Ons more-strand se sand
lê maagdelik en wyd voor ons uit.
'n Spierwit reine skildersdoek
wat ons verfkwas-spore soek.
Plat, skoongevee
deur die lewens-see.
Op gister-strand se sand
slinger kruis en dwars nog vars
ons liefdes-spore hand in hand.
Speels getrap en baldadig
trippel-huppel hulle veerlig
in die vreugdes van gistraand.
In die nou-strand se sand
verf ons geduldig en onskuldig
met passie aan ons lewensdoek.
'n Meesterstuk.
'n Liefdes-skildery.
Saam-spore, ek en jy.
:icon_bigsmurf:
dis 'n WOW!! Ek kan amper hoor hoe die woorde gesing word ...
sjoe Naas, jy mag maar hoor!! Dis 'n prag gedig!!
'n Harde duidelike WOW!!! vir jou Naas. Pragtig geskryf.
Dis pragtige woorde.
Jy het 'n wonderlike manier om my vas te hou met jou woorde wanneer jy skryf. Wel praat ook..ha ha ha.
Wil amper sê "Well done"
Dankie julle.
:icon_bigsmurf:
Loer hier oor 'n gas se skouer en sien dat die forum se naweeksand onaangeroerd agter en voor my lê. Ek sal maar solank kringe in die sand hardloop.
:icon_bigsmurf:
Jy bly 'n meester van strukture Naas :notworthy: :hello2: :icon_salut: