Geen knie brood is my eie resep en ons geniet dit baie. Hierdie brood kan jy met enige meel maak. Slegs wit meel of bruin meel. Net soos jy verkies.
Gebruik broodmeel, of koekmeel, bruinbroodmeel of volgraan of nutty wheat.
Ek het gevind hoe langer die brood reis hoe smaakliker is dit. Ek knie dit af voordat ek dit in die panne sit, maar dit is nie noodsaaklik nie. Dit is ook dan veerlig. Dit hou vir dae in die yskas.
Benodighede:
Plastiese bak met deksel, om in te meng en te laat reis.
Maatbeker waarin ek sommer my nat bestandele klits.
Maatkoppie
Sif vir wit meel.
Eetlepel
Teelepel
Vurk
Whisk (klitser)
Houtlepel of houtspaan om deeg mee te roer
Wit meel
Bruin meel
Sout
Suiker
Melkpoeier
Gis 10gr pakkies
Eiers
Suurlemoensap
Sagte botter om jou hande mee te smeer as jy die deeg afknie. Die deeg is baie slap, botter of anders olyfolie
Droog
1 Koppie bruin meel
2 Koppies wilt meel
1 teelepel sout
4 Teelepels suiker
2 Hoogvol eetlepels melkpoeier
1 Pakkie gis
Nat
Breek 2 eiers in die maatbeker
Gooi 1 teelepel suurlemoensap by
Gooi 350 ml louwarm water by
Klits
Gooi droog en nat bymekaar en roer tot alles mooi gemeng is.
Plaas deksel op en laat reis. Ek los dit vir 4 ure, knie dit af, maak toe en laat rys weer tot mooi hoog. Knie dit af en plaas in twee panne. Laat reis tot die panne vol is.
Bak in oond tot gaar. 180 grade C. Dit kan 45 minute wees. As dit weg getrek het van die panne af en dit klink hol as jy daarop klop is dit reg.
Keer uit op 'n draadrakkie en laat afkoel voordat jy dit sny.
Geniet dit.