Voorstelle en klagtes > Baie geluk... Baie welkom

20 nuwe lede

(1/2) > >>

PM:
Ek het die afgelope paar dae 20 nuwe lede op die forum geregistreer.  Skuus dat ek nie elkeen van julle apart welkom heet nie, maar weet dat julle almal hartlik welkom geheet word hier.
Skryf asseblief en vertel iets van julleself.  Moenie sku wees nie, onthou ons was almal eers daar, nou kuier ons heerlik saam en ons wil graag hê dat julle ook saam kuier.
Wekom   :hello2: :hello2: :hello2:

PM:
Regtig?  20 Nuwe lede en niemand antwoord nie?  Ek wil graag weet hoekom wou julle geregistreer word! :dontknow:

Anton Louw:
Hallo Petra.  Hoe gaan dit met jou?

PM:
Goeie more Anton. Dit gaan sommer Hunkey Dory.  Wonder net wie kamp waar, wie spoel weg!
Ons woon nou in Annlin, Pretoria. 
Ons moes eintlik nou in Leeupoort kuier, maar die brue loop oor, die krag is af, dus geen internet nie. 
Iemand het die voorstel gemaak om
'n boot engin agter die kar te monteer, klink na 'n bakgat idee!
Waar is julle, wat doen julle.  Hoe gaan dit met jou forum.

Anton Louw:
Ons woon nog hier in Clubview en het ook lekker baie water gehad tussen al die laagwater brûe.    Woon jou seun nog hier?

Ek is nou 'n huis-pa en kyk voltyds na die tweeling babas.   

Kampforum loop darem nog soos stroop, alhoewel ons gesinnetjie maar baie minder toer en kamp sedert ons 6 geword het (-:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version