Author Topic: Jou voetspore...  (Read 1445 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Jou voetspore...
« on: December 27, 2021, 06:55:20 AM »
En so kom ek tot die besef dat gister die laaste Sondag van die jaar 2021 was. En ek wonder wat ons voetspore wat ons agterlaat, vir ander gaan vertel. Ons kan al in die herfs of winter van ons lewe wees en weet daar is ander wat ons volg, eintlik ons voorbeeld wil navolg soos wat ons probeer om Paulus te volg, soos wat hy Christus volg. maar al is jy nog in jou lente- of somerdekades .... daar is altyd iemand wat jou gaan navolg, al is dit net jou kinders ... en hulle maats. Soos wat dit in ons lewe gaan, het ek die woorde gehoor en dit al hier genoem, is elkeen van ons dalk die enigste Bybel wat sommige mense raaksien .... al is ons so vol foute en het ook al soveel verkeerd gedoen, is die nie-volharding in die sonde, ‘n baie belangrike punt. Die “probeer” om af te sien daarvan ....

So ook .... dié in wie se voetspore ons volg? Wie is so ‘n paar treë voor ons op pad na die wenstreep toe? Daardie wenstreep waar Christus vir ons wag? Gaan jy met jou geliefde saam met wie jy ‘n belofte voor God afgelê het, die nuwe jaar instap? Gaan jou kinders ook al die Heilige Gees binne-in hulle se liefde ervaar het? Kinders, kleiner of al volwasse wat vasgevang is in die kuberruim se verleidings wat hul weghou van God af .... En die “slange” of satansverleiers wat so graag vir ons wil vertel dat sekere gruwels in God se oë, in vandag se lewe glad nie meer ‘n gruwel is nie ... die Bybel verander nooit, en God ook nie.

As jy dalk die ‘ongelukkige’ ervaring gehad het om iemand anders se oë te ontmoet het, dalk baie meer as net dit, en gedagtes koester om ‘n gesinsgeluk op te breek, of af te dwaal na ander geloof soos wat christene al gedoen het .... al is dit vir ons onverstaanbaar hoe dit moontlik kan wees .... of om dalk ander gode aan te hang ... iets wat elkeen van ons dalk onbewus doen wanneer jou werk of sport of stokperdjie vir jou belangriker as God geword het .... of doelbewus meegaan met 'n verhouding wat 'n gruwel is in God se oë...

Weet net, ander het dit al voor ons gedoen .... en ja, party het die kans gehad om reg te maak, om weer na God te draai, maar ander het nie. So, vriende, weet dat jy nog kans het om om te draai, terug na jou gesin toe, terug na jou kerk toe, of selgroep, terug na God toe.

En julle wat nog steeds die nouste paadjie saam met God stap, wat aan Christus se Kleed se Soom vas hou, julle moet sy Voorbeeld ook oordra aan ander, aan elkeen wat dalk nog nie weet hoe lief ons Vader hulle ook het nie.

Here Jesus, gee ons asseblief hierdie week en die Volgende Jaar, nog meer verlange om geesvervuld te lewe, ons eie-ek heeltemal af te lê en U te volg. Mag die laaste week van hierdie deurmekaarste 2021 vir elkeen wat luister, bewus maak van U oneindige goedheid, Verlossing en genade. Amen Here
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jou voetspore...
« Reply #1 on: January 14, 2022, 09:04:49 AM »
Ek geniet dit altyd om jou boodskappies te lees.  Daar is altyd iets in om oor na te dink.
Dankie dat jy dit deel.  Al is ek soms 'n bietjie laat, kom lees ek darem altyd.
Lief vier jou. :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Jou voetspore...
« Reply #2 on: January 16, 2022, 08:00:03 PM »
Liewe Petra  :love7: ...
adéle  :grommit: