Bak en brou > Kom ons verloor gewig

NATANIEL SE BRUINRYS DIEET

(1/1)

PM:

NATANIEL SE BRUINRYS DIEET

 Die basis1 ½ koppie bruinrys
 ¾ koppie bruin lensies
 2 eetlepels sojasous
 1 teelepel kerriepoeier
 2 eetlepels olyfolie
 1 eetlepel bruinsuiker
 seesout en varsgemaalde swartpeper
 2 tamaties, gekap
 1 ui, gekap
Spoel rys en lensies af en gooi saam met 1 eetlepel sojasous en kerrie in kastrol. Geur liggies met seesout. Bedek met water en kook tot gaar. (Gooi bietjies water by soos nodig, sodat jy nie die gaar rys hoef te dreineer nie.En moenie die goed pap kook nie, kou is al oefening wat ons nog kry.)
 
 
 Roer res van sojasous, suiker, olie, tamatie en ui by warm rys en geur met peper.
 Vars kruie soos pietersielie, koljander, grasuie of basiliekruid kan ook bygevoeg word. Soveel soos jy wil.
Roer elke dag iets anders by
Dag 1: 1 groen of rooi soetrissie, gekap (kan gerooster wees)

 Dag 2: 2 koppies gaar aspersies of sampioene (nie gebliktes nie!)

 Dag 3: 1 blikkie fyn tuna, gedreineer

 Dag 4: vars pynappel, in blokkies gekap

 Dag 5: 1 koppie geelwortels, in blokkies gekap en gestoom tot net gaar. As jy van 'n byt hou, kan jy 'n klein, ontpitte brandrissie fynkap en byroer.

 Dag 6: groen groente soos spinasie, brokkoli, kool of preie, gekook of gestoom tot net gaar, maar ferm

 
 Dag 7: 2 koppies fyn gaar hoender (want dis Sondag)Eet dit warm of koud, net wanneer jy wil, soveel jy wil. Maar leer om na jou lyf te luister, mens eet net wanneer jy honger is.
 As jy dors is, drink water of swart tee. 

 Moenie langer as 2 weke só eet nie.

PM:
Ek het op hierdie "resep" afgekom en besluit ek moet dit deel. 
Soos ek dit lees hoor ek hoe praat hy.   :love7:

Meraai vannie Baai:
"Kou is al oefening wat ons nog kry"  :headbang: :hello2: :love7: Ek steel. Ons lief bruinrys en hier is nou heerlike byvoegings. Met 'n slaaitjie by kan die ene dalk werk vir my... ek en diete is nie maatjies nie.

PM:
Moenie alleen voel nie Raaitjie.  Wie hou dan nou van 'n dieet.  Ek sien nou weer vandag, hoeveel keer moet ek myself aanspreek:  Nee!  Jy is op dieet, los dit maar! 
Ag sies.  Kon ek nie ook maar 'n vinnige metabolisme gekry het nie?
Ek het 'n vriendin wat so maer is soos 'n plank, sy eet enige ding heeldag lank! 
Ek kyk net hoe eet sy dan word ek vet!   :crybaby2:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version