Ek glo nie 160016 is 'n palindroom nie want as ons dit van agter lees is dit 610061
160061 is wel 'n palindroom getal want as ons die spieëlbeeld lees is dit 160061/160061
Geskiedenis rondom palindrome:In 1881 is 'n man gebore. Sy naam was Sydney Yendys. (Lees die naam van agter na voor - ja - dit is 'n palindroom en lees dus van links na regs en weer van regs na links dieselfde!)
Hy het getrou met 'n meisie met die naam Edna. Hulle dogter het dieselfde naam ontvang.
Sydney Yendys het vir 5 jaar gewerk vir 'n firma met die naam: OK Cartrac. ko. (Palindroom!) Soos die besigheid gegroei het is 'n assistent aangestel vir hom - Wordrow. (Palindroom weereens)
Wordrow het Sydney gewys op die feit dat sy naam en van 'n spesifieke verskynsel is. Sydney het sy naam en van op 'n stukkie papier geskryf en gesien wat Wordrow bedoel het.
Van toe af het hy behep geraak met palindrome. Hy word beskou as die koning van palindrome aangesien hy die res van sy lewe verder gewy het om te soek na woorde wat palindrome is. Vir dertig jaar het hy geskryf aan 'n palindroom novelle ... sy vrou en kind het hom verlaat gedurende die manuskrip se geboorte - sonder dat hy dit eers besef het!
Na die voltooing van die novelle het hy 'n paar vriende oorgenooi en die manuskrip aan hulle met trots gewys - "D-neeht"
Sy vriende het angstig begin lees en met die eerste sin 'n woord ontdek wat NIE 'n palindroom was. "Snug and raw was I, ere I saw war and guns." Die woord 'and' het in sy eerste sin voorgekom: wat hulle toe voorstel om te vervang met &.
Sydney was so teleurgesteld dat hy die manuskrip waaraan hy dertig jaar gewerk het, in die vuur gegooi het. Hy het 'n rewolwer uitgepluk ...
Op sy graf is die woorde uitgekerf: "In the end is my beginning". Daar word bespiegel dat die palindroom-vloek ongevraagd sy pad gekruis het.
*Die inligting oor die geskiedenis van Sydney is verkry by:
http://www.brownielocks.com/palindromes.htmlPalindroom getalle:Palindroom getalle wat deur 11 gedeel word is weer 'n palindroom:
4554 gedeel deur 11 = 414
Gewone getalle:1001/ 2002/ 2332 / 2442 ens.
Palindroom tye:20 Februarie 2002: Meervoudige palindroom het voorgekom op hierdie datum om presies 20.02 het die aantekening so gelees: 20.02-20/02-2002.
8 Augustus 2008 presies 8 minute oor 8 die oggend: 08.08 - 08.08 08
11 November 1111 om 11.11
En dan sal daar weer so 'n palindroom datum voorkom in: 21 Desember 2112 om 21.12
* Nommerplaat in Nederland: YD-33-DY
* Edelstaalplaatslede: Nederlandse woord vir 'n deel van 'n oond.
* "Madam, I'm Adam"