Skielik flikker daar 'n oranje lig op jou lewenspad... jy raak ongewoon uitasem na inspanning en wonder of die ouderdom jou nou ingehaal het oornag?
Na 'n besoek aan die dokter en 'n reeks toetse ontvang jy die uitslag: Hartversaking en jou hart klop skielik in jou keel en val dan tot by jou kleintoontjie. Benoud wonder jy of jou testament in orde is? Rolbos-emosies verdoof jou TOT jy verstaan dat hartversaking beteken doodeenvoudig dat jou hart nou probleme ondervind om die funksie na behore te vervul waarvoor dit ontwerp was in jou liggaam nl. die pompaksie.
Ter opsomming is hartversaking dus die onvermoë van die hart om genoegsame bloedvolume te pomp of te ontvang, om aan die liggaam se vereistes te voldoen. Dit het nie net oorgegee en opgehou werk nie en is nie 'n onmiddelike doodsvonnis wat jy gedink het dit is nie al voel dit so weens die onaangename simptome wat jy ervaar a.g.v die verminderde bloedtoevloei.
Omdat die hart se pompaksie 'n knou gekry het, begin vog ophoop in jou liggaam en veroorsaak pynlike swelling in jou enkels, bene, maag sowel as vog wat in die longe opbou waarvan jy deeglik bewus raak met asemhaling
Simptome mag kom en gaan. Oor die algemeen kan die simptome mettertyd vererger en daarom is dit belangrik dat jy jou dokter in kennis stel as jou simptome verander/vererger.
Dit is nie 'n toestand wat onbehandeld gelaat kan word nie - die oranje lig gaan een of ander tyd oorslaan na rooi! Daarom is dit belangrik dat jy bewus is van die gevaartekens van hartversaking indien jy enige mediese probleme het wat aanleiding kan gee tot hartversaking.
Die meeste mense met gediagnoseerde hartversaking het eers ʼn verwante probleem gehad. Dit kan hoë bloeddruk wees of kroonslagaarsiekte, ʼn hartaanval, ʼn geboortedefek van die hart of ʼn siekte wat die hartspier tref. Longsiektes soos pulmonale hipertensie kan ook tot hartversaking lei. Vetsug, diabetes en slaapapnee is ook al aan hartversaking gekoppel.
Simptome:Benoudheid a.g.v kortasemheid.Gewoonlik een van die eerste simptome wat verskyn nadat jy aktief was. Indien die hartversaking vergerger sal hierdie simptoom ook ervaar word wanneer jy rustig verkeer, of as jy plat lê. Baie persone het opgemerk dat hulle al hoe meer kussings gebruik aangesien dit help met die benoudheid en is dan ook een van die eerste vrae van jou dokter/kardioloog - op hoeveel kussings slaap jy? Ek sal hier graag meer op wil uitbrei:
Orthopnea/orthopnoea Griekse orto (reguit) + pnoia (asem) is kortasem (dispnee) wat plaasvind wanneer die persoon plat lê, wat veroorsaak dat pasiente noodgedwonge verkies om meer gestut te slaap of eerder in 'n stoel te sit en slaap.
Dit word algemeen beskou as 'n laat manifestasie van hartversaking as gevolg van vog-herverdeling in die sentrale sirkulasie, wat 'n toename in pulmonale kapillêre druk veroorsaak. Dit beteken dat vloeistof wat in die bene opgebou het gedurende die dag, versprei na die longe wanneer die persoon horisontaal verkeer.
Die verplasing van opgeboude vog in bene na die longe, verduidelik natuurlik die tipiese sementgevoel in jou bolyf wat ervaar word kort na die liggaam in 'n horisontale posisie verkeer. Hierdie toestand veroorsaak erge ongemak en ook gepaardgaande slaaploosheid wat onder andere ook 'n simptoom van hartversaking is.
Mense met orthopnea vergoed dikwels - soms onbewustelik - deur met meer kussings onder die kop te slaap sodat die bolyf gelig is en sodoende hul simptome te verminder. Dit is die rede waarom dokters dikwels pasiënte met hartversaking vrae op hoeveel kussings slaap hulle in die nag.
Nog 'n simptoom van hartversaking is
paroxysmal nocturnal dyspnea. 'n Skielike aanval van erge benoudheid snags, gewoonlik 'n paar uur nadat die persoon gaan slaap het. Onverklaarbare skielike tamheid en benoudheid tydens oefening is ook algemene klagtes wat verband hou met asemhalingsprobleme.
MoegheidAs jou hart nie behoorlik pomp nie, word bloed van minder belangrike dele van die liggaam – soos die spiere in jou ledemate – na die brein en ander lewensorgane geneem. Dit kan jou arms en bene swak laat voel. Jy kan moeg voel as jy alledaagse dinge doen soos om trappe te klim of deur ʼn vertrek te loop. Jy kan ook lighoofdig voel.
Lastige hoes/kuggie en hyg'n Teken dat bloed wat van die longe af na die hart terugvloei, opdam en vloeistof in jou longe beland. Soms kan jy wit of pienkerige slym uithoes. Ek het persoonlik agterkom dat hierdie slym 'borrelrig' vertoon. Gaan spreek jou dokter so gou as moontlik indien jy las het met hierdie simptoom.
Swelling en gewigstoenameVloeistof kan ook in weefsels opdam. Dit kan veroorsaak dat jou voete, enkels, bene of maag swel. Omdat die niere te min bloed kry, kan hulle sukkel om natrium uit te skei. Dit sal veroorsaak dat nog meer vloeistof in jou weefsels agterbly. Pasiente word aangeraai om hulle daagliks te weeg. Meer as twee kilogram per dag moet aan jou dokter gemeld word sodat jy behandeling kan ontvang.
NaarheidHierdie is vir my een van die naarste (letterlik) simptome. Ek voel gedurig swanger. Jy mag ook voel of jy jouself ooreet het. Hartversaking kan ook lei tot 'n verlies aan aptyt omdat jou spysverteringstelsel nie genoeg bloed en suurstof kry nie.
Hartkloppings/Hartritme afwykingsSkrikwekkende simptoom as jy dit nog nie voorheen ervaar het nie. Dit is jou liggaam se manier om die hart te dwing om meer bloed te pomp - dus verhoog dit jou harttempo. Die hulpproses kan ook op die volgende maniere geskied:
*deur jou hartspier te vergroot sodat dit sterker kan klop;
*deur jou hart te vergroot sodat dit beter kan strek en terugtrek.
Vir meer inligting rondom hierdie simptoom en verskeie betroue video opnames deur 'n bekende kardioloog in die buiteland, volg asb hierdie skakel:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2436.465VerwarringJy kan gedisoriënteerd en vergeetagtig raak. Wanneer ander organe weens ʼn bloedtekort nie goed werk nie, beïnvloed dit die hoeveelhede van sekere stowwe (soos natrium) in die bloed. Dit kan jou brein beïnvloed.
Wenke om hartversaking te voorkomIndien jy rook, hou op.
Verloor gewig as jy oorgewig is.
Gesonde eet- en drinkgewoontes.
Beperk sout inname.
Hou by voorgestelde vogbeperkinge.
Hartversaking is meestal 'n chroniese, langtermyn harttoestand wat stelselmatig kan vererger met verloop van tyd. Hoe gouer jy begin met lewenstyl veranderinge om die toestand te behandel, hoe beter. As jy reeds ʼn hoë risiko het of as jou hart reeds beskadig is, kan jou dokter jou risiko met medisyne help verlaag.
Lewensverwagting met CHF (Kongestiewe hartversaking) wissel na gelang van die erns van hartversaking, ouderdom en ander faktore.
Bronne:
http://kedlaguru.bid/vrae/2012-hoe-lank-kan-jy-leef-met-kongestiewe-hartversaking.htmlhttps://welstand.solidariteit.co.za/die-z-van-hartversaking/