Die kuierstoep > Bekgeveg
Bedelaar swendelaar
PM:
Ek is harteloos, sielloos.
Vandag, weer en weer, sien ek 'n vrou op die hoek by die robot, die een handjie waai soos Queen Elizabeth wat die skare toewuif, die ander hou 'n sambreel vas.
Voor haar voete lê 'n amper tweejarige en slaap, op haar rug 'n "baby" van seker so agt maande oud. Die son is warm, die sambreel se skadu val nie ver nie.
Hoe kan jy, hoe kan jy dit doen! sonder werk, sonder geld? Hoeveel kinders het jy nog by die huis?
Eish!
Op die volgende hoek staan 'n blanke man. Hy is vuil, hande is swart, verwaarloos, hou sy hand uit vir 'n geldjie, maar uit die hoek van sy mond hang 'n sigaret! Skuus? Wil jy my hardverdiende geld hê om sigarette te koop? Voertsek man, voertsek! Dit is pure slegtigheid. 'n Mens kan jou hande gaan was by enige vulstasie, of in 'n winkelsentrum. Daardie vuil swart hande is net bedoel om mense se simpatie te wek. Siesa man, siesa!
Meraai vannie Baai:
My takies afgehandel en ek neem 'n welkome breek. Natuurlik kry die forum ook 'n beurt. PM, ek verstaan ten volle hoekom jy so siesa-reageer het op die blanke man se bedel. Hier by ons staan ou gryskopmanne (meestal voor die voet blank) langs die pad saam die ander padwerkers. Deur storms en Outback son. Al swaai hy net die ry-stop-bord, maar hy verdien dollars. Goeie dollars! Daar is so skaarste aan vrugte- en groenteplukkers dit is net nie waar nie. Maar dit is makliker om bakhand by die staat te staan en op 'dole' te gaan. Hoekom wil jy werk as jy verniet geldjie kan kry? Jy kan net raai WAT word gekoop met daardie dollars.
PM:
As ek die regering was het ek elke bedelaar op 'n hoek gevat, hom/haar betaal om papiere op te tel en dit onwettig maak om te staan en bedel. Ek sê mos ek is harteloos, maar regtig?
En daardie "dame"? As sy staan dan bedel sy, as sy lê dan stekel sy!
Meraai vannie Baai:
Stekel en teel .... wie gaan kom aanvul? Ons mos hoekal lanklaas saamgegriffel aan iets :angel4:
PM:
Staan en steel, lê en teel.
Hannes sê hulle doen dit net vir die "grant". Hulle sal my baie meer as dit moet betaal!
Jy weet, wat my die kwaadste maak is dat daar geen toekoms vir daardie kinders is nie. Hulle sal self bedelaars word, want waar kom skoolgeld en skoolklere vandaan?
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version