Die kuierstoep > Die Gorrel plek
Rugby juweeltjies
Meraai vannie Baai:
Bennie Osler (oud springbok losskakel met sy Naas-skepskopskoen), was blykbaar baie gewild onder die Maleiers in die kaap. Hak een van hulle eendag af: "Daai baas Bennie is vir jou 'n marvel, sy breins sit mos in sy feets!"
Kaptein, Paul Cilliers se gebed voor 'n wedstryd: "Ag, Heer, bewaar ons asseblief en help ons tog ook as daar 'n fight uitbreek dat ons dít darem sal wen".
Die Stormers- en Springbokslot Andries Bekker was dikwels in die warmwater oor sy voorliefde om 'n bal in die agterlyn te gaan onderskep en te laat loop. Na baie aanmanings dat hy moet besluit waar hy wil speel - op slot of senter - kry hy toe die bynaam Andries Slenter (kruising tussen slot en senter). Hiehie....dit laat mens weer dink aan ons eie uitdrukking: 'jy is met 'n slenter gevang' :icon_biggrin:
Francois Pienaar, Sprinkbokkaptein van 1993 tot 1996, het die volgende opmerking gemaak na hulle teen die Engelse op Loftus stert tussen die bene die aftog moes blaas: "daar is tog 'n verskil tussen my en Aspoestertjie. Aspoestertjie hét darem by die bal aangekom!"
Dok Craven se pogings van toendertyd af tot transformasie - om lig en donker by die spel in alle aspekte te betrek - het die volgende opmerking (van een van die 'nuutopgeleide skeidsregters' tydens 'n wedstryd) die lig laat sien: "Aikôna! No rugby injury; gemoer!"
PM:
Voorwaar juweeltjies. Ek het dit geniet, dankie Raaitjie. Nou gaan ek eers weer verder werk, van lees en lag kom niks nie klaar nie. :icon_biggrin:
Meraai vannie Baai:
Amen suster! Hoop dit gaan rustig met jou en die blaaie saam :notworthy:
PM:
Ek is deur een derde! :hello2: Daar kort ek een blaaidjie van Fransi en ek weet nie of Stof se goed gaan inpas nie, dit is op pdf en net hy kan dit regmaak.
Ek gaan my bes probeer om elke ou se "boekie" vir hom/haar aan te stuur om seker te maak almal is gelukkig. Ek wag net vir die nuwe maand, dan het ek weer lugtyd.
Meraai vannie Baai:
Dankie baie baie ons eie ou :angel8:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version