Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Naas on April 30, 2012, 07:19:59 PM
-
Stilte is net 'n ander manier om niks te sê nie.
Wanneer Naas stil raak het hy niks te sê nie. Dit gebeur soms.
Maar hy lees nog.
Op skool het die Afrikaanse juffrou my hard geslaan as ek uit my beurt gepraat het. Die Afrikaanse forum se laaste plasings klink soos daai juffrou se skoolwerk. Naas is dus stil.
:icon_bigsmurf:
-
:dontknow: :crybaby2: Ekke eer jou stilte in die klaskamer Naas en jammer vir my bydrae tot jou stilswye :icon_bigsmurf:
-
Ek klop saggggies aan die deur, koppie koffie vir iemand? :love7: :coffee2:
-
Naas, jy moet nie die laaste plasings persoonlik opneem nie. :icon_biggrin:
Dit is maar net 'n poging om mooi te vra dat almal help om dit "persgereed" te kry, met mooi voorbeelde daarby. Dit het ook gehelp om ure van verveeldheid om te kry.
Ek mis ook die saamkuier om die kers en die inkpot geweldig baie. As almal saam speel met die aa-bie-sie dan sien ek die prentjie van "almal-koppe-bymekaar" of "kop-in-een-mus".
Ek glo opreg dat as elkeen van julle besef dat julle deelname vir my 'n lewenslyn is, sal julle my nie alleen laat sit en kripeer van eensaamheid nie. :crybaby2:
Natuurlik verstaan ek dat almal werk of besig is. Almal van ons kry nou en dan ook (stilletjies)
"stilstuipe" maar kry asseblief 'n botteltjie van daai pienk pilletjies. Mens koop dit by enige "Checkers" net om die hoek en dit is "cheap". :angel7:
JA!! Vir my asseblief Raaitjie. Hier is nog 'n paar koekies van gister se verjaarsdag!
-
Ek het gemaak, mooi op skinkbord vasgemaak en nou trek ek die besempie se pienk strik reg. Ons vlieg bosse toe vir so heen en weertjie. :bootyshake: :icon_salut:
-
Ai man, dit sal wonderlik wees. Ek pluk solank "wille rose" en strooi dit daar waar jy 'n veilige landing kan maak. :icon_biggrin:
-
Naas - wie raas so dat jy skoon toebek is ... ek het dit gemis, want ek was so kwaai - ek kon met myself nie huis hou nie ... dis glo vrolike vroulike hormone :wav:
het groot dele vir myself probeer weg hardloop (dan sit ek nie by die huis voor 'n rekenaar nie ha ha ) so min by kuier en skryf uitgekom ....
ek sal net-nou gaan loer of ek kan sien wat jou in stilte laat styf trek het ... maar ek glo Meraai en PM se koffie en koeksiters het darem al die styftrekkings laat oorstroom in woorde :-)
-
goeie more almal,
ek is weer 'n rukkie terug na my stilte, maar weet julle wat is die ergste na so 'n gedwonge stilte waar ek op 'n wegloopkuier die vlaktes in gaan?
om in te haal op leeswerk...teen die tyd wat ek alles oral deurgelees het en groete gestuur het aan al my internetvriende, is my toegang amper alweer klaar. my kids in Bloemfontein kry ba-a-aie megs dmv I-burst en ADSL se pakkette gee glo onbeperkte ure se internettoegang, maar hier oppi platteland....is ons aangewese op vodacom/mtn se stokkies, duur, maar darem beter as niks.
in elk geval, geniet 'n kosbare dag :love7:
-
Wonderlike dag ook vir jou matertjie. Sooooo lekker om jou weer raak te lees!! :love7: :notworthy:
-
Adele het jy al na 8-ta se opsies gekyk - nie sleg nie en baie goedkoper as die phonetjies se netwerke ...
waar op die platteland is jy nou - ek had getog jy woon in die RoseStad
-
hi Willa, jip ek het gaan kyk na 8-ta, maar dit gee nog nie sein hier oppi platteland nie. ek is tussen Winburg en Ventersburg langs Allemanskraaldam en het ook net 'n lyn van die kantoor se skakelbord na my huis, nie 'n eie telkomfoon nie.
-
8-ta is mos telkom dan nie?
Ek het 8-ta by die huis, dit kos R200.00 per maand vir 10 gig en ek kan gladnie kla nie.
Hier in Bosswanna is dit 'n nagmerrie, maar ek stem saam met jou Adéle, iets is beter as niks.
-
wat sou ek nie wil gee vir daai 10 gig nie, dis wat I-burst ook kos, maar nou ja, vir die voorreg om te platteland, moet ek seker iets prysgee.... :toothy4: ek het iets van Skymax gehoor, maar kry nerens 'n nr om hulle te kontak nie.
:grommit:
-
Ken nie van Skymax nie - maar 8-ta behoort daar by jou beskikbaar te wees - daar is telekom lyne ... 8-ta is telkom verseker ... :-)
-
as dit maar so maklik was het ek dit la-a-ankal gehad, dis waar. maar die kruks is juis daardie telkomlyne...ek bly in die wildtuin se woonarea en het net 'n uitbreidinglyn na my huis toe, geen direkte telkomlyn nie. dit is ook helemal te duur om lyne soontoe aan te le'
en dan is dit 'n bekende feit in hierdie omgewing dat sommige plase al meer as twee jaar sonder telkomdienste gelaat is nadat die drade en kabels gesteel is. dit word net nie meer vervang nie. die omgewing in die dorp waar Eben bly, se kabels is verlede week eers, na twee maande vervang en telkom het hulle almal ingelig dat, as die kabels weer gesteel word, hulle maar sonder telkom moet klaarkom, dit kos te duur om te vervang. maar intussen moet die inwoners hulle maandelikse kontrakte betaal. so was Eben nou twee maande sonder telkomfoon en internet
ek het skymax opgespoor, maar hulle werk ook deur ADSL :crybaby2:
:grommit:
-
8-ta het ook net 'n modem soos joune Adéle, maar ek weet te min van die goed af om saam te praat. Ek onthou laas toe ek daar by jou was wou my modem nie saamwerk nie en het joune gebruik. My seun het net 'n verstelling gedoen toe ons tuis kom, toe werk dit weer.
-
Adele, ek gebruik Neotel. Vind uit by hulle of hulle al 'n sein voorsien in jou omgewing.
-
PM 8-ta werk met 'n dongel en nie 'n modem nie ... dis jammer dat hulle nog nie in jou omgewing beskikbaar is nei
Naas - Neotal is nie baie stable nie ... en in areas soos die Wildtuin dink ek gaan ontvangs maar min tot zero wees
Vir julle wat in die stedelike gebiede met landlines is ... is WebAfrica 'n baie goeie opsie ... praat met Andre ... hy is geduring op hoogte van die beste deals :toothy4: omdat sy werk afhangliks is van die beste ontvangs/spoed en hoe goedkoper hoe beter vir TruSoft :-)
-
Oeps, nou moet jy verduidelik wat die verskil is, ek het gedag dit is een en dieselfde stokkie wat jy in die kleufie druk. :icon_scratch: (gleufie - USB)
Ek het 8-ta en is heel gelukkig daarmee.
-
ek sal vir JanDink alias Andre vra om hier mooi te kom verduidelik ... die een is klein en die ander een groot ha ha ha .. wag ek gaan haal vir JanDink :toothy4:
-
Wel, eintlik gebruik ons lank nie meer modems nie. 'n Modem is eintlik 'n "modulator and demodulator" wat beteken dat dit moduleer 'n digitale sien op 'n analoog sein en aan die ander kant demoduleer dit weer die sein van die analoog na digitaal. Die gewone telefoon lyne wat ons al die jare in ons huise het is analoog en 'n rekenaar gebruik digitaal. Dus vertaal die modem die rekenaar se blleps na die telefoon se suis en andresom.
Deesdae het ons ADSL, WiFi, 3G wireless, 4G wireless, WiMax, Fibre Optic en allerhande dinge. Dit is alles digitaal, dus het ons nie meer nodig om te modulate en demodulate tussen digitaal en analoog nie.
Die kontapsie wat ons aan die ADSL lyn koppel is eintlik 'n router of CPE (Client Premises Equipment), maar meeste mense werwys nog na dit as 'n modem, want dit lyk net soos 'n modem en doen baie dieselde werk (koppel jou rekenaar aan 'n ander netwerk).skoot
Die 3G 'stokkie' wat by die USB inprop is ook maar net 'n ander tipe CPE wat in 'n ander verpakking kom sodat jy dit lekker in jou skootrekenaar kan inprop en gebruik terwyl jy rondbeweeg. Mens kry ook ADSL 'modems' wat jy by die USB inprop, maar die beweging is bietjie beperk, weens die kabel wat by die ding ingeprop is. Net so kry men sook 'n 3G 'modem' wat in 'n klien kassie ingebou is en dit koppel aan een of meer rekenaars met 'n netwek kabel, net soos die gewone ADSL 'modem'.
Selfde met WiFi (Neotel en I-Burst) en die ander. mens kry dit in verskillende verpakkings (stokkie en boxie).
Dus is die eintlike verskil die transport medium en netwerk wat gebruik word. 8-ta, Vodacom, CellC en MTN het die 3G radio netwerke en hulle CPE's is gewoonlik 'n USB stokkie, want die 3G netwerk laat jou toe om rond te beweeg tussen die radio torings, dus maak dit sin om 'n CPE te he waarmee jy kan rondry.
NeoTel en I-Burst gebruik gewone digitale radio (WiFi) wat nie die voordeel het dat mens kan donbeweek tussen torings nie. Jy kan wel rondbeweeg in die dekkings area van een toring. (Let wel dat Neotel en I-Burst ook 3G pakette aanbied sover ek weet. Nie seker of hulle net Vodacom/MTN, etc se diens herverkoop nie).
Dus, as mens wil kies watter een om te gebruik, moet mens gaan kyk na wat is beskikbaar in jou area en wat is jou behoeftes.
In die platteland mag ADSL dalk die beste wees, aangesien dit die mees wyd verspreide tegnologie is, en daarna is dit 3G. Mens moet maar uitvind watter verskaffers dien jou area en of jy nodig het om rond te ry met dit of nie. Baie mense het so 'n mengelmoes van 3G pakette in die areas waar die dekking swak is. Jy kan ook vir jou 'n versterkte antenna vir 3G kry is die dekking swak is.
Maar dit kom maar alles neer op watter dienste word die beste ondersteun in jou area. Ongelukkig het die platteland minder keuses as die stadsjapies.
Ek het van een tegnologie vergeet : satelliet. Dit is gewoonlik oral beskikbaar, maar kan duur wees en het natuurlik 'n groot "latency" nie goed vir speletjies speel of audio/video kommunikasie nie.
Ek hoop ek het nou nie mense meer deurmekaar gamaak nie. :-) :book1:
-
Nou voel ek pure *pedigree oumens met 'n string degrees agter my naam: ADSL, WiFi, 3G wireless, 4G wireless, WiMax, Fibre Optic - you name it - ek sleep hulle saam :notworthy: Dankie Jan Dink!!
*Willa toe ek daardie uitdrukking van jou raaklees het ek gegiggel en gegiggel tot ek amper aan't hakkel gaan!
-
Dankie Jan Dink :read: nou verstaan ek beter. 'n USB-stokkie is 'n dongel. Reg so Willa?
-
PM jy het ook nou jou degree - doodreg
Raaitjie so word ons saam slim op alle gebiede :love7:
-
ek kry nou vlg week weer nuwe vodacomstokkie, met kontrak van 3Gig vir R199.
het al die ander gebel en almal is maar so duur of duurder, ook 8-ta want hulle werk deur MTM se torings oppi platteland soos by ons. ek besef dat ADSL die beste KAN wees, maar waar ek in een vd reservaat se huise bly, het ek net 'n sylyn vd kantoor af na my huis toe. ek gaan ook nie eers probeer om my eie telkomlyn aan te vra nie, [of miskien moet ek net uitvind wat dit sou kos] want sonder daardie lyne en kabels, wat gesteel word, sal dit ook nie werk nie.
by Eben is die kabels meer as 2 maande gelede in die dorp, naby sy huis, afgesny en gesteel en hy is nou nog sonder telkomfoon en die internet wat daarmee moet saamgaan. hy oorweeg nou om telkom totaal te kanselleer, maar vodacom werk maar duur uit, ook in die dorp.
:grommit:
-
Die selfsugte wurms! (sorry wurms nie bedoel om julle so te beledig nie)
Ja die diefstal help nie juis om ons land en kommunikasie te bou nie ...
Die 3Gig vir R199 is maar aan die duur kant, maar vir die opsies wat jy het, is dit dan nie 'n slegte aanbieding nie.
Mens kan seker nie die brood aan albei kante gebotter he nie ... natuur of technology ... ek kies die natuur beslis ... ons hoop juis om na die plateland te kan trek of plaas toe - nog beter!
-
vir die voorreg om te platteland, moet ek seker iets prysgee.... :toothy4:
:grommit:
mmmm, ja, het ook so gedink en nou aanvaar ek dit. as ek aanhou kla het ek dalk later niks :toothy4:
-
ons se telkom kabels is op 9 desember gesteel ( 6 de keer in 16 maande ) en gaan nie weer gespan word nie. nou gebruik ons wireless internet met voip foon daarby. ek het maandag my telkom nommer laat oordra na die internet foon en gaan dan vir telkom laat afsny.
-
hoe werk dit en wat kos dit min of meer, AB? want die kabels gaan hier ook nie weer vervang word as dit weer gesteel word nie. :crybaby2:
-
Ag nee AB. Kan jy nie vuurmaak onder Telkom om weer daai kabels te span nie. Waar gaan ek nou koper kry om te verkoop as hulle ophou om kabels te vervang. Hulle moet mos darem aan ons kleinhandelaars ook dink.
:pottytrain5: Verdomp. Die groot SA maatskappye dink ook net aan hulself en vergeet ons klein outjies moet ook eet. :pottytrain5:
-
Adele
ons het nou wireless of draadloos konneksie met die internet diens verskaffer.
op die berg is 'n toring wat die seine uitsaai.
dan het ek 'n telefoon konneksie wat op die internet gekoppel is gekoop en 2 fone, die koste van die goed vir die telefoon was so om en by R1000 dink ek. Die intenret onvang goed wa sso R2500.
vir R300 min of meer per maand het ek uncapped internet, wel effens stadiger as die duurder capped opsie maar vining genoeg.
jy kry 'n nommer by hulle wat jy redelik kan kies oorlat daar min nommers gebruik is maar jy kan ook jou telkom nommer na hulle oordra soos ek gedoen het.
die koste is billik, ek sal die papiere moet soek, maar dis goedkoper vir my om van die voip foon na 'n selfoon te bel as van selfoon na selfoon. ook effe goedkoper as telkom tariewe maar ongelukkig nie die gratis opsie van closure nie en dis duurder om na die voip foon te bel, al nadeel vir die mense wat jou bel.
iewers sal ek weer die papiere kry en laat weet wat die koste is. ek dink dis even goedkoper van voip na telkom as van telkom na telkom foon.
-
Naas hierdie nasie van ons ... as ons net beter saamwerk instede van net vat wat ons dink ons toekom ... maar nou ja
AB watter wireless maatskappy gebruik jy??
Adele ek hoop hulle gee ook goeie diens daar in jou kontrei
-
ek gebruik breedenet as diensverskaffer
http://www.breede.co.za/voice/call-rates.html
Call Rates PDF Print E-mail
Voice Services - Information
New VOIP call rates as of May 1st, 2012.
VOIP call rates can be configured as a per minute billing account and a per second billing account. The per second billing has no initial connection charges and you only pay for the seconds you use. Likewise, the per minute billing charge in 30-second increments.
Therefore if you tend to make longer calls, per minute has more advantages, but if you make shorter calls, per second is the option to take.
For exact phone charges for all calls including International calls, please use the rates calculator.
Package 1: Per Minute Billing
Destination Peak
(VAT Incl) Peak
(Vat Excl.) Off Peak
(Vat Exl.) Off Peak
(VAT Excl.)
On Network R 0.15 R 0.13 R 0.15 R 0.13
National/Local R 0.34 R 0.30 R 0.27 R 0.24
Mobile R 0.84 R 0.74 R 0.84 R 0.74
UK Landline R 0.30 R 0.26 R 0.30 R 0.26
UK Mobile R 0.63 R 0.55 R 0.63 R 0.55
All rates are quoted per minute. Calls charged in 30-second increments with a minimum of 60 seconds.
Peak - Monday to Friday 7am to 8pm
Off Peak - all other times.
Calls to 0800 (toll-free) numbers and emergency service numbers (112, 1011, 10117) are free.
Calls to directory enquiries and Telkom operator services (10xx) are charged at the national rate.
Comparitive Chart
Destination BreedeNet Telkom Savings
On Network R 0.15 R 0.50 70.0 %
Local R 0.34 R 0.42 21.0 %
National R 0.34 R 0.57 38.0 %
Mobile R 0.84 R 1.40 40.0 %
Telkom's minimum charge is R0.57. Saving calcutated on an average mix of long and short calls.
Package 2 - Per Second Billing
Destination Peak
(VAT Incl) Peak
(Vat Excl.) Off Peak
(Vat Exl.) Off Peak
(VAT Excl.)
On Network R 0.17 R 0.15 R 0.17 R 0.15
National/Local R 0.38 R 0.33 R 0.30 R 0.26
Mobile R 1.03 R 0.90 R 0.97 R 0.85
UK Landline R 0.36 R 0.32 R 0.36 R 0.32
UK Mobile R 0.73 R 0.64 R 0.73 R 0.64
All rates are quoted per-minute. Calls charged per second from the first second.
Peak - Monday to Friday 7am to 8pm
Off Peak - all other times.
Calls to 0800 (toll-free) numbers and emergency service numbers (112, 1011, 10117) are free.
Calls to directory enquiries and Telkom operator services (10xx) are charged at the national rate.
Comparitive Chart
Destination BreedeNet Telkom Savings
On Network R 0.17 R 0.50 70.0 %
Local R 0.38 R 0.42 23.0 %
National R 0.38 R 0.57 39.0 %
Mobile R 1.03 R 1.40 43.0 %
Savings are based on both the rates and the benefit of per second billing
-
Adele - is Breedenet beskikbaar vir jou ??
-
kom ek nou eers hier op julle antwoorde af, dankie baaaie AB, en Willa, ek weet sowaar nie maar gaan dadelik begin soek na 'n antwoord.
:grommit:
-
ons hou duime vas vir oplossings