Author Topic: Homofoon  (Read 53209 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Homofoon
« on: April 08, 2011, 09:31:16 PM »
Homofoon:
‘n Homofoon is ‘n woord wat dieselfde klink as ‘n ander woord,  maar soms anders gespel word en ook ‘n ander betekenis het. 

Byvoorbeeld:
Bod – iemand bied ‘n som geld aan vir ‘n artikel op ‘n veiling.
Bot – die bome bot.  (Spruit uit)
Bot – die persoon is kortaf en onbeleef.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Homofoon
« Reply #1 on: June 20, 2011, 11:13:08 PM »
Trippel ek van woordgenot by die erfie van jou PM! Hierdie woorde sal ook nie maklik as spelfoute herken word deur 'n woordmeule/speltoetser nie indien die verkeerde woord gebruik was nie.

Ingespan in versvorm, kan dit in vraestelle/oefeninge 'opgedis' word vir die jong leerling waar hulle dan die woorde moet vervang soos vereis word in die betrokke sinsgebruik. Hier is 'n voorbeeld:

Piet Skiet was 'n goeie skud
en as hy so end gaan rei
met die faal velt viets,
spring daar fier ryers
soos 'n peil uit 'n boog
in die vlaktes, langs die vly

Die biere aan die oorkant van die rand
se siviele ys in die hof, oor loot in 'n bout
het die regter met sy gestyfde boortjie,
spontaan laat skut van die lag.

Homofone gebruik:
Skut/skud
ent/end
rei/ry
vaal/faal
vier/fier
fiets/viets
peil/pyl
vlei/vly
biere/bure
rand/rant
ys/eis
boortjie/boordjie
loot/lood
bout/boud


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Homofoon
« Reply #2 on: June 21, 2011, 08:49:26 PM »
Pragtige bydrae,  dankie Raaitjie!  Ek verkies om nie hierdie goed te lees nie, want more weet ek nie meer watter woord beteken wat en hoe spel 'n mens dit nie.   :sign10:

Baie dankie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Homofoon
« Reply #3 on: July 11, 2011, 11:49:04 AM »
Meraai

Jissie ek het nou bietjie geskrik - ek wou nou vir jou sê "kan jy nie spel nie" toe sien ek wat jy gedoen het. Great

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Homofoon
« Reply #4 on: July 11, 2011, 03:12:19 PM »
En al die tyd dag ek 'n homofoon is 'n spesiale Nokia vir 'n man met knypboutjies. 'n Nokihom.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Homofoon
« Reply #5 on: July 11, 2011, 03:16:41 PM »
Ek is bly jy sprankel nog steeds met 'n tamaai sin vir humor matertjie.  Ek het jou gemis.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Homofoon
« Reply #6 on: July 12, 2011, 06:46:57 AM »
Giggel ek nou amper barbaars en homofonies vir jou Naas  :hello2: Jeannedarc wens ek kon jou gesig sien toe jy begin lees  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Homofoon
« Reply #7 on: July 12, 2011, 09:31:36 AM »
By hierdie skryfplekkies besef ek elke dag hoe bevoorreg ek is om my matertjies persoonlik te ken.  Ek sien hul gesigte en verlustig my daarin.  Drankbare ekke!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Homofoon
« Reply #8 on: July 12, 2011, 02:22:00 PM »
baie drankie PM dis gaaf om te hoor

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Homofoon
« Reply #9 on: July 12, 2011, 02:29:11 PM »
 :wave:  Dis gaaf om maatjies soos julle te hê!   :hello2:   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Homofoon
« Reply #10 on: July 13, 2011, 08:36:15 AM »
Giggel ek nou vir die drankbare praatjies. Hoeka het dit my ure der ure se oogplesier verskaf  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Homofoon
« Reply #11 on: July 18, 2012, 09:51:41 AM »
Ek het op hierdie lys afgekom en voeg dit graag hier by.

bod (aangebode geldsom op ’n veiling), bot (kortaf en onbeleef; ook uitspruit, gesê van plante)
 
bond (vereniging), bont (veelkleurig; ook pelswerk)

boordjie (die boonste deel van die nek van ’n hemp), boortjie (’n werktuigie waarmee jy al draaiende ’n gaatjie kan maak)
 
boud (agterste, dik liggaamsdeel), bout (dit word met ’n moer vasgedraai)

brei (doen dit met velle of ’n sportspan), bry (die klank “r” met die kleintongetjie uitspreek)
 
dokter (geneesheer, meervoud dokters), doktor (iemand wat die hoogste akademiese graad verwerf het, meervoud doktore)

end (die einde), ent (die loot van een boom in die spleet van ’n ander bevestig; ook ’n stuk van ’n pad)

faal (misluk), vaal (vervelend, vuilwit, bleekgeel, gryserig of bleekbruin)
 
feit (geen verdigsel nie), fyt (pynlike sweer aan ’n vinger)

fel (hewig, byvoorbeeld soos die son kan neerbak), vel (huid van mense of diere; ook omkap, soos in “bome word gevel”; ook regterlik beslis, soos in “die vonnis word gevel”)

fier (vol regmatige trots), vier (feestelik deurbring; ook een minder as vyf)
 
fiets (waarop jy trap-trap kan ry), viets (netjies en sjiek)

fonds (geld wat vir ’n bepaalde doel byeengebring word), vonds (iets wat gevind is)

fors (kragtig), vors (koning)

kruit (in ’n patroon), kruid (in ’n tuin)

lid (een van die mense in ’n geordende groep waaraan hy of sy behoort), lit (’n deel van byvoorbeeld ’n vinger of ’n riet)

lood (metaal), loot (jong tak van ’n plant; ook deur die lot aanwys)

luid (hard klinkend), luit (tokkelinstrument)
 
mied (opgestapelde hoop hooi of iets anders), miet (klein larwe of wurmpie in byvoorbeeld meel)

nood (haglike toestand), noot (musiekgeluid; ook papiergeld)

peil (diepte of hoogte van iets vasstel), pyl (wat met ’n boog afgeskiet word; ook soos in “iemand pyl op iets af”)

pond (Britse geld of ou gewigsmaat), pont (platboomvaartuig wat gebruik kan word om ’n rivier oor te steek)

rant (klipperige hoogte), rand (buitekantste omtrek van ’n voorwerp; ook ’n muntstuk; ook ’n denkbeeldige oorgangsgrens, soos in “op die rand van die graf of van bankrotskap”)

reier (moerasvoël), ryer (iemand wat ry)

ry (voortbeweeg in ’n voertuig), rei (koor)
 
ryk (welgesteld en vermoënd), reik (jou hand uitstrek tot, soos in “reik na die sterre”)
 
seine (tekens), syne (behoort aan hom)

skud (heftig heen en weer of op en af ruk), skut (iemand wat skiet; ook ’n plek waar verloopte vee gehou word)

steil (baie skuins op en af, miskien soos ’n bergpad), styl (van ’n skrywer; ook van hare)
 
vermaard (beroemd), vermaerd (wat maer geword het)

vly (jou saggies en gerieflik neerlê), vlei (moerassige laagte; ook iemand heuning om die mond smeer)
 
want (omdat), wand (muur)
wei (gras vreet, soos die beeste op die veld), wy (skenk, soos in “wy jou aandag aan hierdie saak”)

ys (bevrore water), eis (gebiedend aandring op iets)

Om te weet is om te verstaan.