Author Topic: "Hermetiese poësie"  (Read 22745 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
"Hermetiese poësie"
« on: September 13, 2011, 09:08:49 AM »
As daar een ding is wat my fassineer is dit die verslawende genot van hermetiese digkuns. Die eksotiese ervaring as die vreemde woorde rondgerol word in my kies! Meestal is ek te 'dig' om alles te verstaan maar die genot oorskry die skaamte by verre  :icon_bigsmurf: :notworthy:

So dag of ses gelede het ek en juffrou Gawie gesels oor die uiteenlopende skryfstyle wat ons onderskeidelik aantrek/afstoot. 007 het op die besempie gespring en deur so paar nuwe bundels se voorskoue gaan blaai wat binnekort vrygestel gaan word in Gatkantland. Die toonomkrul-lekkerte van nuwe woordverbindinge as leidrade na die verborge woordskatte, het 'n fees belowe en my plek is geboek tussen die lyne!  

Toe het ek die besempie se grashare mooi gestryk en skerp regs gedraai-  na my geboorteland en gaan kersopsteek by Andries Visagie (professor aan die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria).

In hierdie kort opsomming oor die hermetiese digkuns wil ek beaam wat hy so pragtig uiteengesit het in sy onderhoud met Louis Esterhuizen.

Die leser wat gaan dwaal tussen hierdie soort dig(ters)lyne - word bewus van geheime; koppig bewaar. Hier waak die abc ontoegangklik. As jy die veeleisende leesuitdagingstaak aanvaar, sal jy hierdie saamgevoegde elemente van klank, beweging, ritme en betekeningsgapings (hiate) verstaanbaar vertolk. En die geheime kode - geskep deur vyf hondsgetroue vriende van die digter (ala Breyten) wat die pen liefkosend omvou het, mag jy dalk net ontsyfer!

In die proses ontdek jy die wegkruiper-woordspel: "Hermetiese poësie" - in wese anders as die vernufpoësie wat openlik terg en speel met woorde en "dig" tog toeganklik en verstaanbaar maak vir ons, die lesers.

Ter aansluiting by die onderwerp wil ek graag die volgende paragraaf aanhaal:

Prof Andries Visagie soek ook weer “opstopper-gedigte”: "Dit wil voorkom asof die druk op digters en skrywers om toeganklike werk vir ’n breër leespubliek te lewer, daartoe gelei het dat die hermetiese gedig in Afrikaans uit die blikveld begin verdwyn het. Dit sal egter jammer wees indien daar digters is wat hul belangstelling in die hermetiese poësie verwaarloos om doelbewus vir ‘n breër leserskorps te skryf."

Navorsingsbron: http://versindaba.co.za/tag/verhalende-verse/
« Last Edit: September 13, 2011, 09:52:04 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #1 on: September 13, 2011, 09:09:16 AM »
En so skryf Jelleke Wierenga oor haar skeppingsmetode:
 Wanneer ek iets intens wil sê, pas ’n “gewone” woord soms glad nie: ek moet ’n nuwe woord skep of ’n bestaande een so anders gebruik dat dit ’n nuwe funksie verkry. In “Huis ontuis” gebruik ek selfs eiename as werkwoorde. Ek beweeg buite die (dood)gewone nor-mal-iteit hier – die woorde moet die (verdofde en verdoofde) leser – myself ook! – as ’t ware wakker slaan. Ek speel met woorde en hou daarvan om nuwe kombinasies en vorme en gebruike te skep – dit verbaas my dikwels dat mense so stug en stuurs aandring op die “gewone” en die “konvensionele”. Veral in die digkuns mag ’n mens seker ’n bietjie baldadig van die grasperk af baljaar? Ek hoop my gedigte is nie té dig vir die “gewone mens” nie en dat dit geniet kan word, selfs al word elke gedig nie in die fynste besonderhede verstaan nie.

Kom ons doet voort en dig - hetsy dit die ontoegangklike (letterlike) 'dig' bewaarde geheime bevat of die digtaal wat ons almal verstaan. Elkeen verdien sy plek in ons mooiste mooi taal.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #2 on: September 13, 2011, 10:26:13 AM »
Ai, ek is so dig dag ek eers die  HAT moes nader sleep om vas te stel wat "hermeties" beteken  -  so dig dat niks kan deurdring nie - 

Dit is, volgens my, juis daardie "digtheid" wat die gewone leser van die digkuns afskrik en alle belangstelling laat verloor.  Ek is geneig om met die ouens met die dik brille, kaalkoppe en boepense, wat sê, dat die leser moet verstaan wat die skrywer probeer sê sonder om navorsing te gaan doen, saam te stem. 

Hoekom lees ons?  Wat gebeur as jy iets lees waarvan jy geen sin kan maak nie?  Vir my voel dit asof iemand my van iets beroof het; van die genot wat ek daaruit put on die vernuftigheid van die digter se werk met insig te ervaar. 

Ek is lief vir my skrywers.  Hulle praat my taal.  'n Taal wat ek kan verstaan, ervaar en geniet met oorgawe.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #3 on: September 13, 2011, 11:05:17 AM »
Presies wat Juffrou Gawie en baie ander skrywersmaters ook voel PM.  Sy skryf: 'as ek eers 'n woordeboek moet nadersleep om agter te kom wat probeer die skrywer vir my vertel, verloor ek net daar belangstelling en draf skuins verby'  :toothy4:

 :icon_bigsmurf: ek begin verstaan dat sommige vrinne dink die uwe is 'weird' (BAIE weird)  :icon_biggrin: om vir dae te kan bespiegel en peins oor 'n enkele sin wat nie sin maak nie.  Was baie nuuskierig om te sien wie word nog gefassineer/afgestoot deur hierdie 'dig'terlike vorm. Soms sal ek die onverstaanbare probeer weergee deur 'n paar vals akkoorde op die klavier te gaan slaan ... dink dit sal my terugruk na die werklikheid maar pure verniet. Ek top na jare nog steeds oor meeste "Hermetiese poësie" EN geniet :notworthy: weer 'n keer  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #4 on: September 13, 2011, 11:35:31 AM »
NEE!  Dit laat my besef hoe dom ek regtig is!  Nee!  Ek sal ook sit en bepeins en ek gee nie om om die woordeboek nader te sleep of 'n woord op die internet in te tik en 'n bietjie navorsing te doen nie.  Soms besef ek die skrywer spot met 'n onderwerp waaroor ek nie ingelig is nie, maar nee dankie, ek wil nie ure daaraan spandeer nie. 

Ek glo ook nie dat ons as digters, wat gereeld met die abc speel en "wegkruipertjie" tussen die woorde speel, besef hoe uiters frustrerend dit vir "gewone" lesers is nie.  Ek is nie 'n hermiet nie en woon nie in
 'n hermitage (uitspraak - her-mitaa'zje) nie.   :dontknow:   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #5 on: September 13, 2011, 11:46:33 AM »
Ek dink ek verstaan.  :notworthy: Gelukkig het ons as lesers nog altyd die wonderlike keuse om verby te kan hou by die woorddisse wat nie in hulle smaak val nie. Hierdie soort van digkuns was en is beslis nog steeds nie die oorgrote meerderheid se voorliefde/keuse nie. Net soos strukture vir meeste van die skrywers 'n nagmerrie in 'n woordtronk is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #6 on: September 13, 2011, 12:02:42 PM »
'n Nagmerrie in in 'n woordtronk.  Dit moet boek toe.  'n Pragrige uitdrukking Raaitjie. 

Ek dink die onderwerp is ook gepas as 'n mens sien hoeveel ongelukkigheid daar onder ons skrywers is, omdat "jantjie publiek" nie  digbundels koop nie.  Hulle verstaan dit nie.  Ek hoop ons boek sal 'n treffer wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #7 on: September 14, 2011, 12:53:33 AM »
 :bootyshake: Ons boek gaan baie skrywersharte warm laat klop omdat dit 'n gesamentlike poging is om 'n droom te verwesenlik  :notworthy: Om jou woorde op papier te sien, omring met mede maters wat jou liefde vir die ABC deel se skeppings.

Voor die tyd weet 'n mens nie hoe die publiek dit gaan ervaar nie. Om Johann de Lange aan te haal: “Om ʼn bundel te publiseer moet wees soos om by ʼn waterval af te spring … Jy moet glad nie weet of jy jou te pletter gaan val of wonderbaarlik in ʼn sjampanjepoel gaan opduik nie."

Ek lief borreltjies en woorde amper ewe veel. As ek dit nog kan hoor ook, is ek in die aardse hemel. Deel graag die volgende:

NS: Sou 'n CD/vertaling, die oplossing wees om digbundels meer toeganklik te maak in die gejaagde lewe waar ons noodgedwonge alles met een veeg se kyk wil inneem, verstaan en onthou? As jy ernstig is oor skryf en publiseer, moet jy werk maak om jouself te adverteer - vertel die ouens wat weet.

Tom Lanoye sê: " ʼn mens skryf ʼn boek in afsondering, dit word verkoop om in afsondering gelees te word", maar omdat hy wil help om die boek te verkoop, gaan hy soos ʼn rock band te werk. Hy maak naamlik ’n CD (in sy geval ‘n voordragprogram gebaseer op die nuwe boek) en gaan daarna op toer sodat die mense die boek moet koop.

 :hello2: Ek wou nog altyd graag 'n voordrag-marathon aanpak ergens op 'n plein waar die mense vir 'n oomblik kan gaan stilstaan en luister. Wonder hoe ons boek se poësieklanke sou klink??
« Last Edit: July 28, 2020, 11:20:23 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #8 on: September 14, 2011, 06:00:55 AM »
O nee, dit sal nie vir my werk nie, dit is nou daai voordragmarathon op die plein.  Ek sal skoon vergeet waarheen ek wou gaan en net daar bly sit totdat dit verby is en dan nog huil vir nog. 

My jongste vra my ook Maandag of ons 'n CD gaan maak van die boek.  Sodra alles in plek is sal ek daarna kyk.  Dit kan handig wees.  Ek weet net nie so mooi van die vertaling nie?

Net soos met die gedig waarna ek geluister het, gaan die metrum "down the drain" in die vertaling.  Ek moet ruiterlik erken, ek is baie bly iemand het my nie gevra om daardie vertaling te doen nie.  Ek sou dood gepleit
het.   :icon_biggrin:

en sterstapelend van gewrig   het ek nie 'n idee wat dit beteken nie, die Engelse weergawe het 'n bietjie lig op die onderwerp gegooi. 

Dit is die eerste keer dat ek hoor iemand lees 'n gedig so voor.  Dit is nogal verrassend en ek kon sommer die metrum so een vir een op pik.  Jy slaan die spyker op die kop met die "soos spokerige asem van kristal".   :icon_biggrin:

tongblind - stom    is dit nie pragtig nie!

Ek geniet nog jou woorde 'n bietjie beter: laat die tongkieswoorde lettergrepig afgedruk op my gees waarop ek kan teer - die heeldag deur ...     

Skryf nog toe!


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #9 on: September 15, 2011, 02:00:25 AM »
Net soos met die gedig waarna ek geluister het, gaan die metrum "down the drain" in die vertaling.  Ek moet ruiterlik erken, ek is baie bly iemand het my nie gevra om daardie vertaling te doen nie.  Ek sou dood gepleit
het.   :icon_biggrin:

AMEN! Ynste symste diekant! Verstaan jy as ek skryf dat ek dae gefassineerd loop, sit en staan, al toppende - en van die woorde nog steeds nie sin maak nie? Maar halstarrig gaan ek net weer en weer terug, opsoek na leidrade. Intussen vergaan hoor en sien; wag daar 'brandoffer-dinner' vir Outoppie.   'n Stoof en die CBA in hermetiese digkuns  is 'n groot no-no   :nono: :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #10 on: September 15, 2011, 05:05:55 AM »
Mens kan ook nie altyd die skrywer kontak en vra nie.  Kom sit dit so snoesig op die forum by help mekaar. 
Ek het al soms kliphard vir myself gelag as ek 'n uitleg van 'n gedig doen en ek hoor by die skrywer dat ek die bal geheel en al mis geslaan het.   :icon_biggrin:
Dan troos ek myself maar daaraan dat die ou grotes sê, hoe meer interpetasies daar is, hoe meer geslaagd is die gedig. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #11 on: September 15, 2011, 07:43:21 AM »
As ons kan skryf dat ouens verskeie afleidings maak uit een skepping, is dit inderdaad suksesvol! Ek onthou by die vorige forum het die skrywers soms na 'n ontleding van hulle gedigte self nie besef hoe die gedig vertolk kan word nie.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #12 on: September 17, 2011, 04:23:46 PM »
ek het self al met vreemde woorde gespeel en lof gekry, maar ek dink die grootste fout wat digters maak is om doelbewus 'n gedig te 'skep' met soveel vreemde woorde moontlik [om wie te beindruk?]. dan gaan die leser verby. 'n gedig moet net genoeg 'onbekende' woorde in hê om gedagtes te prikkel, nie heel uit vreemde afrikaanse woorde en uitdrukkings bestaan wat nie eers in HAT ens voorkom nie.


monomeer


moedswillig
steel jou toekoms
my volmaakte lewensbaan,
hang dit bokant die kranse
aan die voet
van 'n sekelmaan...
monomeer
is ons saamgesnoer,
krinkel jou skadugryshare
om my vingers,
kreukel jou molbruinoë na my;
soos 'n maanhalo
sfeer jy om my hart,
koester 'n sonstraal
in die skadu
van ons minnegloed
« Last Edit: September 17, 2011, 04:32:37 PM by adéle »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #13 on: September 18, 2011, 04:59:47 AM »
Raaitjie, wie was hierdie vyf getroue vriende van Breyten?

geskep deur vyf hondsgetroue vriende van die digter (ala Breyten) wat die pen liefkosend omvou het

Adéle, ek is mal oor die gedig, dit is baie mooi.  Dit is nie vir my Grieks nie.
Ek stem saam met wat jy sê. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #14 on: September 20, 2011, 01:02:22 AM »
Vyf vingers wat om die pen vou as ons begin griffel aan die gedagtes voor ons dit elektronies verwerk, is hoe ek dit vertolk het. Is dit nie pragtig gestel nie? Ons vingers wat ons getrou volg soos 'n hond  :toothy4: Adele jou gedig is pragtig en jou woorde in alle vorme, het lankal ook my hart gesteel!!  Eers gou gaan loer want ek het die hartsteeloomblik onthou toe ek jou woorde gaan bewaar het in die woordskuur: 6de Sept 2010 :notworthy: :love7:
« Last Edit: September 21, 2011, 01:35:35 AM by Meraai vannie Baai »