Author Topic: Hoe om 'n pad te verduidelik  (Read 21566 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #15 on: September 15, 2013, 01:09:43 PM »
En voor jy weet is hierdie stukkie 600 keer gelees!

Dit was vet pret om dit weer te lees Engeltjie.  Sodra ons weer Kaap toe kom gaan ons al daardie mooi plekke saam besoek.  Jy sal moet gaan wys!

Die forum is 'n wonderlike plek om 'n mens terug te vat op paaie wat jy lank terug geloop het.   :hello2:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #16 on: September 15, 2013, 01:12:24 PM »
Sien julle dat ek al in 2012 wou skryf??  Huh, sien julle dit?
En dis al amper 2014.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #17 on: September 15, 2013, 01:13:48 PM »
Lag ek nou weer vir daardie 'handloop' en Meraai wat wil aftrek om dit te aanskou... :toothy4:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #18 on: September 15, 2013, 01:16:46 PM »
Jy maak die skryfgoed stelselmatig bymekaar.  Terwyl ek besig was met Volmaan het ek gewonder of elke skrywer nie 'n bundeltjie van sy eie sal wil hê na boek 3 nie.  Dan behoort daar genoeg te wees om saam te vat. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #19 on: September 15, 2013, 01:18:55 PM »
O ja!!!  Asseblief!!
Dis 'n bakgat idee.   :angel8:
elle

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #20 on: September 19, 2021, 04:46:57 PM »
Ek weet hierdie was nou lanklaaste se gebeurtenis, maar ek sou nogal daar uitekom het hoor.
As Toergids of Toer Operateur as my 2de werk vir baie jarre, moes ek gou gewoond raak aan mense wat nie kan kaart lees nie, nie straatname ken nie, en geen benul van rigting het nie.
Dan luister jy mooi vir die bakens, potholes, torings, fietsryers, stukkende borde, oorlams heining ensovoorts.. :icon_biggrin:

Ek moes op n kol lank lank gelede in die industriele deel van die stad Durban vir my niggie gaan help materiaal koop...met my kombi.
Voor ons Durban inry, gee ek haar n maklike vinnige 'crash course' oor my padkaart. Maklik...hou die ding so vas, dan lees jy die straat name vir my soos ek afbeweeg, en kyk net vir die pyltjies was eenrigting aandui, sodat, waar ek moet draai, ek in die regte baan kom...ek meen...ek moes deur die middestad bewees, en daar is 8 lane, so as ek in die middel is, en moet links draai, kan dit n neuk afgee as ek nie betyds reg is nie. En laastens (derdens), ons moet in "ABC" STRAAT wees, so, as jy hom sien aankom, waarsku my, tel net die dwars strate, en soos ek afry, seg dan bv "nog net 7 strate dwars, dan moet jy regs draai:.... Durban het mos netsoveel eenrigtings soos Pretoria.

Grote genade.... gelukkig het ek so half gedink, daar mag dalk so effense vertraging wees... Ek kan om de dood nie verstaan dat ons moet bly links neuk nie, my kop seg dan af en regs.... en ons is pal in die verkeerde kant van eenrigtings in, en dis spitsverkeer...
Uiteindelik, gryp ek die kaart boek.... my liefste niggie het die kaart toe al so gedraai om die name te lees dat die kaart verkeerde kant - gaTkant om wys... In my murrrrr in verdwaal. heel aan die vrot kant van die stad, waar alle oge op n kombi is, en kraal ogies die 2 vroumense beloer, met straatjies wat net een voertuig breed is....en dan nog een wat nie op n tiekie kan draai nie...

Nou ja, baie tyd gemors, maar ons het met die kaart voor my teen die stuurwiel pad terug gekry, en vir die kersie haar skoen iewers verloor... weet nie hoe nie... ons het so gehol om by die fabrieke uit te kom, dat sy haar sandaal moes verloor het die laaste holslag....

hahahaha



Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #21 on: September 19, 2021, 10:53:18 PM »
 :sign10: O wee, konsternasie op sy beste. Padkaarte en ek was nog nooit maats nie. Ek moet hom onderstebo draai om uit te maak waar ons is en by daai tyd is Outop lankal op sy eie by ons bestemming.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #22 on: September 20, 2021, 03:00:41 PM »
Het ek nou die toer na die verlede baie geniet.  Dit laat my lag, maar ook hartseer voel omdat daardie heerlike tye daar in die Kaap verby is.  Ons kon darm 'n hond uit 'n bos uit kuier, eet en rooiwyn vir 'n vale.   :notworthy:

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #23 on: November 18, 2021, 07:07:40 PM »
Ek moet hierdie met julle deel en dit kan net hier gebeur by "kom ons help mekaar".Ouens, ek kan nou nie die straatname en goete gee nie, want ek wil nou nie hê iemand moet onse Engeltjie gaan "stalk" nie.Hannes het gevra of ek al die aanwysings gekry het om vir Ellé te gaan oplaai en ek het 'n paar keer gevra of hy dit regtig wil hoor en ja hy wou.  Ek het gelag dat die trane rol, want terwyl ek gelees het, het ek onderlangs sy liggaamstaal dopgegou.  Toe hy naderhand terug sit, arms gevou en sy kop so skeef draai, toe skater ek van die lag. Hier is hoe 'n mens 'n pad verduidelik. Daar by Trappies se sirkel stuur julle die voertuig se neus links en ry al langs die veldjie noord met die raffinadery aan jou linkerkant.  Oppas net daar by die sirkel as jy links gaan, want die hooligans ry soos maniakke. Vat dit maar rustig.Hou nou aan met die paadjie en moet nooit jou flicker aansit nie, want dit is nie nodig nie. Erens langs die pad sal jy ‘n afdraai aan jou linkerkant kry wat sê ‘Contermanskloof’. Jy gaan nêrens daarlangs nie, maar net straight al met die pad. Oppas vir fietsryers, daars hope en hulle ry soos  padvarke. Nou is jy in ons Durbanville Hills area. Jy kry dit sommer ook net hier aan jou regterkant.  Hou verby, jy kan later gaan proe.  Net daar onder in die dippie, aan jou linkerkant, is Klein Rosetuin, of so iets. Die bome se stamme is baie rooi daar en soms hang ‘n blou stoel aan ‘n tak.Hou verby. Hulle verbou NIE rose daar nie, al sê die plaas se naam so.  Ry versigtig, want daar naby voor jou , aan jou regterkant, is La Farge.  Moenie indraai nie, want jy sal nie eens weet jy het sement geword nie.  Hulle hou ook volstruise daar aan. Sommer net daar langs die pad. Aan jou linkerkant is Antikes.  Weet werklik nie wat ‘Antikes’ is, maar ek bly al vir ‘n lang tyd nuuskierig daaroor.  Miskien eendag sal ek oor die nuuskierigheid kom.  Moenie te vinnig ry nie, die pad is maar draaierig.  Nog so ‘n klein entjie en jy het  Law & Ingils aan jou linkerkant en ‘n klein hoogtetjie voor jou.  Trap maar die petrol so effens. Nie te veel, want daar voor waar die pad ‘n draai maak, is jou volgende klomp fietsryers.  Hulle sny voor L by Nitida sommer deur die wingerde vir die peace and quiet.  Jy wil soms na jou asem snak as die Heuwels so mooi onder die kombers lê.  Nou moet jy briek trap, want die draai is skerp en steil af.Hou maar so bietjie op die briek, want  Bloemendal lê in al sy glorie links en regs van jou.  Links bo op die kop is ‘n helse toring en as jy met daardie nou sementspoortjie opry daar waar die bord vir jou wys ‘Bloemendal’ en die landsvlag waai, dan kry jy die restaurant daar bo.  Die uitsig is asemrowend.  Die oseaan lê wyd in byna alle rigtings en Robben Eiland rus soos ‘n moeë walvis in die water. (Net voor D'Aria, is 'n oop stuk veld met wilde bokke).‘n Entjie verder is D’Aria met die baie gewilde Poplars restaurant aan jou regterkant.  Die bougainvillea links van die pad en op die rand van die donkergroen wingerde is vol in die blom.  ‘n Prentjie.  Donkergroen wingerde klou aan die heuwels en die rustigheid wil jou omvou.  Hou maar die voet op die briek, want anders gaan die geel boksie jou kiekie neem.  Ry rustig.  Daar is plaaswerkershuise langs die pad en kinders mag dalk net oor die pad handloop.Voor jou lê die pad nog al die pad.  Tot jy die massiewe Blue Gums laan sien maak.  Voor jou is ‘n robot.  Die bord sê Tyger Valley Road – Durbanville reguit aan.  Die laan is saans pragtig as die flou ligte brand.  Dit is in hierdie laan met die jonkgroen wingerde hier langs  die pad, dat ‘Season of Sauvignon’ in Elle se kop kom val het.Die pad maak ‘n lang draai na links.  Die Durbanville Racecourse lê so ‘n bietjie dieper in.  Nou kan jy begin konsentreer op die pad tot jy die afdraai aan jou hierdiekant sien.  Daai Street. Dit is op ‘n kort draaitjie. Draai sommer weer anderkant toe net daarna.  As jy gedraai het, is ‘n dubbel verdieping aan jou hierdie kant en anderkant is daai annerplek.  Jy is nou in Mystraat.  Ry net so ‘n entjie af tot jy aan jou hierdiekant woonstelblokke kry, die anderkantste een is waar ek woon. Maar voor julle verdwaal, skakel my.  Ek weet darem waar ek bly. Mooi ry.
Om te weet is om te verstaan.