• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Abhanga Gedigstruktuur

Started by PM, April 13, 2011, 01:00:45 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

#15
Nou maak dit vir my perfek sin!  Ek sukkel nog steeds met die leestekens.  Verduidelik vir my hoekom gebruik jy nie 'n punt na elke sin nie.  As daar 'n punt na verwurg was, sou die verwarring nie ontstaan het nie.  Help tog!  Ek kritiseer nie hoor,  ek wil net klaarheid kry. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Baie goeie vraag mater! Ek moes dink hoekom ek myself skuldig maak om soms nie 'n punt aan die einde van 'n gedig te plaas nie en gewonder hoeveel ander van ons maters dit ook doen? Gaan loer ek vinnig na die bundels wat ek hier het. In Blikemmer het ek op 'n paar voorbeelde afgekom waar ons digtersmaters ook die punt verontagsaam het.

Sou dit wees dat ons soms voel dat daar nie die finaliteit van die leesteken aangebring moet word nie? Eie stempel/voorkeur?

Annie het ook in haar twee puik voorbeelde van die Cinquain struktuur in die bundel hierdie teken uitgelaat, asook in haar pragtige diamantgedig was voorbeelde waar ek, na ek gelees het, ook besef het dat ek nie die leesteken sou aanbring nie.

Len Kriel het ook in sy Haikoe gedigte slegs by die eerste gedig 'n punt gebruik en die res (5) gedigte is sonder punt.

Mel se 'Aan my Simson ... van jou Filistyn en Gesertifiseer', skaar hom ook by die puntlose skeppings.

Leigh Carlson se pragtige Kaalvoetkind, Perskebloeisel en Skryf vir my 'n sprokie, is ook nog voorbeelde van die trant en Die grootste geskenk van 'n digter volg dan ook dieselfde aanslag.

Selfs in die pragbundel van Boksemdaais volg Ann Hiemstra ook hierdie puntlose paadjie met Gedig, Oerbos, Een jaar oudjie, Sondagskemer en Bethesda.

Annelie Janse se gedigte (22) en vele ander, ontbreek hierdie leesteken ook geheel en al.

Hoekom ons dit doen?  :dontknow: Ekke weet regtig egtig nie  :love7: Lief jou stikkent!

Naas

'n Sin maak eers sin as sy punt gemaak is. In 'n gedig is die weglaat van die punt egter die punt van die sin.
Ek sukkel maar om PM te laat verstaan dat dit wat jy daar verwag ook betekenis kan gee as dit nie daar is waar jy dit verwag nie. Daardie "Nou waar de @@#$ is die komma/punt/tweede nie?" is dalk juis die reaksie wat die digter soek. Dit laat jou dalk weer na die sin kyk en dan verstaan jy dit beter of ENS.
Toegegee, soms vergeet die digter om die punt te maak maar dis nie die punt nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Die punt is   :icon_biggrin:  ek sukkel om by myself orde te skep.  Ja, Naas het my lank probeer verduidelik dat ek te verwagtend is,  :icon_biggrin:  maar nou-ja,  ek verstaan nie maklik nie en ek vra tog vir hulp asseblief.  Ek verstaan as 'n skrywer 'n doel het met 'n woord, of 'n weggelate leesteken of 'n leesteken wat ingevoeg is, maar as ek nie die doel daarvan kan insien nie, of dit skep verwarring by my as leser,  dan wil ek 'n verduideliking hê.  Om te weet is tog om te verstaan!   :icon_biggrin:

Ek kan talle gedigte uitwys waar elke versreël met 'n hoofletter begin en daar gladnie van enige leestekens gebruik gemaak word nie,  maar my vraag is dan:  Is daar geen reëls nie? 

Dit sou vir my makliker wees om 'n gedig te lees met geen hoofletters en geen leestekens nie,  want dan kan ek in my gedagtes die goed plaas waar ek dit kan verstaan.  Dit neem my 'n rukkie,  maar dan weet ek ook nie altyd of dit reg is soos ek dit lees nie,  is dit hoe die skrywer dit bedoel het?

Hoe antwoord ek iemand wat vir my vra wat is die algemene reëls i.v.m. leestekens in die digkuns?  Ek weet nie, want elke ander persoon gebruik dit anders. 

As julle my kan help om navorsing te doen hieroor,  sou ek dit baie graag by  "Kom ons help mekaar" by "Leestekens in die digkuns" wou sien.  Groot asseblief!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Digkuns... Ja. Dig is 'n kunsvorm. Wanneer "gebeur" kuns. Kuns gebeur wanneer 'n man 'n kwas optel, nie om sy huis te verf volgens verfreëls nie, maar, met die doel om die reëls te breek en iets "Ongewoons" te skep. Iets wat nie aan reëls voldoen nie.
As jy reëls wil maak en vaslê vir digkuns haal jy die vrye reg om buite die boks te werk uit die digter se hande en bind hom sodat hy nie vrye skeppings kan maak nie. Wanneer hy dan jou reëls oortree gaan dit jou net meer frustreer.
So, PM. Dit wat jy nou wil doen kan nie gedoen word nie. Ek weet hoekom en waar jou frustrasies vandaan kom maar dit is ongelukkig net jou probleem.

"Hoe antwoord ek iemand wat vir my vra wat is die algemene reëls i.v.m. leestekens in die digkuns?  Ek weet nie, want elke ander persoon gebruik dit anders."
Jy sê doodeenvoudig vir hom die volgende. "Leestekens en Hoofletters in die digkuns se reëls is presies dieselfde as in enige ander geskrewe werk maar dit kan "buite die boks" aangewend word deur die skrywer met die doel om buitengewone werk te skep.

Moet om hemelsnaam nie probeer om digters se kreatiwiteit met reëls te beperk nie..(Daar is reëls maar ons digters is soos Taxibestuurders en steur ons nie so baie daaraan nie.)



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie vir jou inset Naas.  Ek sal nou en hier my hardkoppigheid laat staan.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Geskoei en geskool op tradisie, :book1: bou nou voort op nuwe fondasies  :notworthy: 

PM

Sal so maak Raaitjie.  Dit is lekker om jou weer terug te hê!   :hello2:   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Sewe jaar gelede!  Wanneer speel ons weer saam met die ABC?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Assie

waar de moer
rig is my kar...
se sleitels nou wee
rrrr

Nie op die ysss
kas nie     okie oppie

stoel    dalk onder die
          bed.
Oo! Daar is dit. Waar dit hoort, aan die sleutelhouer teen die muur.

:pottytrain2:
:mumum:

PM

Waar is die dae toe ons gedigstrukture gedoen het.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Vat jy my gedagtes baie ver.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.