Author Topic: Klemtekens - akuut (´)  (Read 14574 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Klemtekens - akuut (´)
« on: July 18, 2011, 10:00:15 AM »
Ek wou al lankal hierdie stukkie kennis deel.  Nou het ek gou ‘n tydjie ingeruim om dit te doen. 

Klemtekens - akuut (´)

Die akuut-teken (´) word slegs op vokale gebruik. 
Op een klank:  ná, só, nóg.
Op albei vokale van ‘n tweeklank:  móét,  méér, wéér  en  nóú,
behalwe waar een vokaal i is: dié en nié,
maar wel op ‘n enkele i: dít.
Net op die eerste van twee vokale waar daar ‘n deelteken op die tweede vokaal is:  réën.
Op twee van drie vokale as daar ‘n deelteken op die derde vokaal is:  kóéël, behalwe waar een van die vokale ‘n i is - spiéël.

Soms word met behulp van die akuut tussen woorde se betekenisse onderskei:
Al meer  is reeds meer, -  maar ál meer  is steeds meer.     
Die is ‘n bepaalde lidwoord, -  maar “dié” is “hierdie”.
Na  (onbeklemtoon) Ek gaan na die opvoering kyk. -  Ná (beklemtoon) Ná die opvoering gaan ek koffie drink. 
So is ‘n vergelyking -  só is “op dié manier. 
Net waar verwarring van die woord se betekenis kan ontstaan, soos in gesel  en  verspring, word die akuut aangebring.
Moenie akuuttekens onnodig gebruik nie, en tog net nie op net, nog, slegs en te nie. 

Hier het ek ook gebruik gemaak van Dalene Müller se pragtige handleiding:  Skryf Afrikaans van A tot Z.
« Last Edit: July 18, 2011, 12:09:10 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Klemtekens - akuut (´)
« Reply #1 on: July 18, 2011, 12:05:38 PM »
Sjoe ... ekke is skuldig aan hele paar hier  :toothy4: Duisend dankies vir die deel mater. Die ene het ek sowaarlik nie van geweet nie: Op albei vokale van ‘n tweeklank:  móét,  méér, wéér  en  nóú  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Klemtekens - akuut (´)
« Reply #2 on: July 18, 2011, 12:08:48 PM »
Die tweeklank is die groot sonnebok!   :icon_biggrin:  Groot plesier matertjie.   :love7:  Dankie aan Dalene!
Om te weet is om te verstaan.