Die kuierstoep > Kom kuier saam

Beloftes maak skuld, of nie?

<< < (2/3) > >>

PM:
Dit is 'n goeie "wonder" Raaijite. 
Ek weet dat Dubai 'n geweldige groot probleem met hulle afvalsisteem het.  Hulle maak gebruik van groot "suigtrokke" om die afval weg te neem. 
Of daar nog sulke gevalle is soos wat ons in SA gehad het so sestig sewentig jaar gelede weet ek nie.  :dontknow:

Naas:
Daai trokke ry nog hier rond. Daar is hier by ons nog huise wat nie aan die rioolstelsel gekoppel is nie. hulle het dus rioolputte wat vol raak en dan deur die trokke leeggesuig moet word so al om die tweede maand, afhangende van hoeveel die mense in die huis geeet het.  :bootyshake:
Ons noem die trokke "Suigende Sannies". In Ingels "Sucking Suzans"


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Nou toe nou. Daar het ek alweer ietsie geleer. 'Suigende Sannies' hehehehe. Klink soos 'n titel wat dadelik baie verskillende beelde gaan optower lol.

PM:
Toe ek 'n klein dogtertjie was het ons 'n beskuie huisie in Danville gehad.  Die "kleinhuisies" het emmers ingehad en so teen twaalfuur snags, het die nagwa die afval kom verwyder.  'n Man het 'n goiingsak (een hoek ingevou) oor sy kop getrek en die emmer daarop geplaas en dit na die nagwa toe geneem. 
Die volgende oggend kon jy soms nog sien waar die streep leg soos wat dit bo-oor gestort het.
Van daar die gesegde: Dit is laat al, die k@kwa is op straat al. 

Naas:
Lag ek nou vir jou "beskuie" huisie. Die pas so reg by die onderwerk.
Ek vermoed jy bedoel beskeie.
My ma en Ouma het altyd gese my broertjie het weer sy doek beskuie. Afgely van beskuit, die mooi woord vir bek@k. So julle kleinhuisie was sekerlik beskuie.  :evil6:  :pottytrain2:


 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version