Author Topic: Paroniem en Paronomasia  (Read 31475 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Paroniem en Paronomasia
« on: April 08, 2011, 09:34:47 PM »
Paroniem:
Paronieme is woorde wat dieselfde stam het. 

Byvoorbeeld:
Mens, mense, menslik, onmenslik, bomenslik,  ens.

Een woord vir ‘n omskrywing.

Byvoorbeeld:
‘n Afrigter is ‘n persoon wat ‘n span afrig.
Konfyt wat van vye gemaak word is vyekonfyt.
Iemand wat aardrykskunde bestudeer is ‘n geoloog.
‘n Entomoloog is iemand wat insekte bestudeer.
Iemand wat voëls bestudeer word ‘n ornitoloog genoem.

Plekomskrywings:
‘n Plek waar visse en ander waterdiere gehou word is ‘n aquarium.
‘n Kunstenaar werk in ‘n ateljee. 

Paronomasia:
Veral skrywers is lief om van paronomasia gebruik te maak.
Paronomasia is die gebruik van homonieme as woordspeling.  (Om ‘n woord wat algemeen ‘n ander betekenis het in ‘n ander konteks te gebruik. 

Byvoorbeeld:
Ons praat van ‘n blinde persoon as iemand wat nie kan sien nie.  Die skrywer sal praat van “die blinde man” as iemand wat geen insig het nie. Met ander woorde,  hy kan wel sien maar hy kyk om hom maar neem niks in nie.  “Neem niks in nie” kan ook as paronomasia gebruik word in die sin dat die persoon niks eet of drink nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #1 on: June 20, 2011, 11:04:21 PM »
Baie baie dankie vir die aandra en deel PM!!  :bootyshake: :icon_salut:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #2 on: May 28, 2012, 05:28:03 AM »
http://www.examples10.com/e/pun-or-paronomasia/

Hier is 'n paar pragtige voorbeelde wat soebat om in Afrikaans vertaal te word. 

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #3 on: May 28, 2012, 09:08:16 AM »
I fired my masseuse today. She just rubbed me the wrong way. Ek het my massage terapeut vandag afgedank want sy vryf my net verkeerd op!


Mens verloor eintlik die pun - die hierdie is die naaste wat ek kan kom -maar die punch van die pun is uit .. die ander gaan helemal verlore  :notworthy:

Without geometry, life is pointless.  Sonder meetkunde is die lewe nutteloos.   :toothy4:

Speaking ill of the dead is a grave mistake  Om naar van die dood te praat, is 'n ernstige fout.   :bootyshake:

Old electricians never die, they just lose contact.   Ou elektrisiëns  sterf nooit nie, hulle het net kontak verloor.   :angel4:

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #4 on: May 28, 2012, 11:00:13 AM »
Ons eie Langenhoven vaar uitstekend met hierdie vertalings.  My se koppie is te plat. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #5 on: May 29, 2012, 05:23:03 AM »
Willa daardie verkeerd opgevryfde ene was ook vir my baie treffend  :icon_biggrin:.
Ja nee PM, hier moet mens jou pitte bymekaar hou anders gaan die oemf van hierdie soort spreke helemal verlore. Toe ek nou weer 'Naas soek werk' se bydrae gaan bewaar het vir plasing in boek 2, het sy talent my van vooraf die hoed laat lig, en die knie laat knak  :notworthy:
« Last Edit: May 29, 2012, 07:07:44 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #6 on: May 29, 2012, 09:14:05 AM »
Without geometry, life is pointless.  Sonder meetkunde is die lewe 'n vervelige streep.   

Speaking ill of the dead is a grave mistake.  Om dooies te beskinder jaag net spoke op.   

Old electricians never die, they just lose contact.   Ou elektrisiëns  sterf nooit nie, hulle skakel net af. 





 :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #7 on: May 29, 2012, 10:09:23 AM »
 :icon_salut:  Naas jou doring ... Sonder meetkunde is die lewe 'n vervelige streep.  Dis nou 'n feit wat 'n lekker oemf het :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #8 on: May 29, 2012, 03:34:56 PM »
Raaitjie, as ons nog 'n paar van hierdie paras bymekaar kan skraap sal dit goed lyk in die boek.
Jammer ek is so stil, sal seker van volgende week af weer my kant kan bring. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #9 on: August 10, 2015, 05:35:38 PM »
Lyk my die paras het opgedroog.   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #10 on: September 28, 2015, 01:19:39 PM »
Ons het een para vergeet. Paradoks.
"Dit is die begin van die einde"

"Die volgende sin is waar.
Die vorige sin is vals."

"Hy het verdrink in die fontuin van ewige lewe."

"Ware vryheid is om binne die reëls te lewe."

"Stilbly is ook 'n antwoord"

"Dis nou 'n mooi gemors."


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #11 on: September 28, 2015, 11:26:04 PM »
Ek lief ons taal! Dankie vir deel Naas. My kommentaar is nou nie die een of ander vorm van para of paro nie maar sommer net die gewone padda wat kwaak :toothy4:

Om vir Kaatjie Kekkelbek te laat swyg soos die graf, is so goed as om van 'n padda, vere te probeer pluk.  :toothy4:
« Last Edit: September 29, 2015, 06:08:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #12 on: September 30, 2015, 04:08:58 PM »
Pararym of is dit nou paarrym?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #13 on: September 30, 2015, 11:04:18 PM »
Giggel ek en wonder hoe lyk pararym? Hoe lyk dit, wie gaan probeer?  :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Paroniem en Paronomasia
« Reply #14 on: October 01, 2015, 11:06:19 AM »
Jy gebruik pararym om te paarrym en dan kry jy baarrym.

Kyk daai para
hy's lekker getwarra
al vat dit jarre
en soen Jy altwee narre
hy ply 'n para




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.