Bak en brou > Kom ons verloor gewig

"Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"

(1/5) > >>

PM:
ulle....ekke deel mos altyd graag...
 Hier komit.... daai deng...... Ek mag seker nie deel nie, want julle weet mos die poppie-polisie. Maar dan noem ons mos maar hierdie die
 "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
 Dis belangrik dat ons nie iets noem van 'dieet' nie, dis n verskriklike vloekwoord, wat die vette mos laat klou soos bosluis aan bul se b.... bakoor,,,,, Nee.. ons noem dit eet-plan.
 
 So elke oggend van jou lewe eet jy dieselfde ontbyt,
 Eleke middag van jou lewe eet jy die middagete
 Elke aand van jou lewe eet jy die aand eetplan.
 
 Jy mag die dae omruil, maar nooit die etes nie. Dis baie belangrik, want dis mooi uitgewerk. En bitter belangrik om niks tussenin te eet nie.
 Baie belangrik om BAIE watertjies te drink, probeer n glas so halfuur voor en na etes ...
 Glo my, ek het al heelwat gekroek, en ek verloor centimeters hoor....
 MOENIE n gedeelte nou  EET, EN LATER DIE ANDER DEEL NIE. BAIE BELANGRIK OM TE SIT EN DIE ETE KLAAR TE EET.
 
 ONTBYT:
 1 tot 2 eiers elke oggend, met een hele pomelo of 100% pomelo sap.
 Jy mag sampioene of tamatie in jou eier meng
 Net sout en peper, moenie souse of botter, olie of aromat gebruik nie.
 Die eiers kan enige manier gaargemaak word. Gebruik spray n cook
 Jy mag jou koffietjie en teetjie drink, niks daarmee fout nie, hou dit net matig met suiker.
 
 VRUGTE: Waatlemoen, Aarbeie, pynappl, pomelo, pawpaw, kiwi, pruime, appels, nectarine, sweet melon, mango (ek vra vreeslik omverskoning vir die taal, was n slegte hoesie wat dit veroorsaak het)
 GROENTE: Groenbone, Broccoli, spinasie, kool, cauliflower, lemoen pampoentjie, soet rissies, baby marrow, brussel spruite, avos, komkommer, samioene, blaarslaai, tamaties, sprietuie, olywe, seldery
 BROOD: Gebruik daardie harde bruin broodjie met die sade in...en berg hom in n yskas, hy hou lekker lank.
 SUURLEMOENE: Koop n paar varses, druk uit of gooi skywe in vars water, dit help as mens sou honger word, maar jy behoort nie honger te word nie.
 SELDERY, komkommer en avo... Ek sny seldery mooi en komkommer, en draai in foelie toe en sit in my yskas, dit hou sommer lank. Ek kon nooit seldery inkry nie, nou sny ek dit in blokkies, gooi sout en peper en asyn, en dis lekker EN SPEEL N BAIE BELANGRIKE ROL
 EIERS: Die middag etes met eier, en spinasie raak soms erg, dan kan jy die spinasie met blaarslaai of tuna (in water) vervang.
 
 So nou begin ek by dag 1 tot 7. Onthou ek sit nou nie ontbyt in nie, dis mos klaar genoem:
 Begin dag1 altyd op n Maandag, dan werk dit lekker, ek duiwel pal af die pad af, rol oor n biltongtjie, stamp my toon teen n samoesatjie, sny my vinger met n krummelpap-dingetjie, verstuit my hand teen n braaibroodjie, maar gelukkig val ek nou nie weekliks of daagliks nie, net so nou en dan.
 
 DAG1:MIDDAG
 Vrugteslaai, soveel jy wil.
 AAND:
 Steak, sonder olie en souse, met tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer en enige 2 groentes gebraai of gebak. Die porsie maak nie erg saak nie.
 
 DAG2: MIDDAG
 Koue hoender, slaai en n pomelo
 AAND:
 1 tot 2 eiers, gekook, gebrei, omelet, drogere toast (hoesie, verskoning) en n pomelo
 
 DAG3: MIDDAG
 1 tot 2 eiers (sien soos ontbyt of geroer of omelet, met pomelo
 AAND:
 TWEE tjoppies of een groot stukkie varkvleisie, seldery, komkommer en tamaties
 
 DAG4: MIDDAG
 Vrugteslaai soveel jy wil he
 AAND:
 Steak, tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer, en 2 groentes
 
 DAG5: MIDDAG
 Eiers, spinasie en feta
 AAND:
 Vis, gebraai, gekook, gestoom... slaai, droge toast (slegte hoesie) en pomelo
 
 DAG6: MIDDAG
 1 tot 2 eiers en spinasie
 AAND:
 Groot steak, seldery, komkommer en tamaties
 
 DAG7: MIDDAG:
 Vrugteslaai soveel jy wil he
 AAND:
 Steak, tamatie, blaarslaai, seldery, komkommer en 2 groentes
 
 Onthou dis n eetplan, nie n dieet nie.
 En meet of weeg op Vrydae vir inspirasie....

PM:
Daars hy nou.  Nogmaals dankie Antjie Patat.   :love7:

Antjie Patat:
Oja, en hulle seg...as jy nie groot steak eter is nie, mag jy maalvleisie insit, en frikkadel maak... onthou net, geen room, kase, dik souse, of soet speserye nie. net wat die plan se. Hou daarby, anders gaan dit nie werk nie

PM:
Ek verstaan wat 'n eetplan beteken, maar as ons kom by kaas en room, dan is dit die rede hoekom ek elke jaar vir 8 maande op 'n keto dieet is.   :icon_biggrin:
Ek is baie soet wanneer ek dieet.  Niks gekullery nie. 

Antjie Patat:
verstaan hoekom ek soms so trip.... jammer...slegte hoesie

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version