Voorstelle en klagtes > Die Hoof se kantoor

Forum upgrade

(1/2) > >>

Naas:
Ek weet hoekom Ta Raatjie en ek nie al die funksies van die forum kan access nie.
Ons gebruik verouderde weergawes van die forum. Die nuutste weergawe is 20.0.18.
Ek hardloop 20.0.15 en ek is seker daarvan Ta Raatjie s'n is nog ouer.
Die opsie om te upgrade by Moderate werk nie. Ek het dieper gaan krap maar verstaan nie 'n enkele woord van die prosedures om te upgrade nie.
Dit lyk asof mens die upgrades een een moet doen. Maw van 20.0.15 na 20. 0.16. As dit klaar is van 16 na 17 ens. Jy kan nie direk na 18 upgrade nie.
Maar soos ek sê, die instruksies is nie leekvriendelik nie.
Kan jy vir Jan Dink vra of hy iets kan skryf sodat ons net op 'n link klik en upgrades doen hulself?
Dis al hoe dit gaan werk. Ek kan vir Willa gaan kuier en hulp vra maar ek dink nie Ta Raaitjie gaan by Willa uitkom nie.


 :icon_bigsmurf:

PM:
Ek gaan sommer nou vir Jan Dink vra.  Ek verstaan daardie deel dat dit nie "leekvriendelik" is nie.  Ek het dieselfde ervaar. 
Sodra ek die antwoord kry sal ek kom verslag doen. 

Meraai vannie Baai:
Ek was al skoon skaam omdat ons nie regkom nie julle  :angel4: Duisend dankies Naas, PM.  :notworthy:

PM:
Raaitjie, Hannes sê hy is BBC.  Born before computers.  Julle het nie nodig om skaam te voel nie, ek moet my skaam, want jy het al gesê jy kan nie foto's sien nie.   :color:

PM:

Jan Dink antwoord

Hallo Petra,
Almal gebruik dieselfde weergawe van die forum.  Dit is op die server installeer en nie op elke persoon se rekenaar nie.Dit is dalk moontlik dat party mense verouderde web browsers het, wat nie so lekker met al die forum funksiese werk nie.Ek kan die forum vir julle opgradeer na die nuutste weergawe.  Dit is dalk 'n goeie idee vir sekuriteit etc.
As die probleem is dat mense ou weergawes van browsers gebruik, of dalk heeltemal ou browsers soos Internet Explorere (wat niemand meer moet gebruik nie, behalwe as jy hou van moeilikhied en virusse... :-) ), dan gaan die forum opgradeer nie die probleem oplos nie,maar dis nog steeds 'n goeie idee om die forum op te gradeer.
Groete

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version