hulle gekry.  Ons sal maar sien as Naas sy boeke kry, hoe gelukkig is hy, maar vir my lyk alles in plek. 
Naas verkoop sy boeke teen R60.00 per boek en ek dink elke een van ons kan maar daardie bedrag belê! Hannes sit nou juis met sy gebreekte ribbetjie hier op sy Oupabank en lees Naas se boek met 'n passie!  So nou en dan bars hy kliphard uit van die lag en hy weier om my in te lig! "As jy wil weet" seg hy "lees dit maar self!"
Skuus julle ouens, ons lewens is op die oomblik bitter wisselvallig en ons probeer net om 'n bietjie orde te skep.  Ek glo ons sal een van die mooi dae uitsluitsel kry.  Voor ek die "baas" se ander ribbes ook breek!
Lief julle en lekker slaap!
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 15, 2012, 07:44:11 PM
Arme Hannes moet nou seker die ribbetjie vashou as hy lag ... Naas as hy hier kom gaan hy jou ribbes timmer vir elke keer wat jou boek om aan die lag sit ha ha ... HOL ;-)

R60 is glad nie baie nie ... en ja ons sal ook graag ons Naas ondersteun ....  sal net ook met die baas praat - Kersfees is mos ook om die draai - dalk kan ons vir sy sus-hulle in NZ kry ... maar ek sal eers praat en dan kom bestel :-)

Wat ek graag wil weet van die drukkers wat julle gebruik - hoeveel is die minimum boeke wat julle op 'n slag kan bestel en beinvloed dit die prys ...

Hier onder is 'n drukker wat jy een boek perslag kan bestel - maar genade dan is die boek baie duur ...

Paarl printers is ook baie goed en baie goeie pryse - maar minimum van 1000 boeke moet gedruk word ...

Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 15, 2012, 08:03:43 PM
Al wat ek vra is dat jy vir my 'n kopie van die boek wat jy gedruk wil hê deurstuur Willa.  Ek gee dit dan oor vir Breyten en sê vir hom hoeveel kopies jy wil hê, en dan gee hy vir my 'n prys wat ek dan vir jou deurgee. 
Ek het nou uit ondervinding geleer dat 'n mens nie net een kopie van 'n boek laat druk nie.  Maak dit maar 20 of wat ook al, maar ek dink nie by ons drukkers sal dit 'n verskil maak nie.
Ek kan nie sê nie.  Stuur vir my wat jy wil laat druk en sê hoeveel kopies jy wil hê vir die eerste druk, dan stuur ek vir jou pryse deur. 

Daar is verskillende drukprosesse.  As jy litho-printing doen dan is die minimum 1000 boeke, maar dit is beslis nie nodig nie.  Stuur vir my 'n afskrif van jou boek en ek vra vir Breyten vir 'n kwotasie. 
Jy kan niks verloor nie. 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 16, 2012, 08:10:12 AM
Gie gie - ek het nie tans 'n boek vir printing nie ...

maar ek wil 'n family-foto-boek saam stel ... so as dit klaar is sal ek dit vir jou stuur

Hope Heals Heart se boek is nog in redigering ....  so as dit klaar is sal ek dit aan stuur

Ek het net gewonder of hulle net een boek sal print en wat die verskil sal wees ... want ek bied digital scrap book aan vir kliente - skryf dit dan na DVD met musiek en ook die los staande digi's as hulle dit sou wou print ... die een printer hier onder wat gelukkig is om net 'n copy per slag te print ... well dis onmoontlik duur ...

Vir Hope Heals Heart gaan ek litho-printing gebruik en alles in colbat blou ... (een kleur) - so dra dit gereed is sal ek 'n kopie stuur om te hoor wat hulle sou vra vir printing - ook A4
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 16, 2012, 09:19:38 AM
Goed, jy kan dit aanstuur as dit reg is.  Breyten se pryse is nie sleg nie. 
Wat is onmoontlik duur?  Hoeveel vra hulle?  A4?  Volkleur?  Landscape of Portrait?
Glasnspapier? Dikte van papier? 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 16, 2012, 10:40:06 PM
Vol kleur A4 .. 50 pages - albei kante geprint - R600.00 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 17, 2012, 09:46:46 AM
Dit is baie duur Willa.  Julle sal dit beslis baie goedkoper kry by Breyten.  As alles gereed is stuur ons dit vir hom dat hy 'n kwotasie kan gee. 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 17, 2012, 09:59:08 AM
Ek sal een vir ons familie gereed kry - want dan het ek 'n mooi voorbeeld vir kliente .. en dan kyk ons wat Breyten se kwotasie se :-)
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Naas on May 18, 2012, 01:08:59 PM
My boekies is vanoggend afgelewer, danksy PM, Hannes en Gerhard.   :hello2: :hello2: :hello2:
Baie dankie julle, ek is deur die kerk gelukkig. Dankie vir al die ondersteuning en al daai lekker liefde. My skuldboekie loop oor.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 18, 2012, 04:28:32 PM
ek doen saam 'n happy dans, Naas en ek sien dit het sommer bietjie reen vir die Kaap gebring  :hello2:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: adele on May 19, 2012, 03:19:51 PM
geniet elke boek, Naas, dit is 'n belewenis wat net eenkaar kom, daardie eerste boek, maar jou volgendes gaan elke keer lekkerder voel.

 :grommit:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 01:38:43 AM
Geluk mater!!! Sneppies grooooot assembliefie  :notworthy:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Angelica on May 20, 2012, 06:15:06 AM
Oeeee mense, dis happy days hier, sien ek.
Naas,  kan ons 'n drinksessie reel hier na die einde van die maand se kant sodat ek een van jou boeke myne kan maak?
Die ideale geleentheid om my plestiek bakkies by jou te kry, ne?
Willa en Trappies en WW moet ook genooi word dat ons kan fees vier.  Watter Kapenaars is nog hier in die Kaap?  Ek praat nou nie van die Kapenaars wat in Pretoria bly nie.  Hulle weet hulle loose uit om nie in die Paradys te bly nie. 
Kan ons so 'n drinksessie reel?  Ek praat hier van koffie en Rooibostee, ok?
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 20, 2012, 07:04:08 AM
Ek sal maar hier eensaam in my eie hoekie in SA sit.  :crybaby2:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 09:25:01 AM
Skuif op, ek join jou. Sukkel myse alie af om agtermiddag ietsie te post of kommentaar te lewer. Die blad maak aanmekaar ietsie nuuts oop maar nikse possies is gestuur. Kan ook nie delete nie. Sniksniksnik. Wil graag vir Angelica dankie skryf vir die raad oor die ponie-terapie. Pure verniet. Probeer ek nou maar hier komtaar los  :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 20, 2012, 10:01:53 AM
Ek sien jy het darem reggekom matertjie.  Forumnukke? 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:03:59 AM
En hoe!!!  :pottytrain2: tussen die forum en die brandalarm diekant word ek fiks  :icon_bigsmurf: Hop op en af. Outop storm kortkort in, 'jy maak lekker kos ne' heheheheh!!
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:09:18 AM
Ek maak varktjoppies gaar soos jou Hannes, met die yoghurtjas om en toe in gekrummelde skyfies gedruk. Nou hou die alarm niks van die rook wat uit die oond kom nie. Oi joi joi, nog 'n offergawe ala Gawie styl vanaand vir ons  :color:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 20, 2012, 10:17:20 AM
 :icon_biggrin: Dit gebeur in die beste van families!  :icon_biggrin:

Jy laat my nou dink aan die aand toe ons vleis in die pan gebraai het in 'n woonstel in Texas.
Eers was dit die rook, toe die alarm en toe die waterspuite! Toe die brandweer! Kan jy jouself indink hoe verleë ons twee ou spoke was?  :munky2:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:36:47 AM
Ek bulder alweer onvroulik diekant!!!  :sign10:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 20, 2012, 07:19:34 PM
oops julle ... Vrydag of was dit Donderdag was ons vir 'n wyle sonder krag ... Andre het krag gekoop en vergeet om dit in te pons ... en toe alles afskakel begin hy net lag ... dit kon die rede gewees het hoekom julle geskukkel het om in die forum rond te beweeg ... want as ons nie krag het nie ... is daar nie servers nie ... die forum run op die server ha ha .. ek het so vir die man gelag ha ha


Hannes en PM moet ook hier wees ... SAL sal maar net moet bring ... en dis tyd dat ou top en Meraai ook saam kom braai!!

Naas moet net se hoe en waar en wanneer ons kan help om die Fees te reel om sy boek mee te vier :-)

Angelina ...koffie is vir kinders ..... dit moet medisinale koffie wees ... melk, suiker, koffie poeier en 'n proppie likeur  :love7:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: adele on May 20, 2012, 07:48:47 PM
ek het eenkeer 'n naaldwerkmasjien gehad wat met rook gewerk het, en ook ander elektriese apparate wat almal met rook werk, [weet nie waar pas die elektrisiteit in nie] want elke keer wanneer een van daardie goetes se rook uitgekom het, het hulle ophou werk... 

 :grommit: 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 11:54:24 PM
Heheheheheheh Adele ek is verkrukkeld gelag ... hou op werk as die rook uitkom  :icon_biggrin: gaan beslis die stelling van jou bewaar  :book1: :notworthy:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Naas on May 21, 2012, 10:55:57 AM
Skuus mense. Ek het heel naweek dikbekbedonnerd weggekruip. Ek sit met 100 boeke waarmee ek niks kan maak nie. Ek het na die proefboek die drukker gevra om die stories reg te skuif na die regte blaaie soos op my word file maar oo weee! Toe ek my eerste boek oopmaak sien ek die finale boek se stories is nog meer deurmekaar. selfs die inhoudsopgawe is geklits.
Ek kan nie vir julle se hoe teleurgesteld ek was nie. Die drukkers het dadelik gese hulle sal dit oordruk en ek kan maar die gemors hou want hulle kan ook niks daarmee doen nie. Nou is dit weer vir twee weke wag.
Ek is so teleurgesteld dat ek sonder 'n oogknip 'n volgroeide krokkedil sal borsvoed. Net jammer die ding sal vrek as hy klaar gedrink het.
Vanoggend kry ek 'n e-pos van die drukker af wat my blameer vir die fout.
Ek gee op. Miskien moes ek maar nie die boek laat druk het nie. Naas HOU nie daarvan om met mense oor bog te baklei nie. As ek fouteer erken ek dit en maak dit reg. Hoekom gooi ander mense altyd modder as daar iets verkeerd gaan. 
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 21, 2012, 12:27:46 PM
Ek is so teleurgesteld dat ek sonder 'n oogknip 'n volgroeide krokkedil sal borsvoed. .... vreeslik snaaks Naas

ai ek is jammer oor die probleem ... is jou document nie in PDF format nie ... dit sal keer dat die goed rondskuif ... kan ek vir jou daarna loer ... het die drukkers nie gevra vir PDF format nie ...

en as die boek nie lyk soos die proef boek nie - selfs nog meer deur mekaar en herstelings wat jy gevra het hulle moet aanbring is nie aangebring nie ... nee dan is daar mos fout aan hulle kant ...

maar kan ek asb die boek en oorsprongklike document kom beloer Naas .. net dalkies kan ek uithelp ... soms werk my grys-stof - maar ook net soms :-)
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Naas on May 21, 2012, 01:49:05 PM
Die drukkers gebruik nie pdf en en is dieselfde wat PM se boek uitgegee het. Hulle moes die uitleg nagaan voor hulle druk en het nie.

Nou vertel hy vir my dis my files wat nie reg op die blaaie was nie. Op my rekenaar is dit reg en die proefboek, wat presies dieselfde files was behalwe vir ses spelfoute is beter gespasieer as die finale boek.
As hy verder met my sukkel kan hy maar die boek los. Dan stuur ek sy gemors vir hom terug en vergeet van die boek.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Ah Willa on May 21, 2012, 02:09:58 PM
Is die boekuitleg deel van hulle diens?

Moet nie so opgee nie Naas - ons sal nie daarvoor staan nie ... Jou boek het 'n plekkie wat oopwag op boekrakke!
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Naas on May 21, 2012, 02:18:06 PM
Hulle het gese die boek is reg is ek dit in Word-file gee. Met die proefboek het dit verander. Ek het self die uitleg gedoen en verwag dat hulle moet toesien dat dit so bly as hulle dit oorsit na hul eie files toe.
Maar dit help nie ek en jy hanna hanna daaroor nie. Hulle moet sorg dat dit regkom. Sover dit my aan betref het ek alles reg gedoen aan my kant. Ek het nog steeds die korrekte vorm van die boek op my PC.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 21, 2012, 03:06:45 PM
Naas, ek voel baie sleg omdat ek nie na die inhoud van die boek gekyk het nie.  Op die oog af het alles vir my in orde gelyk. More gaan ek na Breyten toe en ek vat die boek saam. 
As jy met die proefboek vir hom gesê het die spasiëring is nie reg nie, is dit sy verantwoordelikheid om toe te sien dat dit reg is voordat hy dit druk. Sodra ek met hom gesels het kom ek terug na jou om verslag te doen. Jammer matertjie.
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: Naas on May 21, 2012, 04:10:55 PM
Ek het nou net weer met Breyten gesels. Ek het nou die boek in Pdf vir hom deurgestuur. Hy kan nie die buiteblad verander sonder groot koste nie en ek aanvaar dit soos dit is.
Die buiteblad sal aanvanklik krul agv die druk- en lamineerproses.
Jy hoef nie more na hom te gaan nie. Ek dink dis nou eers uitgesorteer. As hy die boek weer verkeerd druk verloor hy al sy wins so ek glo ons sal nou die ding gedoen kry.
Na al die moeite van die versending, ens is ek egter steeds nie lekker nie.
Dit was nie jou fout nie PM, so moenie dat dit 'n boggel op jou rug plaas nie. Jy doen meer as genoeg vir my, dankie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: PM in Pretoria
Post by: PM on May 21, 2012, 04:24:44 PM
Dit was vir my snaaks dat hy vir jou gesê het dit moet nie in pdf wees nie, maar hy kon dit self ook daarin gestoor het.  Ek is vreeslik jammer oor die teleurstelling Naas.  Ek glo nie hulle besef hoe 'n groot ding dit vir 'n skrywer is nie.  Ek stem, dit is reg of dit is nie reg nie en hy moet dit net reg maak. Basta. 

Ek gaan in elk geval more nog buiteblaaie na hom toe neem.  Almal sit en wag vir boeke en ek kom net nie by alles wat gedoen moet word uit nie, maar ek glo ek sal teen die einde van die week weer mooi op datum wees.