Author Topic: Jonathan, Elisa en Christus  (Read 1074 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Jonathan, Elisa en Christus
« on: December 22, 2021, 09:53:01 AM »
Boodskap 20 Desember 2021

Ek groet julle, vriende …

Die laaste paar dae voor ons Christusfeesdag lei my na Elisa, die profeet wat Elia opgevolg het, en Jonathan. Tydens Donderdag se Geloftediens, het ds Jan de Wet ons iets vertel van Jonathan, seun van Saul, en sy wapendraer. Die man wat Jonathan gehelp het om die Filistyne aan te val. Ons lees die gebeure in 1 Samuel 14:6 Jonatan sê toe vir die jong man wat sy wapens dra: “Kom ons gaan oor na die garnisoen van hierdie onbesnedenes. Miskien help die Here ons, want daar is vir die Here geen beperking om deur baie of deur min te verlos nie.”

Jonathan het eers vir sy dienskneg vertel hoe almagtig God is, die God wat deur die Israeliete aanbid word, in wie hulle geglo het. Die filistyne was baie, in slagordes opgestel rondom Saul en sy paar honderd manskappe opgestel. Boonop het die Israeliete geen wapens gehad nie, behalwe net Saul en Jonathan, want die filistyne het lankal gesorg dat daar in Israel geen grofsmid meer was nie. Maar daardie dag het God die filistyne verslaan. (Lees daarvan in 1 Samuel 13)

Dieselfde het met Elisa gebeur; sy dienskneg het beangs gekyk na die duisende van vyande rondom hulle. Ek lees 2 Konings 6:15 en verder …Toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar sowaar 'n leërmag met perde en strydwaens om die dorp! Sy dienaar sê toe vir hom: “Ag, my heer, wat moet ons doen?” 16Maar hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, want hulle wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is.”
 17Elisa het toe gebid en gesê: “Here, maak tog sy oë oop, dat hy kan sien!” Daarop het die Here die dienaar se oë oopgemaak, en hy sien toe – sowaar, die berg rondom Elisa is vol perde, en strydwaens van vuur!

En weer het God verwarring in die vyand se laer gebring, soos baie ander kere ook. Ja, elke keer het God as Oorwinnaar uit die stryd getree.

Maar keer op keer het Israel weer afgedwaal, het hulle agter ander gode aangeloop, gemeng en ondertrou met heidense nasies. En die uiteinde daarvan was dat God op ‘n dag moeg geraak het daarvoor. Ons weet dat God hulle jare lank in ballingskap in Babilonië laat swaargekry het, tot hulle weer teruggetrek het na die Beloofde Land en  dit opgebou het. Ook dat God op ‘n dag gewyk het van die kinders van Israel, ongeveer 400 jaar geen woord meer deur hulle profete met hulle gepraat het nie. En onder die Romeinse oorheersing het hulle nog swaarder gekry.

En toe is Jesus Christus gebore. Die grootste omwenteling in die mensdom se bestaan. Die troon en koninkryk van Dawid sou vir ewig bestaan, en in Christus se koms, is dit vervul. Wat ‘n vreugde, wat ‘n lus om Hom te loof.

Maar omdat Israel, die volk wat deur God uitverkies is, Hom nie wou aanvaar en in Hom glo nie, het die tempel se voorhangsel geskeur en so het mense uit alle nasies en tale, toegang gekry tot Christus se verlossing en die Ewige Lewe.

Vriende, ons dwaal so maklik af. Maar in Christus kry ons krag om nie in dit wat ons so treiter en mislei, te volhard nie. Kniel neer, vra vergifnis by Hom. Gee vergifnis aan hulle wat jou seermaak en woedend maak.

Loof en prys Hom. Moet nie deel raak van die wêreldse kersfeeskultuur wat om mammon draai nie. Onthou dat julle, as gelowiges in Christus, die tyd moet gebruik om mekaar te herinner aan Christus se wonderwerk-koms en nederige lewe op aarde. Die voorbeelde wat Hy aan ons gestel het, is so baie en die Ewige Lewe waarheen Hy ons lei, is onbeskryflik wonderlik.

Hiermee groete ek tot ons weer kuier. Mooi dag vir elkeen. Totsiens.

Bybelaanhalings uit die Direkte Vertaling 2020
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jonathan, Elisa en Christus
« Reply #1 on: December 22, 2021, 10:20:18 AM »
Dankie vir die mooi boodskap Adele. 
Om te weet is om te verstaan.