Author Topic: PM se hoenderlewertjies  (Read 4604 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
PM se hoenderlewertjies
« on: January 14, 2022, 09:36:21 AM »
Ek het die heerlikste hoenderlewertjies gemaak.  Jy kan dit met mieliepap, kapokaartappels, rys of 'n broodjie eet.  Ek geniet dit net so, warm is heerlik en more oggend as dit koud uit die yskas kom lief ek dit net so.  Eet dit maar soos jy daarvan hou.


Ek gebruik 1 kg lewer.



Ek was die lewertjies en berei dit voor.  (Sny die seningkies en stukkies waarvan jy nie hou nie af.)
Plaas dit in 'n bak met gaatjies of 'n sif sodat die oortollige water kan afdruk. 
Sny dit in stukkies so groot soos jou duim se eerste lid. 


Meng die volgende speserye in 'n bak.  (Hier kan jy ook jou eie mengsel gebruik, maar die volgende het vir my uitstekend gewerk.)
2 Teelepels hoender speserye
2 Teelepels braaivleis speserye (Ek gebruik six gun spice)
2 Teelepels chillie biltong speserye (Vervang dit met enige steak en tjops speserye.)
1 Teelepel gerookte paprika
1 Teelepel swart peper
Moenie bang wees vir speserye nie.  By Westpack koop ek die sampioen speserye, gedroogte uie en gedroogte knoffel stukkies en ek werk dit orals in my kos in.  Dit gee geur!
Nou gooi ek al die speserye oor die opgekapte lewerstukkies en meng dit goed deur. Bedek dit met 'n doek terwyl jy die groente doen.


Neem 'n ui en sny dit in klein blokkies.
Ek het groenpeper, rooipeper en drie rissies opgekap en dit eenkant gehou.  (Ek koop graag rissies as die prys goed is en hou dit oop in 'n roomysbak sodat dit kan droog word.  Dit kap uitstekend op en dan braai ek dit saam met die uie.)


Gooi 'n halwe koppie olyfolie in 'n groot diep pan en braai die ui en die rissiess,  dan die pepers.
Ek gooi twee opgehoopte teelepels gekapte knoffel en twee teelepels fyn gemmer (die soort wat klaar verwerk is wat jy by enige supermark kan koop) daarby. 


As alles nou lekker gebraai is voeg ek die lewertjies by.  Dit is uiters belangrik dat jy die lewertjies net braai totdat dit nie meer pienk is nie.  Kyk na 10 minute of jy tevrede is.  Bedien dit warm.  More oggend warm of koud. 


Geniet dit! 



Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se hoenderlewertjies
« Reply #1 on: January 29, 2022, 11:11:07 AM »
Ek net gou weer kom loer na die resep.  Maak dit sommer gou vannaand vir 'n hoofgereg, met pap ja!  Met pap!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.