Author Topic: Palindrome  (Read 37919 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Palindrome
« Reply #15 on: July 13, 2011, 08:35:09 AM »
Papajapap  :icon_biggrin: het julle al gesien hoe lyk 'n oorryp papaja as hy hoooog uit die boom val? So lyk sommige van my geregte  :dontknow: kan nie help nie. Ek is nie 'n kok nie, so sebore hie hie hie!!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #16 on: July 13, 2011, 09:01:44 AM »
Hê-hê,  pappapajapap.   :icon_biggrin:  Ek kan met jou saampraat Raaitjie, kosmaak is ook nie my groot liefde nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Palindrome
« Reply #17 on: July 13, 2011, 10:18:32 AM »
PM

'n Blond kan en mag nooit 'n blonde oomblik beleef nie, slegs brunet oomblikke. meeste brunette is ook maar blond met tye  :angel3:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #18 on: July 13, 2011, 10:24:35 AM »
...of rooikoppe? 

Darm het blonds 'n verskoning vir hulle optrede.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Palindrome
« Reply #19 on: July 13, 2011, 01:41:22 PM »
Palindrome lees mos van voor na agter dieselfde. Ook in syfers 6006 ens.

In syfers kry jy ook die wat selfs onderstebo nog dieselfde waarde het 6009,  916916 ens. En dan is daar die syfers wat selfs onderstebo nog palindrome ook bly 8008

Nou wil ek weet of 160016 'n palindroom is?



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #20 on: July 13, 2011, 02:05:15 PM »


160061    Ek weet nie  :dontknow:   maar ek dink nie so nie.    Dit lees soos 'n palindroom maar ek weet nie of 'n ou twee-twee gelyk mag lees nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Palindrome
« Reply #21 on: July 19, 2011, 11:13:07 PM »
Ek glo nie 160016 is 'n palindroom nie want as ons dit van agter lees is dit 610061
160061 is wel 'n palindroom getal want as ons die spieëlbeeld lees is dit 160061/160061

Geskiedenis rondom palindrome:
In 1881 is 'n man gebore. Sy naam was Sydney Yendys. (Lees die naam van agter na voor - ja - dit is 'n palindroom en lees dus van links na regs en weer van regs na links dieselfde!)

Hy het getrou met 'n meisie met die naam Edna. Hulle dogter het dieselfde naam ontvang.

Sydney Yendys het vir 5 jaar gewerk vir 'n firma met die naam: OK Cartrac. ko. (Palindroom!) Soos die besigheid gegroei het is 'n assistent aangestel vir hom - Wordrow. (Palindroom weereens)

Wordrow het Sydney gewys op die feit dat sy naam en van 'n spesifieke verskynsel is. Sydney het sy naam en van op 'n stukkie papier geskryf en gesien wat Wordrow bedoel het.

Van toe af het hy behep geraak met palindrome. Hy word beskou as die koning van palindrome aangesien hy die res van sy lewe verder gewy het om te soek na woorde wat palindrome is. Vir dertig jaar het hy geskryf aan 'n palindroom novelle ... sy vrou en kind het hom verlaat gedurende die manuskrip se geboorte - sonder dat hy dit eers besef het!

Na die voltooing van die novelle het hy 'n paar vriende oorgenooi en die manuskrip aan hulle met trots gewys - "D-neeht"

Sy vriende het angstig begin lees en met die eerste sin 'n woord ontdek wat NIE 'n palindroom was. "Snug and raw was I, ere I saw war and guns." Die woord 'and' het in sy eerste sin voorgekom: wat hulle toe voorstel om te vervang met &.

Sydney was so teleurgesteld dat hy die manuskrip waaraan hy dertig jaar gewerk het, in die vuur gegooi het. Hy het 'n rewolwer uitgepluk ...

Op sy graf is die woorde uitgekerf: "In the end is my beginning". Daar word bespiegel dat die palindroom-vloek ongevraagd sy pad gekruis het.

*Die inligting oor die geskiedenis van Sydney is verkry by: http://www.brownielocks.com/palindromes.html

Palindroom getalle:
Palindroom getalle wat deur 11 gedeel word is weer 'n palindroom:
4554 gedeel deur 11 = 414

Gewone getalle:
1001/ 2002/ 2332 / 2442 ens.

Palindroom tye:
20 Februarie 2002: Meervoudige palindroom het voorgekom op hierdie datum om presies 20.02 het die aantekening so gelees: 20.02-20/02-2002.

8 Augustus 2008 presies 8 minute oor 8 die oggend: 08.08 - 08.08 08

11 November 1111 om 11.11

En dan sal daar weer so 'n palindroom datum voorkom in: 21 Desember 2112 om 21.12

* Nommerplaat in Nederland: YD-33-DY
* Edelstaalplaatslede: Nederlandse woord vir 'n deel van 'n oond.
* "Madam, I'm Adam"

« Last Edit: July 19, 2011, 11:18:51 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #22 on: July 20, 2011, 07:50:45 AM »
Lekker gelees aan die stukkie geskiedenis.  Hoe werk 'n ou 30 jaar aan 'n boek en dan gee jy sommer so moed op?  Hy was seker "doodmoeg" gewerk!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Palindrome
« Reply #23 on: July 20, 2011, 08:42:23 AM »
En net daar kry doodmoeg 'n heel letterlike betekenis vir my  :bootyshake:

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Palindrome
« Reply #24 on: July 20, 2011, 11:02:25 AM »
Meraai, my vraag le dieper as die see. Palindroom lees van voor en agter dieselfde. As ek 160016 lees as een ses nul nul een ses is dit nie 'n palindroom nie maar wat as ek dit lees as sestien nul nul sestien?

Eintlik smokkel ek maar net bietjie met jul koppe.  :hello2:



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Palindrome
« Reply #25 on: July 20, 2011, 11:30:13 AM »
BAIE goeie vraag Naas  :icon_salut: Nie idee  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #26 on: July 20, 2011, 12:32:07 PM »
 :hello2:  Naas!   :hello2:  Flip Flippie,  ek het gedag jy het die aarde verlaat en in 'n boom geklim.  Welkom terug,  ons het jou mooi sin vir humor gemis! 

neitses lun lun neitses, nee, dit klink nie vir my reg nie.  Hie-hie!
« Last Edit: July 20, 2011, 12:34:49 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Palindrome
« Reply #27 on: March 18, 2016, 03:13:53 AM »
Sommer net 'n lawwe griffel en heerlike uitdaging om palindroom-woorde te gebruik :toothy4:

Soos 'n raaisel in 'n spieël koggel weerkaatsde woorde ewig deur en
wonder ek waar smous die koopspook en waar sit die lokkol van 'n neoklakkalkoen?
Is 'n rotstor, marsram en 'n Malaga-lam familie van die paalaap of die lompmol?

Is nemen net nog 'n sinoniem vir gaps en sou 'n tolslot die nemer keer
voor die knalklank van 'n tronkdeur weergalm en as die dief 'n alkolis was,
sou hy in die selle dan goordroog biltong word?

Dalk sou hy met saltanas kon stook in 'n topkookpot en daarna tandnat weer kon
griffel op 'n taalplaat voordat hy 'n lippil sluk om die dood en die strafarts,
snellens te fnuik?

Sou die snerttrens dan simpatie betuig met 'n portstrop om die nek 'wyl stakers
buite rieldans as ere daad in 'n topspot van die droomoord se rookkoor
en die randnar met sy snorfrons nes 'n reier toekyk vir 343 dae sonder maandnaam?

Ek sluit af met aha en wow vir Sydney Yendys, die palindroomkoning!
 :hello2: :book1: :hello2:
« Last Edit: March 28, 2016, 12:13:33 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #28 on: March 23, 2016, 10:31:49 AM »
Dit bly altyd 'n fees om deur die ou blaaie te blaai.  Hierdie bydrae "rock"!  Dankie matertjie.   :love7:

Ek dink jy is die enigste jy wat ek ken wat soveel tyd en liefde in 'n bydrae kan inploeg!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Palindrome
« Reply #29 on: March 28, 2016, 12:14:32 PM »
Voorreg en plesier ewig deur myne  :icon_biggrin: :love7: