Voorstelle en klagtes > Die Inligtingkantoor

Aandag asseblief!

(1/1)

PM:
Ek is besig om die gedigstrukture wat in die konstruksiewerf is, persgereed te kry.  As daar enige persoon is wat nie sy voorbeelde in die boek wil hê nie, moet hulle asseblief kom praat. 

As daar enige voorbeelde van jou is, wat nog nie by die konstruksiewerf geplaas is nie,  kom doen dit so gou as moontlik.

Lees asseblief alles op die konstruksiewerf.  Jou voorbeelde  is daar geplaas wat in die boek gaan kom.  Verbeter dit so gou as moontlik of laat weet vir Meraai vannie Baai om dit vir jou te doen.  Ek sal julle hulp baie waardeer.

PM:
Ons het nou 'n massa werk in die konstrukswerf gedoen.  Ek moet eerstens vir Meraaitjie baie baie dankie sê vir die inset wat sy die laaste paar maande gegee het.  Sonder haar sou ek nooit sover kon kom nie.
Die strukture,  soos nou daar uiteengesit,  is soos wat dit in die boek sal verskyn (voor die finale proeflees) en Raaitjie se inset. 

Julle kan daar lees van watter voorbeelde ek gebruik gemaak het.  Die forumprogram maak nie voorsiening vir "spoeg en plak onderstreep" nie.  Dit is wel onderstreep in die Word-program.

Op hierdie stadium sal ons kyk na hoeveel spasie hierdie strukture gaan opneem.  Daar is nog 'n paar ander opvoedkundige onderwerpe waaraan ons werk, daarvoor moet ook spasie gelaat word. 

Lees asseblief julle voorbeelde en laat weet vir ons waar julle veranderings aangebring wil hê.

Dankie vir julle samewerking.  Dankie ook aan Adéle wat nog swoeg en sweet met die proeflees.

 :love7:

Meraai vannie Baai:
  :icon_salut: Soos altyd 'n voorreg! Ek het vir jou by Naas se uitdagende tru-vers struktuur my voorbeeld aangeheg. Dankie PM dat ons kan hande neem en 'n droom bewaarheid. Die strukture afdeling was werklik kopkrap maar tog SO bevredigend wanneer jy jou 'lettergrepe' kon laat sin maak  :love7: Ek go dat hierdie boek 'n MOET gaan wees. Soos 'n mater geskryf het: sy laat 'n nuwe koffietafel maak spesiaal vir die boek  :love7:

PM:
Ek sal sorg dat jou voorbeeld saam met almal s'n pronk matertjie.  Het nie mooi gedink toe ek dit verwyder het nie.  Ek vra mooi skuus daarvoor.

Navigation

[0] Message Index

Go to full version