Met 'n gefladder
van wynvliegvlerke
sleeptong slinger
hy die stoeptrappies op.
Deur die GPS
van padkaartoë
die twee rye spore
tot by die huis gevolg.
Soutpilaar bedonnerd
hande in die sy,
kneukels moerwit
om pannekoekpan
se piksteel geklem,
wag die doodsengel
in die deur.
Waar?
Kom?
Jy?
Nou?
Vandaan?
Brandewynasem
dra die antwoord...
Hoekom vra jy?
Pannekoekpan flits...
Knopkoppende hoofpyn
staan hy natgedou
saam met die son op
van onder die matjie
voor die voordeur
op die stoep.
Waar?
Kom?
Die?
Knop?
Vandaan?
WoW wOw WOW ...
dis nou goed verwoord, goed beksryf en mooi versier!
Dis 'n prag stuk wat 'n Nobel prys verdien!!!!
:icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: Puik, humoristies geskryf.
Hoe op dees aarde het ek DIT gemis?
Pragtig Naas. Jy doen dit altyd! 'n Mens se lagspiere kry nie kans om laks te wees in jou geselskap nie. :hello2:
:occasion14: :occasion16: :occasion18:
veroorsaak
:violent1:
:crybaby2:
oulik Naas, 'n ou-ou verhaal met 'n nuwe jakkalsveljas om. en ek geniet Angie se 'opsomming' met 'n giggel.
:grommit:
Ja-nee, waraggies. Ons gevreetjies vertel hul eie storie... Of ons s'n.
Dankie Annie en :angel4: tjie
:icon_bigsmurf:
Ja-nee, 'n beter voorstelling is daar nie. :icon_biggrin: Toe ek daai "fluitjie" sien blaas toe dink ek aan myself na so 'n paar rooietjies. :icon_biggrin:
Toggietjie tog kyk ek nou skuldig na die rooietjie hier voor my ook :icon_biggrin: Onse eie Langenhoven hoe geseend is ons nie met jou in onse midde :book1: :love7: :notworthy:
Moet ek nou daai "rooietjie' twee keer lees voor ek die glas by die lippe kry. Dag eers die baba het rooi hare of so iets. Hie hie hie.
:icon_bigsmurf:
:icon_biggrin: Jy is reg Raaitjie, ons bring die kluitjie by die oor,
Naas kry die glas by die lippe! :icon_biggrin:
Pannekoekpan flits...
Knopkoppende hoofpyn
staan hy natgedou
saam met die son op
van onder die matjie
voor die voordeur
op die stoep.
Waar?
Kom?
Die?
Knop?
Vandaan?
Lief die wynglasvorm van Naas!
:headbang: :book1: :icon_salut:
Ons kan 'n ding daar anderkant agter die berg gaan haal en nuwe lewe inblaas. :angel8:
Dit bring sulke goeie herinneringe terug.
PRagtige gedigtegedagtes.