• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die proses

Started by Chichi, August 07, 2011, 11:45:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

ek kan ook 2 reguit strepe langs mekaar trek, as ek die liniaal stil genoeg gehou kan kry, een streep aan weerskante van die liniaal.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

YAY!!! PM ek is verskriklik trots op jou, nou moet jy daai twee strepies net verleng en bietjie buig en dan teken jy met gerief  :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Ek het jou raad gevolg en met 'n kolletjie hier en daar het ek dit reg gekry!
j j j sien hoe oulik is ek!   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

jy sien, hoe meer jy oefen, hoe beter!!! eendag kan jy alles net los, skilder e miljoene maak daarmee! Ek sal nou nie aanbeveel jy probeer jou goed nou al verkoop nie, mense mag dalk bietjie vir jou giggel  :evil6: :evil6: :evil6: Maar, hou maar net sterk  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Ek hou van jou mooi sin vir humor Chichi, asook van jou mooi werk.   :bootyshake: 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Aag dankie PM!!  :love5:

Ek sal seker die week weer bietjie aan daardie prentjie werk!! hehe
*The one and only AWESOME-EST


Lox

tjiekie, jy praat van hou jou strek as mense oor jou werk giggel, ek was in van Gogh museum in amsterdam, ek wou lag vir wat kuns genoem word maar daarmee het hy beroemd geraak.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Hy is ook nie die enigste een wat met sulke aardighede beroemd geraak het nie.  Wat van Picasso!
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

PM

ek het al probeer om soos Picasso of Vader Claerhout ook sulke lyne te trek en toe agter gekom dat ek maar nog net Natalie-Dominique is. Mmmm ek sal nog baie moet oefen om 'n Picassonina te kan word.

PM

Julle kan darem nog lyne trek en daar kom 'n prentjie, ek kan darem rympies maak en daar kom 'n smaailtjie.   So nou en dan.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ek neem sommer die prentjie af, dis makliker.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Ek stem saam.  Ek lig my hoed hoog vir ouens wat mooi kan teken, verf, ens.  Mooi foto's is ook pragtig Lox en jy weet hoe om 'n prentjie deur 'n lens te verewig. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ek dink enige talent is a waardevol ene, of dit nou skilder, fotografie, skryf of selfs meer dinge soos dans of sing. Dit bly mooi, dit maak my hartjie bly om te sien as iemand goed is in iets en dit geniet om dit te doen!!

Vader Claerhout se werk is vir my verskriklik mooi, geniet dit baie maar sal nooit my werk in daardie rigting stuur nie

:icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST