Die kuierstoep > Die Gorrel plek

Ek het jou so lief...

(1/1)

PM:
Twee oumense sit op die stoep en drink 'n glasie wyn. 
Die vrou kyk so in die verte en sê:
"Ek het jou so lief, ek weet nie hoe ek ooit sonder jou sal kan lewe nie."
Vra haar man:  "Is dit nou jy wat praat of is dit die wyn?"
"Dit is sommer ek wat met die wyn praat!"

Dankie Lox, ek het die een baie geniet.   :toothy4:

Meraai vannie Baai:
Ek sit ook nou so en staar na die liefde hier langs my ....  :toothy4: Stoffel jy is voorwaar 'n humorsterretjie in ons lewens!

Lox:
sonder lag sal die lewe vreeslik erg wees

Meraai vannie Baai:
PM het hy vir jou ook die ene gestuur hoe 'n mens lyk wat alles opgegee het? Na dit is ek vir plooie amper banger as vir spoke en die donker  :evil6:

PM:
Daar lê nog 'n paar onoopgemaakte e-possies.  Ek spook eers om al die "werk" op datum te kry.  Jy sal nie glo hoeveel e-posse ek daagliks ontvang nie.  Kyk hoe tap die sweet my af!   :icon_biggrin:
Ek geniet dit!

Navigation

[0] Message Index

Go to full version