Author Topic: Die lewe het vir my geklap hoor!  (Read 19329 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die lewe het vir my geklap hoor!
« on: April 01, 2011, 09:11:48 PM »
Wow julle ouens,  ek weet nie of ek Arthur or Marther is nie!  My maggies,  gaan hierdie jaar net so besig wees dat ek nie weet wiever is waffer nie?

Ek vat net hier en daar grond,  soos 'n klip wat 'n ou oor die water slinger! 

Is julle jaar ook so besig?  Dit is al April!  Die einde is nog nie in sig nie!  Help!  Ek het ernstig 'n vakansie nodig!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #1 on: April 02, 2011, 08:57:43 AM »
Om 'n vliegtuig te laat vlieg het 'n mens 'n lisensie nodig.  Of minstens dan die afgelope klompie jare.  Om tyd te laat vlieg, is daar nie 'n lisensie nodig nie.  Ons almal slaag daarin.

Dit maak dat selfs die van ons wat graag ons kaya's wil mooi hou, later sit met opgehoopte skottelgoed, 'n toegepakte tafel of twee en stofbondels wat al met die vloerlys langs loop.

Net toe Stof dink dat hy nou bietjie tyd het, besluit sy lyf, kop en keel dis nou tyd om hom nederig en op 'n sloerstaking te hou.  En om dubbel seker te maak besluit sy Anše se tenk ook ewe ferm om hom kayavas te hou.  En verlore sekondes word minute, ure, dae, maande, jare...

Stof het al die fout gemaak om 'n lys met "om te doen" op te stel.  Netjies gedigitaliseer en geklasifiseer.  Dit self het so lank geword dat dat daar  daarvoor nie eers genoeg tyd was om dit klaar te maak nie. 

Maar as tyd gebruik word deur mense wat ander se lewens verryk, is dit beslis nie 'n verlies nie.  Stof het die afgelope tyd baie tyd saam met enkele mense deurgebring, waarvan elkeen een van daar die mense is.  Die tyd wat saam met hulle bestee is is wel aangewend, want die resultate is asemrowend.

Stof dink nie daar is regtig 'n goue resep vir tydbestuur nie.  Elkeen van ons verskil, en daarom leer ons deur ons koppe te stamp, ons kaya's te laat evoleer na stofstapels en selfs dinge wat begin roes, wat die ideale plan vir elkeen is.

Tyd: 'n groot geskenk.  Maar nie herwinbaar soos glas of papier nie.  As dit weg is is dit weg.  Daarom is dit seker ons elkeen se verantwoordelikheid om elke dag 'n stukkie te leer oor die benutting daarvan.

Tydverterend die uwe

Stof
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #2 on: April 03, 2011, 06:41:38 AM »
Ek kan nie onthou wanneer laas ek so 'n interessante bydrae tot 'n onderwerp gelees het nie.  Jy het dit mooi diep gaan haal en goed opgesom. 

PM verstaan tog te goed wat Stof bedoel met "tyd aan 'n ander spandeer".   Ek was dan self een van daardie bevoorregtes om soveel van Stof se tyd te benut.  Ons het werklik te min "tyd" vir mekaar.  (Kyk hoe dubbelsinnig kan die betekenis van die sin wees.   :icon_biggrin:  )

Tydbestuur kan werk as alles verloop soos wat ons beplan,  ongelukkig is daar ander dingetjies wat op daardie "te doen lysie"
spring en dan is alles deurmekaar. 

Soos nou,  nou moet ek spring anders is ek laat. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Mel

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 8
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #3 on: April 15, 2011, 01:27:03 PM »
Tyd is nou een ding wat jy nooit in jou hand kan hou nie. Dit kan nie menslik bestuur word nie soos Stof sê. En dit staan NOOIT stil nie.

Al wat ek daarteen het is dat 'n horlosie 'n mens so kan reguleer. Sê vir jou wanneer om te slaap, maak jou wakker wanneer jou kop die kussing so baie geniet en wel ... ALLES.

Ek het hierdie jaar besluit om GEEN vooropgestelde idees oor môre te hê nie. Want ons het regtig eintlik NET vandag.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #4 on: April 15, 2011, 02:40:14 PM »
 :hello2:   :wave:  Mel! 

Wel, niks van my planne wou uitwerk nie,  so ek het ook maar die dagboek onder die bed ingeskuif.  (Het darem vir Kosie om hom geselskap te hou.  :icon_biggrin: )

Die slimkoppe sê mos ons kry "gistermense, vandagmense en moremense".  Ek weet nou nie in watter tydsgleuf ek inpas nie, want ek dink al drie is vir my belangrik.  Gister bepaal my vandag en vandag bepaal my more.  So, hoe nou gemaak?

Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #5 on: April 15, 2011, 07:55:17 PM »
Sjoe Vrinne Julle praat diep diep dinge.

My oupa((sjoe hy was 'n slim ou) en ja ek het hierdie sêding van hom op Woes ookal aangehaal en jammer daaroor) het altyd gesê moenie agteruit in die toekoms inloop nie jy gaan struikel en val. Dit beteken baie dinge maar oor tyd beteken dit kyk vorentoe. Moenie die verlede vergeet nie maar moet ook nie jouself so oor die verlede verknies dat jy nie die toekoms of dit wat nog voorlê mis nie.
Maar tyd is 'n skelm swerkater. Hy haal jou saggies in en bekruip jou onverwags en dan is hy by jou verby en jou tyd daarmee heen. So benut die tyd wat jy het. En moet nooit die tyd verby wens nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #6 on: April 15, 2011, 09:38:34 PM »
Jy is heeltemal reg.  Ek sien dit aan my plooie wat gister nog nie daar was nie!   :icon_biggrin:  Stilletjies en saggies bekruip,  van agter af!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #7 on: April 16, 2011, 09:04:59 AM »
My vrou se plooie kom nie van agter af nie. Sy't verdomp oop oe in die goed ingevoeter.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #8 on: April 16, 2011, 09:11:00 AM »
 :icon_biggrin:  Pasop nê!  Sy gat vir jou  :violent1: 

Jy kan maar hierdie storie by Karel Grootlieg se ware verhale gaan plaas.  Kom ons sien wie glo jou!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #9 on: April 18, 2011, 05:27:36 PM »
lol die lewe klap n ou so kruis en dwars met tye...
helo mel en blou en stof en patrysie n naas  :icon_thumright:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #10 on: April 18, 2011, 06:25:38 PM »
Dit is sooo lekker om jou hier raak te lees WW.  Ek geFilang Fir jou Freeslik baie. 

Tyd is besig om met ons almal kwassies te maak en ons deur te trek.   :icon_biggrin:  Dit sou nogal gaaf gewees het as ou vader tyd net 'n bietjie poeier "aangedip" het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #11 on: April 18, 2011, 08:14:27 PM »
dalk kan ons vir vader cristmas vra of hy nie n bietjie tyd hetti???
so gepraat van tyd waar is die res????

JINKS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!???????????????
VADER JACOFFF???????????????????
BLEXIM????????????
GAWIE??????????????
ANT RAAI!!!!!!!!!!!!!
VLOOITJIE????  :evil6:
TRAPPIES???????????????????????????!!!!!!!
MICHELLE????
 Ag aarde wie nog? waar jullleeee??????????? tyd dan soooo kort?

patrysie die ou plekkie gaat blom
oja mev varkie?????????????????????????????

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #12 on: April 19, 2011, 06:39:49 AM »
Hello WW. Lekker om jou hier te lees.
Vra jy nou wa die ander is danroep ek net so hard agterna.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #13 on: September 25, 2011, 09:49:34 AM »
Nou is die meeste name wat jy geroep het hier WW, wa jy nou?   :dontknow:
Almal is baie stil.  Mel, Blouetjie, sommer almal is stil. 

Dit is ses maande vandat ons die forum begin het en dit gaan goed na die eerste paar groeipyne.
Ons het in Julie begin praat oor die boek en teen die einde Julie het ons eerste werk begin instroom.
Dit is amper twee maande en al die inhoud van die boek is hier op my stokkieboek.  Dit behoort my nog so 10 dae te neem om deur alles te werk dan gaan die stokkieboek drukkers toe. 

Ek werk al 'n rukkie aan 'n resepteboekie.  Dit is nou amper so ver dat ek kan begin om dit te vertaal om ook in Engels te lees.  Sodra ek klaar is met die boek, begin ek weer daaraan werk en as alles goed gaan, is dit teen Kersfees op my rak.  Wie wil saamspeel?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #14 on: September 25, 2011, 11:15:46 AM »
Ag maar baie geluk PM!! ek persoonlik dink die forum is 'n grote sukses!
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #15 on: September 30, 2011, 12:00:49 PM »
Dankie Chichi, ek raak net erg moedeloos as ek soos vanoggend by die forum aanklop en ek kry net 'n swart gat!

Van gister af kon ek om die dood toe nie op een van my rekenaars met een van die drie modems op die lug kom nie.
Ek weet tog nie wat aangaan nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Die lewe het vir my geklap hoor!
« Reply #16 on: October 24, 2011, 08:04:31 PM »
ek hoop jy het dit nou alles uitsorteer? dit is nou al 'n hele rukkie later!!
*The one and only AWESOME-EST