Ek het drie foto samestellings by my Gevreetboek- erf geplaas wat gebruik sal word in die Flip-Book weergawe van verskeie gedigstrukture waar ek die riglyne in Afrikaans geskryf het. Daar is ook 'n skakel hierheen vir die ouens wat op ons erfie gaan draai en belangstel om 'n draai te kom maak op die Forum tussen die skatkis vol strukture wat PM en Naas ook gedeel het. Die forum leeeeef julle!
Daar is gemiddeld oor 'n duisend gaste daagliks. Groot jammerte dat hulle status onaktief is

Die ouvrou was vanoggend besig om baba-peppers voor te berei vir aandete toe my oog die perfekte omgedraaide agt (Lemniskaat vorm) eien. Net daar verkas ek uit die kombuis en neem plaas voor die tikkertjie ... die res is nou geskiedenis
1. Die Pepper‑Oomblik“Waar die alledaagse draai en die oneindige sigbaar word.”
2. Die Asem‑Trilogie“Twee pole. Een asem. ’n Lewende lemniskaat.”
3. Die Mistieke Karoo‑toon“Waar asem sy spoor kruis en stories begin.”
Hier is my weergawe van 'n Karoo Mistieke Oorsprong van die LemniskaatVoor daar woorde of sterre was,
was daar net 'n Asem in die donker
Asem het nie geweet waarheen nie
en begin dwaal, links en regs...
tot dit sy eie spoor gekruis het en
twee word een waar stilte draai
met die wete - hier skuil stories
by 'n kruispunt vasgenael
het Asem weer gedraai
en weer gekruis...
tot die eerste Lemniskaat
soos 'n onsigbare spoor
op sy rug, in die stof bly lê het.