Author Topic: Hannes se heupvervanging  (Read 3166 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hannes se heupvervanging
« on: November 18, 2021, 04:54:25 PM »
Hannes gaan more vroeg in hospitaal toe om sy heupvervanging te doen.  Ek glo dat alles goed sal verloop.  Ek sal kom nuus aandra.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hannes se heupvervanging
« Reply #1 on: November 18, 2021, 08:41:26 PM »
Baaaie sterkte, baie liefde. Ons hoopglo hy gaan gou weer saam met jou huppel en dans.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hannes se heupvervanging
« Reply #2 on: November 19, 2021, 05:01:28 AM »
Gerhard het hom kom haal hospitaal toe.  Hy is so pas hier weg.  Dit voel of my heup afgeruk is.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Hannes se heupvervanging
« Reply #3 on: November 19, 2021, 07:57:57 PM »
Ek hoop hy sterk mooi aan, en dat alles klopdisselboom gaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hannes se heupvervanging
« Reply #4 on: November 19, 2021, 08:02:25 PM »
Dankie Antjie.  Die dokter het X-strale geneem van die prostese en alles is mooi in plek.  Hannes sê hy het nie erge pyn nie, net sy keel het seer gekry met die pype.  Dit sal sekerlik vinnig opklaar.
Dankie vir die ondersteuning.  Ek waardeer dit.  Voel nogal eensaam en verlate.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hannes se heupvervanging
« Reply #5 on: November 28, 2021, 01:41:36 AM »
Dit gaan sommer baie goed met Hannes.  Hy stap al die wêreld vol en help homself met baie takies.


Mense, ek is die slegste "carer" wat jy ooit sal kry.  Om na siekes om te sien is nie vir my nie.  Toe ek gebore is, is my geduld saam met die waswater by die deur uit!  (My dogter sweer daarby dat jy in die beste hande is as jy in haar ma se
 hande is.  :bootyshake: )  Hulle sê mos "Beauty lies in the eye of the beholder."


Maar nou-ja, laat ek maar terugkom na die onderwerp.  Is dit nou dat dit goed gaan met Hannes of is dit nou dat dit beter gaan met my?


Dit gaan beter met my.  Ek het my liefie stap vir stap geleer hoe om dingetjies vir homself te doen. (Hy loop mos met krukke.) Ek het een van my sagte leer handsakkies geneem en dit om sy nek gehang.  { 'n Wonderlike vriendin van my in NZ het besluit dat ek 'n handsakkie nodig het.  Ek gebruik mos nie sulke goed nie.  Tog, sy het sekerlik 'n gevoelentheid gehad dat dit 'n item is wat ek nog baie in my lewe gaan nodig hê!}   Daarin kom sy pille vir die dag, sy selfoon en sy TV-kontrole. 
Sien, nou hoef ek nie kort-kort te hardloop as Oupa iets nodig het nie.  (Veral daardie selfoon wat so onophoudelik kan lui, net sodra Oupa in die toilet is!)

Die wonderlike man wat ek in my lewe het, het besef dat hy wel dinge so staan-staan kan doen.  Hy maak steeds die koffie in die oggend, ek bring dit net tafel toe. 

My wonderlike man het my die heel middag gehelp om die maand se vleis vakuum te verpak.  (Ek maak die pakkies en hy seel dit!)

3 Murgpampoentjies kos R10.00.  'n Hele sak murgpampoentjies (minstens 30)  kos R36.00.
Ek sny die pampoentjies in die helfte, hy grou die pitte uit, en ons kook dit op, dop dit uit en verpak dit. Oupa vakuum dit en daar het jy dit! Bob's your uncle!  (Onthou, ons moet vir Oupa besig hou!)

So, dit gaan goed met Hannes en net so goed met my en ons is lief vir julle!  :bootyshake:




Om te weet is om te verstaan.