Author Topic: Torre en narsacisme.  (Read 2273 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jan Dink

  • Administrator
  • Suigeling
  • Posts: 11
    • TruSoft Software
Torre en narsacisme.
« on: August 19, 2023, 07:02:00 AM »
Al ooit gewonder hoekom mense grootheids waan (narsasisme/Munchausen sindroom) kry?
Wel, dit het te doen met te veel dik torre en te veel extrovert torre saam.

As 'n dik tor aan 'n tou trek, dan hang hulle baie keer aan die tou, want hulle proppe sak te diep,
dus kan hulle voete bietjie uit die water kom as hulle aan die tou hang.  As hulle nou so hang,
dan skakel die skakelaar boo aan die tou te veel keer aan en af, wat tot gevolg het dat daar te
veel pulse gestuur word.  Dus as so 'n dik tor nou aan 'n tou gaan hang wat inligting oor jou
kwalifikasies vrystel, dan verander jou matriek sertifikaat sommer gou in 'n graad of doktoraat.
So nou verbeel jy jouself dat jy 'n doktoraat het.

Extrovert torre sit en wag tot jy ander mense ontmoet, dan spring hulle in aksie. 
Hulle wil graag he dat jy met die mense moet gesels en dus spring hulle op hulle proppe
en gaan trek die toue wat jou maak praat.  Sodra jy die impuls kry om te praat, dan moet
die ander torre ook in aksie spring om iets te vind wat jy kan se, so hulle begin te pluk aan
die toue wat inligting vrystel.  Jy het dan ander torre wat die inligting oor jouself se filters
beheer en as hulle te maer of ondervoed is, dan is daardie filters nie baie effektief nie en
dus begin jy inligting oor jouself vrystel of jy pas meeste van die inligting op jouself toe.
Omdat die torre wat die inligting vrystel meestal oorgewig is, word die inligting wat vrygestel
word erg opgeblaas en jy begin dus 'n groot klomp bollie oor jouself vertel.  Jy oortuig dan mense
dat jy die hoof was van een of ander instansie en almal wat jy ken belee ook 'n hoe pos en is
ryk en belangrik.  Jy begin later self oortuig raak dat jy die eerste persoon in SA is wat deur
NASA gevra is om na die internationale ruimte stasie te gaan om navorsing te doen oor die effek van
gewigloosheid op die Indiese olifant.  Maar ongelukkig kon jy nie gaan nie, want jou hele ruggraat
is vervang met titanium werwels en teflon skywe nadat jy die groot ongeluk gehad het toe jy die nuwe
Formule een motor vir Ferrari getoets het, dus kan jy nie meer in die ruimte gaan nie, want die
titanium bou te groot magneet velde op rondom die teflon skywe wanneer die skywe onder druk kom
van g-kragte wanneer die vuurpyl jou opskiet in die ruimte.  Jy kan in elk geval ook nie jou
mak olifant, Tipsy, oortuig om in die ruimte te gaan nie.

Nou is die volgende vraag natuurlik: Hoe kry jy te veel dik torre en onder gewig torre?  Dit is nou
weer die miere wat die kos voorsien aan die torre se skuld.  Die miere werk mooi uit presies
hoeveel kos elke tor benodig om optimaal te werk en dan work die korrekte porsie aan elke tor gegee.
Maar, wanneer een of meer van ide miere nie meer die regte berekenigs doen nie, dan kry jy torre
wat oorgewig en onder-gewig is.

So, hoe kan die miere dan so 'n foute begaan, hulle is dan noukeurig gekeur en streng opgelei om
die kos van die torre voor te berei?  Wel, die antwoord is dat partykeer stamp die miere hulle koppe
te vel in die kombuis en dan raak hulle deurmekaar en parykeer doen hulle permanente skade op
in hulle senuwee knope en dan werk hulle wiskunde nie meer so lekker nie.

As mens nou navorsing doen oor grootheids waan, dan sal mens sien dat mense met grootheids waan
gewoonlik as kind afgeknou is of een of ander trauma deurgegaan het.  Boksers en rof-stoeiers
ly ook baie keer an grootheids waan.
Dit is omdat mense wat aggekou is se kop in die toilet gedruk word of hulle word in 'n asblik
gestop of in kaste en so aan.  Wanneer dit gebeur word ei persoon se kop baie geskud en kry baie
stampe, net soos met boksers en rof stoeiers.  Wanneer die kop so geskud en gestamp word, dan
skud die arme miere so rond in die kombuis dat hulle alles tref en die potte en panne val op
hulle en so doen hulle skade op aan hulle senuwee knope.

Nou, in die geval van boksers en rof stoeiers, as die miere dan gereeld so geskud word, dan vrek
van hulle en die wat oorbly kan later glad nie meer reg dink nie en dus kan hulle nie meer reg
en genoeg kos maak nie en dus begin die torre ook vrek en ondervoed raak.  Dan gebeur dit dat die
torre nie meer die toue kan reg trek nie en mens kry die bokser wat met 'n dom uitdrukking
rondloop en nie reg kan praat nie.