Author Topic: weet jy dat God jou lief het?  (Read 1095 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
weet jy dat God jou lief het?
« on: January 16, 2022, 07:59:06 PM »
BOODSKAP 17 Januarie 2022 weet jy dat God jou lief het?

Vriende, kom ons vat weer hande, kom ons loof en prys God tesaam en dra mekaar, want hoe weet jy wat binne-in jou maat langsaan se hart aangaan. Is daar dalk ‘n seer in jou hart wat jy sou wou hê iemand moet help dra … al weet daardie een nie wat die seer is nie?

Kom ons sluit ons oë en buig ons hoofde neer in aanbidding. Ons vat hande in ‘n kring en dra hierdie handevat oor aan iemand wat ver is, of wat nie weet hoe om te bid nie.

Wie is God regtig? Weet jy dat Hy jou lief het, net soos jy is? Ja, maar hoe kan Hy my met my vuil sonde liefhê, wil jy vra. Hoekom, ja hoekom?   

Het jy al ‘n skouer gesoek om op te huil; om ‘n seer of bitterheid op af te pak, maar daar was niemand wat jy genoeg vertrou het daarmee nie? In donker dae en diep dongas van angs besluit jy om alleen na die lig te soek. Jy dwaal rond, verdwaal en word banger, dan draai jy om en stap ‘n ent terug op jou angspad. Jy probeer uit die donga klim, voel-voel teen ‘n donker skuinste, maar val terug en bly dan lê, vol skaafplekke wat brand.

Teen hierdie tyd maak jy jouself wys dat die dood nou en hier verkiesliker is as om weer lewenslig te soek. En so gaan sit jy op ‘n hopie, krul jou bene teen jou lyf vas en gee jou heeltemal oor aan die verlorenheid. Selfs jou ore is gesluit; geen geluid bereik meer jou hart nie.

Maar hoekom? Hoekom wil ons nie, voordat ons die wal afval, iemand vertrou nie? Omdat jy vrees dat dit wat jou pla, wat jy verkeerd gedoen het, wat jou na sonde toe lok, die ergste is wat enigiemand nog ooit gedoen het. Jy vrees verwerping van jou geliefdes en die spot en lekkerkry van ander.

Kom ek vra jou weer: weet jy dat Hy jou lief het, net soos jy is? Ja! Omdat Hy jou as rein en skoongewaste sien. Hy sien jou soos wat Christus jou voor Hom neerlê. Hy sien nie meer die sonde nie, want Hy het jou lief. Besef dan nou dat Christus daardie sonde van jou weggevat het en dit oorwin het. Hy is gemartel, tot verminking toe en in daardie helse liggaamlike pyn moes hy ‘n dwarshout vir sy kruis dra, tot Hy inmekaar gesak het. En die pyn van spykers en dorings deur die pyn van sy gegéselde lyf ook nog dra.

Daarom kán en móét ons weet en glo dat ons sonde saam met Hom graf toe is, maar daar agtergebly het, want Hy het opgestaan en dit alles oorwin! Of glo jy eerder dat sy onmenslike lyding nie genoeg was nie. As dit nie vir jou genoeg was nie, wat soek jy dan nog? Nee sowaar, dit kan tog nie dat jy Hom nie met jou angs, pyn en vrees vertrou nie; dat jy nie in sy Liefde glo nie.

Ja, glo in Hom, dan hoef jy geen mens te vrees nie. Stap in sy Voetspore en help elkeen wat jy raakloop langs die pad, om ook só saam te stap. Geniet hierdie nuwe week.

Evangelie-groete met liefde.
adéle theron
adéle  :grommit: