Voorstelle en klagtes > Die Inligtingkantoor
Lekker FM blootstelling
PM:
Toe kry ek vanoggend 'n baie hulpvaardige dametjie en sy sê ons moet net vir haar 'n briefie skryf en 'n uiteensetting doen van wat ons op die forum doen. Sy sal dit vir ons gratis plaas. Hulle reel 'n onderhoud met ons, dan kan ons vertel wat ons doen. Mense, ek is nie 'n publieke spreker nie. My broek sal bewe.
Kan ons asseblielf saamwerk om 'n e-pos saam te stel wat ons aan haar kan voorlê.
As ek dit nie mis het nie het ons in Maart maand 2011 begin.
Eerstens is dit gratis.
Wat is ons hoofdoel? Ons liefde vir Afrikaans en leersame artikels.
Pragtige bydraes van Raaitjie oor rare mediese probleme?
Ons moet noem dat elke skrywer sy eie plekkie kry waarin hy/sy se skryfwerk kom. Gedigte en kortverhale?
'n Plekkie waar almal in liefde saam kuier.
Asseblief help!
Naas:
Jy het dit. Jy gaan nie in die publiek praat nie. Sy kan vir jou haar vrae vooraf gee sodat jy kan voorberei. Haar vrae gaan gebaseer wees op wat jy in vooraf notas vir haar gee.
Wanneer die onderhoud plaasvind is dit net jy en sy in ateljee. En ek nog nooit gesien dat jy nie dadelik met iemand oor die weg kom en hulle ore afpraat nie.
(fluister fluister... Los net die rooies vir na die tyd anders red jy nog haar huwelik ook)
:icon_bigsmurf:
Meraai vannie Baai:
Stem saam met Naas. Jy antwoord net die vrae. Baie geluk PM en duisend dankies dat ons deel kan wees van hierdie spesiale gaatjie in die kuberruim.
:love7: :notworthy:
Meraai vannie Baai:
PM, ek wonder of dit moontlik is dat ons 'n afdeling skep vir die mediese goete? Op die oomblik is PH en Hallusinasies op my persoonlike blad. Die ander is op verskeie erwe en dit sal dalk makliker wees as dit alles bymekaar is? Ek sal dit dan self oorskuif as jy 'n hoekie geskep het vir dit. Ek dink veral ook aan jou bydrae oor beroerte. Alles is op verskillende plekke :icon_biggrin:
PM:
Goed, ek het in die biblioteek twee onderwerpe bygevoeg. As jy enigsins iets verander wil hê moet jy net sê. Jy is ook moderator daar, so ek glo nie jy sal probleme hê nie. Praat net, ek help graag.
Naas, :color: dit is heeltemal 'n ander saak om tussen vriende te kuier as tussen vreemdes. :sign10: vir die huwelikredstorie!
Jy weet dan, as PM begin is daar nie 'n einde nie. :love7:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version