• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Selfverwyt en vergifnis

Started by Bestuur, March 28, 2011, 08:45:10 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

PM

Ek sou met die tweede "vasgevang" eerder die woord "kerker" gebruik het, dis vir my meer kragtig as vasgevang.

PM

Natalie, ek is mal oor daardie woord,  wys net vir my waar jy bedoel ek dit moet gebruik asseblief.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

nagdonker wat jou siel gevange hou - nagdonker die kerker van jou siel / nagdonker jou siel se kerker

PM

nagdonker wat jou siel gekerker hou...  kan dit so ook werk?
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

PM

Ja ek is seker dat dit so om ook kan werk - as jy tevrede is daarmee dan's dit great.

PM

#20
Baie dankie Natalie,  ek hou daarvan.   :love7:  Ek het dit so verander.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier is nog 'n poging.  Wat dink julle?

Selfverwyt en vergifnis 

Vasgevang in 'n diep duister poel,
nagdonker wat jou siel gekerker hou,
eensaamheid wat elke asemteug verstik,
selfverwyt wat oor jou gewete spoel.

Wat het jou daar laat beland?
Van watter pad het jy afgedwaal?
Die klagtes wat jy teen jouself inbring
laat jou hande in jou skoot verwring.
     
Hoeveel mense sonder skuld
wil jy nog, skaamteloos en verwoed,
diep in dieselfde donker poel werp
om saam vir jou sondes te boet?

Gaan kyk in die spieël na jouself.
Jy! Deur jou Skepper hier geplaas,
tog seker nie vir die doel om te drink
uit 'n selfbejammeringspoel nie.
   
Dit is nou tyd om jouself te vergewe,   
om jouself in die oë te kyk en te lewe.
Kyk na die mooi lig op die horison, 
dit is vergifnis wat vir jou opkom.

Kyk links van jou is die stut wat ek  uitreik,
daar regs is nog meer hande om te gryp.
Sien hierin die liefdevolle genade van God.
Gryp dit vas en trek jouself weer op.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Dis 'n prag gedig ...

as ek dit hardop lees pla die 'n my in die eerste sin ... dis so meer dramaties sonder die 'n

Vasgevang in diep duister poel   (moet dit altyd taalkundig reg wees??)

die 'n skep 'n rukkerigheid in die sin ... sonder die 'n vloei die ritme van erns ...

maar ek het nie 'n pedigree nor degree to offer - only my hart se gevoel  :love7:

Dis werklik 'n prag gedig!!!  Ek hoop hy pronk in boek no2! :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Baie skrywers sal vir jou sê dat dit nie altyd nodig is om "taalkundig reg" te wees nie. 
As dit reg klink en dit lees reg is dit reg. 
Ek het dit 'n paar keer gelees en ek dink tog jy is heeltemal reg. 
Wat dink die ander daarvan?

Ek het die gedig laat oorstaan vir boek 2 om plek te maak vir die ander ouens. As dit moontlik is, pas ek dit in vir boek 2.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

 :angel12:

boek twee dit is dan

sal ook wil hoor wat die ander dink :)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek lees oor 'n gas se skouer en besef weer hoeveel dit vir 'n skrywer beteken as ander skrywers inspring en help. 
Ek lees ook tussen die lyne dat ander skrywers versigtig is om hul mening te deel.  Vir my is dit goud werd.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.