Jy het die woorde pragtig ge-herrangskik WW.
Ek gaan jou antwoord op jou vraag of dit verkeerd is: Dit sou beslis verkeerd wees as jy 'n kopieregteken by dit geplaas het sonder om te noem dat hierdie 'n 'optelgedig' is en die digter van wie jy die woorde geskommel en gebruik het, te noem.
Johann de Lange (met 'n Hertzogprys agter sy naam) se nuutste manuskrip is saamgestel uit optelgedigte. Jy kan gerus die woord 'google' en bietjie meer lees rondom dit. Johann bied ook klas aan in kreatiewe skryfstyle en is ook betrokke by slypskole vir skrywers.
Ons het self ook met 'n neef van hierdie skryf-familie gewoel. TGG vorm. (toevallig gevinde gedigte)
http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=2109.0Daar is ook in Engels die 'found poetry' en ek het my eie weergawe in Engels (S.O.P) 'stumbled on poetry' in een van ons eie bundels, waar ek woorde wat my oog getref het, gebruik in 'n vers. Gewoonlik sal dit een of twee woorde wees wat ek dan so gebruik en daar sal slegs my naam by wees, geen kopiereg en 'n duidelike verwysing dat daar geleende woorde in die struktuur is onderaan.
Daar is nie kopiereg op woorde, slegs in die vorm hoe ons dit saamgestel het. As jy my gedig dus net so oorskryf en jou naam daarby sit is dit plagiaat.
Ekself is lief om te delf tussen julle geselslyne en dit in versvorm te bewaar: "verskuilde verse" maar die kopiereg bly nog steeds die skrywer sin. Vir my is dit 'n slypsteen om te woeker met my taal soos gesien deur ander se oë.
Die volgende aanhaling van Johann is vir my verblydend gewees om te lees:
een van die belangrikste lesse wat André Brink my bygebring het (benewins lees, lees lees) is om telkens wanneer ek van ’n gedig hou, te probeer vasstel wáárom ek van die gedig hou, en hoe die digter sy of haar effekte bereik. Ek het amper groter plesier daaraan om gedigontledings te lees as die gedigte sélf. Ek wil weet hóé die digter doen wat hy doen. So brei jy jou tegniese register uit.http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=print_article&news_id=112595&cause_id=1270 Vir my is dit ook 'n heerlike tydverdryf om tussen ander gedigte te dwaal en te lees hoe die skrywer dit saamgestel het, waaruit bestaan die geraamte waarom die woordvleise gerangskik is om dit gestalte te gee.