• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Is ek my ouer se hoeder?

Started by PM, January 28, 2022, 09:00:07 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Kry ek 'n briefie van 'n eensame siel! 
"Ek voel so eensaam en alleen.  Al my kinders is in die buiteland en ek is so verlore sonder jong mense wat alles weet van TV's en selfone.  Nuwe tegnologie.
Ek kry knaend al hierdie boodskappe van "registreer om jou inligting te kry" en "ons het 'n "password" ingestel om jou inligting te beskerm!"
Kan ek nie maar my eie "password" kies nie?
Van hierdie plekke kies ek 'n password dan word daar vir my vertel dat dit nie "sterk" genoeg is nie? Nou kry ek nie geregistreer nie, want ek is te oningelig!
Wat nou?
Is daar nie iemand wat bereid is om oumense te help nie?  Ek is so verlore!
Waar is my kinders?  Is ek onregverdig om van hulle te verwag om my by te staan?
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ai, dit is 'n moeilike vraag om te beantwoord. 
Ek weet dat daar wel kulture is waar dit die kinders se plig is om ouers te versorg nadat hulle werk gekry en selfonderhoudend is. 
My mammie het gesê dat een ouerpaar 10 kinders kan groot maak, maar dat 10 kinders nie een ouerpaar kan versorg nie. 
Kan julle my help asseblief!
Is dit kinders se plig om ouers by te staan en te ondersteun in hulle oudag?  Moet ouers maar net op hul eie stoom vir hulself sorg? 
Wat sê julle?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Read 59614 times Geen terugvoering sniksnik. En ek ontdek dit vandag eers toe ek oor 'n gas se skouer loer. Ek kan jou antwoord oor hoe ek vandag voel oor die teer onderwerp. Die laaste drukkie wat ek my moederlief kon gee was in 2007 met ons kuiertjie in Suid Afrika. Sy is gister oorlede na 'n bittere lang lyding met gevorderde demensie. My suster het haar daagliks gaan besoek en versorg by die tehuis.  Ongelukkig mag ek nie vlieg weens mediese probleme nie so dit was onmoontlik die afgelope 16 jaar om weer te gaan kuier. 

My antwoord op jou vraag dus: Ek sou vandag alles wat ons besit in die buiteland gegee het as ek my moeder se hoeder kon wees. Nog een keer haar kon vashou en dank betuig vir alles wat sy gedoen het vir ons. Vertel het hoe ek haar mis en sou met liefde wou help versorg.

:crybaby2:

PM

#3
Dit lyk tog of baie mense die onderwerp lees, so daar moet belangstelling wees?  Dit is 'n moeilike onderwerp.  Ek stem saam met jou Raaitjie, ek sou ook wat wou gee. 
Iemand het eendag vir 'n persoon gevra:  Wat torring jy tog so oor jou pa, hy was 'n suiplap en 'n nikswerd.  Toe kom die antwoord:  Maar, hy was my pa en 'n mens het net eenkeer die voorreg om 'n pa te hê!  Nou ja!
Ek wil ook net byvoeg: 'n Mens besef nie regtig wat 'n ouer vir jou beteken voordat jy hulle nie meer het nie.  As jy nog nie voor 'n oop graf gestaan het nie, sal jy dit nie besef nie.
Om te weet is om te verstaan.