Author Topic: Kersfees - Christusfees  (Read 1721 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Kersfees - Christusfees
« on: December 22, 2021, 09:57:44 AM »
Oor drie dae is daar op die kalender ‘n vakansiedag gemerk, nl kersdag. Ek kry die volgende aanhaling op Internet se Wikipedia:
“Kersfees, vanuit Kerst, 'n Middelnederlandse naam vir ‘Christus’, en dus letterlik Christusfees, is 'n tradisionele herdenkingsdag op die Christelike kalender wat plaasvind op die vyf-en-twintigste (en ses-en-twintigste) dag van Desember en vier die geboorte van Jesus.”

Ek wou graag ‘n paar gedagtes deel, maar tussen al die beskrywings, sienings en menings, sêgoed en musiek oor kersdag, vergeet ek later waarna ek aanvanklik gesoek het toe ek Google ingevaar het. Ek wou meer weet oor ‘n werklike Christusfees. En keer op keer kom ek terug na die Bybel langs my op ‘n tafeltjie. Daar vind ek wat ek soek en nodig het. Die enigste vertelling en beskrywing van die “inleiding of aanleiding” die hele Ou Testament deur, nl God se beloftes oor Jesus se koms, die redding wat Hy gaan bring en die profete se woorde daaroor; dan die aankondiging en geboorte van Christus in die Nuwe Testament. Wat meer het ons nodig?

Deur Matthéüs en Lukas se vertellings, kan ek my verbeelding laat gaan na daardie tyd, ongeveer 2000 jaar gelede. Daar is ‘n kaart wat aandui waar Nasaret was, en Josef en Maria moes daarvanaf na Bethlehem gaan. Hoe lank het hulle gestap en wat het alles op die pad gebeur? Wie het saam met hulle geloop en waaroor het hulle alles gesels? En die hele tyd het Josef en Maria gewonder wanneer hul seuntjie wat hulle Jesus moes noem, gebore sou word. Dit laat my wonder of hulle twee baie met ander reisigers gesels het, of hulle gedagtes nie te vol van die wonderlike gedagtes wat die engel aan hulle meegedeel het, was nie.

En, soos met alle moeilike dae en ervarings wat christene vandag nog deurmaak … want geen christen het dit in hierdie wêreld maklik nie … het daardie twee mense geen maklike paar weke en maande beleef nie. Eers die gesukkel om ‘n redelike blyplek te bekom, toe moes hulle ‘n paar maande later na Egipte vlug en later met ‘n ompad huiswaarts keer.

Maar nooit het Josef en Maria gesê “ons wil nie …” Nooit het hulle teruggedeins voor die groot taak wat hulle opgelê is nie. Die ster en besoek van die herders, die engelgesange daar om hulle in die nag, en wie weet hoeveel liefde hulle van ander mense gekry het, is deel van alles wat Maria, soos dit genoem word, in haar hart bewaar het. Lukas 2: 19 maar Maria het al hierdie woorde gekoester en in haar hart daaroor bly nadink, en ook later,(nadat hy op 12 jarige ouderdom in die tempel agtergebly het) in vers 51Maar sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.

Die geboorte van Jesus Christus was die een wonderwerk op die ander en dis vir ons onverstaanbaar dat baie mense dit geensins glo nie. Maar ons glo omdat ons in Hom glo en die enigste wat God van ons verwag, is om dit aan almal te vertel. En dit kan ons net doen as ons dié tyd elke jaar waarlik as ‘n Christusfees gedenk, nie deel in ‘n wêreldse kersfees gevul met mammon-uitbuitery nie. Moenie net jaag van een vakansiebestemming na ‘n volgende, sonder om stil te raak en waarlik die geboorte-herdenking van Jesus met lofsang en lofprysing deur te bring nie.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kersfees - Christusfees
« Reply #1 on: December 22, 2021, 10:13:31 AM »
Soos altyd laat jou gedagtes my stilstaan en dink.  Dit is so dat kersfees vir baie mense net vakansietyd en geskenke inhou.  Dan, aan die anderkant, is dit vir baie mense die enigste tyd wat hulle by hul familie kan kuier. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kersfees - Christusfees
« Reply #2 on: December 22, 2021, 11:08:55 AM »
Dis die grootste voorreg om 'n Christusfees saam met familie te vier, en hoef steeds nie te mammon nie ...  :love7:  :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kersfees - Christusfees
« Reply #3 on: December 22, 2021, 11:23:07 AM »
Dit is voorwaar 'n voorreg.  Ons sit hier alleen terwyl al ons kinders in die buiteland is.  NZ se grense is nog toe.  Amsterdam s'n ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kersfees - Christusfees
« Reply #4 on: December 22, 2021, 11:56:16 AM »
Dis sleg, vriendin,. Jip my kinders wag ook vir NZ om oop te maak.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kersfees - Christusfees
« Reply #5 on: December 29, 2021, 08:43:04 AM »
Ek verstaan dat NZ in Februarie 'n hersiening het vir die oopmaak van die grense. Ons sal maar wag en sien. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kersfees - Christusfees
« Reply #6 on: December 29, 2021, 08:35:57 PM »
Ek het ook so verstaan, ons kinders sal seker volgende week weer inligting kry.
adéle  :grommit: