Author Topic: Niksvreet  (Read 4281 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Niksvreet
« on: November 04, 2021, 07:17:55 AM »
My vrou, dis nou die een wat die remoer versprei dat ek getroud is. Daai een...
Sy het nou op die internet gelees van die Jappeneus of shineus of een of ander neus wat die nobel prys gewen het vir sy navorsing oor "fasting".
Ek weet nou nie hoeveel sy van die neustaal verstaan nie maar nou moet ons "fast"
Vir die wat nie die vertaling verstaan nie, dis nie fast soos in vinnig nie, nee, dis fast soos in niksvreet.
Van drie etes 'n dag af na drie dae 'n eet.
Verstaan nou vir my mooi. Eet is die enigste plesier in my lewe.
Ek moes drank los. Ek moes sigarette los. Ek moes seks los. En dit alles vir botter en vir wors.
EN NOU. Nou moet ek nog die botter en wors ook los.
Verdomp. Ek is nou al tussen 60 en vrot nou moet ek wragtag nog die laaste plesier in my lewe opgee.
Ek sweer ek gaan haar wifi afsit.
En as ek een keer in 'n skrikkeljaar eet moet dit keto wees. Ek ken nie eers vir keto nie maar hy gaan blykbaar my ongeneeslike diabetes genees. Ek is so opgewonde want hier kom een splinternuwe pankreas deur die hongerpyne aangewals.
Geen suiker nie. Fffferdomp. Het julle al agter gekom... alle lekker kos het suiker in. Geen brood nie. Ffferdomp. Dit sluit braaibroodjies in.
Ek moet liewerste nou stilbly want my selfoon is nou al papnat gekwyl.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Niksvreet
« Reply #1 on: November 04, 2021, 07:31:07 AM »
Onthou Oom Naas vir Bles. Dis nou Oupa se merrie gewees.
Oupa het mos besluit omdat die droogte nou die voer so verminder het moet Bles minder eet.
So elke dag het Bles minder voer gekry. Dit het vir Bles goed gedoen. Sy het weer mooi lyf gekry. Die vetjies van rondstaan in die veld het verdwyn.
En net toe sy nou mooi gewoond is aan niks vreet nie toe vrek Bles mos nou.
Oupa was baie bewoë.
Die veeartsie sê Bles het een of ander anno ereksie siekte gehad. Ek verstaan nie so mooi van die anno ereksie nie want sy was mos 'n merrie.
Maar Oom Naas moet net versigtig wees. Ek weet nie of mense ook anno ereksie kan kry van te min eet nie maar dit sal darem 'n groot skande wees as Oom Naas nou doodgaan van daai anno ereksie en dit nog met 'n splinternuwe pankreas en al. (En dan gaan hulle met die anno ereksie besigheid dalk nog sukkel om Oom Naas se kis toe te kry ook)
Nee o genade, as ek Oom Naas is eet ek liewerste skelmpies wanneer Ta Elmarie by die werk is. Gelukkig werk sy baie.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Niksvreet
« Reply #2 on: November 04, 2021, 08:22:48 AM »
Daai kis storie van jou maak my nogal benoud. Klink vir my dit kan nogal ongemaklik raak daar binne as hulle hom moet toe forseer.
Onthou jy Oom Vatterige Frans wat aan 'n oordosis viagra oorlede is. Hulle vertel hy het sommer self sy kis van binne af toe gespyker.
Nee O Hallie Ha Assie! Hierdie niksvretery ding gaan nie werk nie. Ek dink ek sal meer gereeld plaas toe moet kom vir sago poeding.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Niksvreet
« Reply #3 on: November 04, 2021, 08:37:57 AM »
Woordwurm/spaghetti vers.

HET JY

Alweer
Tussen
Etes
Ge
Snack?

HET JY?

natuurlik

Het
ek
tussen
etes
ge
snack

natuurlik.

HOE KON JY

Tussen
Etes
Snack

HOE KON JY?

Ek moes

Want
etes
is
drie
dae
uitmekaar.

Ek moes.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Niksvreet
« Reply #4 on: November 04, 2021, 09:31:51 AM »
Verdomp Assie. Nou moet ek hoor kersfees by ons is met twee dae uitgestel want ons eetsiklus is eers twee dae NA kersfees.
EEENN!!! Wag vir dit...

Dan mag ek net die neute en kersies van die kerskoek eet.
NOU VRA EK JOU met trane in my navy blue eyes...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Niksvreet
« Reply #5 on: November 04, 2021, 11:11:50 AM »
Naas, hulle seg 'n skoonheid (gesondheid in ons geval) kom nie pynvry nie.  Jy moet pyn verduur om mooi te lyk, of gesond te wees.
Ek het agt maande gebloei met daai dieet.  Die "carbs" my vriend, die "carbs" het my nagmerries gegee.  Gedroom van groot dik snye tuisgebakte brood, knoffel brood, braai brood, potbrood en so kan ek aanhou.  Gelukkig het ek nie 'n soet tand nie, maar pasta en rys, mieliepap en outspap, Kraakbeskuitjies en boerbeskuit, jy noem dit maar op!  Aartappels en paptats, gebraaide mielies - stop - stop - stop!


Daar is nog baie goed waaroor ek mal is.  Dit kan jy alles eet op die keto dieet. 
Vleis, eiers, kaas, avo's, 'n lekker groot bruin sampioen in die plek van 'n rolletjie onder jou hamburger, bacon, ribbetjies ongelukkig sonder die marinade, maar lekker bruin gebraai met sout en peper is 'n wenner. 


In die agt maande wat ek op die dieet was het ek 18 kilo's verloor. 


Ek weet nou nie so mooi van die anno ereksie ding nie, want ek het nie spykers geeet nie.  :dontknow:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Niksvreet
« Reply #6 on: November 04, 2021, 11:43:16 AM »
Ek is seker daarvan jy het nie net elke derde dag geëet nie.  :hello2: :love7: :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Niksvreet
« Reply #7 on: November 04, 2021, 11:49:57 AM »
Nee o hel. Ek hou verby. Sonder eet sal ek aan die slaap raak en nie weer wakker word nie. My bloedsuiker neuk ariglik dan spin die wereld verkeerde kante toe gelyk. Oi Naas. Ek dink aan jou en sou eerlik waar skelm ge-eet het. Die baklei agterna sal die moeite werd wees want more doet ek ynste symste. Vriet skelm.  :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Niksvreet
« Reply #8 on: November 04, 2021, 11:53:29 AM »
Dis nou hier waar my selonsrosie gaan tweede kom want eet gaan ek eet.
Ek het nie meer baie dekades op die aarde nie maar ek gaan hulle ook nie honger deurbring nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Niksvreet
« Reply #9 on: November 04, 2021, 11:55:20 AM »
Ek weet nou nie of ek iewers uit die bus geval het nie.  Ek het wel ook die vas ding gedoen.  Dit is net die eerste 18 ure wat moeilik is, daarna gaan dit sommer baie beter.   


Ek het elke oggend 'n kopppie bulletproof koffie gedrink.  Toe ek die eerste keer daaroor gelees het, het ek my neus sleg op 'n knop getrek, maar later verslaaf geraak daaraan.  (Dit is nou nie as jy vas nie.)


https://irenamacri.com/recipes/bulletproof-coffee/

Kyk ook na intermediate en indermittend fasting op die net. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Niksvreet
« Reply #10 on: November 04, 2021, 12:06:07 PM »
No way... As ek moet vas kan hulle dit maar los. As daar nou een ding is wat Naas nog nooit goed kon doen nie is dit honger.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Niksvreet
« Reply #11 on: November 04, 2021, 12:12:18 PM »
As jy gaan nalees oor die vas, sal jy vind dat daar verskillende skedules is.  'n 18 ure vastyd is baie maklik.  Jy eet jou laaste maaltyd vir die dag 5 uur en dan 11 uur more kan jy ontbyt.  Dan eet jy weer normale ure.  As 'n mens genoeg water drink in daardie tyd voel jy ook nie so honger nie.
Ek het ook geleer dat 'n mens soms eet omdat jy "honger" voel, maar eintlik is jy dors.  Drink 'n lekker groot glas yskoue water, 'n mens kan nogal maklik verslaaf raak daaraan.   :icon_biggrin:


Laat weet my as jy 'n maatjie nodig het dan dieet ek saam met jou. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Niksvreet
« Reply #12 on: November 04, 2021, 12:17:10 PM »
Jy vry verniet. Water maak my roes. Kos maak my vol.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Niksvreet
« Reply #13 on: November 04, 2021, 12:19:56 PM »
Hannes sal twee krukke kry om mee te loop die eerste paar weke.  Ek sit hom op jou! 
Dieet is die moeilikste ding wat daar is.  Jou kop staan yskas toe, of jy nou honger is of nie, want jy bly lus!  Dis 'n sielkundige ding. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Niksvreet
« Reply #14 on: November 04, 2021, 12:27:55 PM »
Ek is seker daarvan ek kan vinniger beweeg as Hannes op twee krukke. Verbeel jou... Hannes jaag my en ons altwee loop. Hy met krukke en ek met die kierie.
Genade... Ek is seker daarvan die klankgrens is nie in gevaar nie.
As ek net die woord dieet hoor is ek honger.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Niksvreet
« Reply #15 on: November 04, 2021, 08:45:55 PM »
Jinne julle, jammer...maar ek my anale kanale nou skeef gelag. Nie omdat ek vir Naas se fast lag nie, maar ek lag oor die bekendheid van die niksvreet gedoente.
En die spyker gedoente... ai...goedgeestelik en net wat ek gehonger het vanaand.

Daar is twee feite in die lewe... die een is dat mense nie sleg gebore word nie, en die ander is dat vetmaakkos goedkoop is en gesonde kos duur is. Hulle moes dit net ruil... maar wie kan deesdae avo's bekostig?, ek komkommer ens someer... ?

Naas, iemand vertel my van die 28 Dae dieet...en ek loop met hom...word ek so vrek honger, my muis skuif sommer self weg op die tafel, as ek n sekere (honger) kyk in my oog kry....
Ek taamlik gewig verloor, maar ek was mos altoos nooit soet tand of lief vir sop nie.... die sop het my gewen, en die hongerte...

Nou is ek op n protien dieet, want my niggie het al 24 kg verloor in net 4 maande. Sy lyk soos n blerrie model, en ek het met my eie oge gesien.
So, ek weeg nie, maar ek meet, en ek het 10cm in 8 dae verloor... en nie eers honger geword nie.
Ek moes wel gewoond worre aan ontbyt, wat ek in my lewe na 5, nog nooit weer kon doen nie. 

 My volle begrip en simpatie.....
 


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Niksvreet
« Reply #16 on: November 04, 2021, 09:11:18 PM »
Ek was ook op daai 28 dae dieet. Het hom binne 4 dae kafgedraf.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Niksvreet
« Reply #17 on: November 05, 2021, 03:29:29 AM »
Lag ek vir jou muis wat weghol!  :icon_biggrin:   'n Mens mag nie sulke inligting weerhou nie Antjie Patattatjie, alleen eters kom nie in die hemel nie! Deel asseblief daai dieet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Niksvreet
« Reply #18 on: November 05, 2021, 04:06:23 AM »
Ek boek ook maar stilletjies 'n plek. Sal hom eers beloer lol. Ek en honger is aardsvyande.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Niksvreet
« Reply #19 on: November 05, 2021, 04:56:24 AM »
Antjie vra waar kry sy avo's.  Hier by my! Ons het een merske boom in die tuin.  Dit gooi nou avo's af vir 'n vale.  Ek maak guakamole  en vries dit  en kan nie voorbly nie.  Elke ou wat hier langs kom kry 'n sak vol. 
Dit is lekker met die keto dieet, jy kan een helfte eet elke dag en ek moet net keer of ek vreet die hele ding op.  Lekker!
Ek sê mos, Adam is met 'n avo verlei, nie 'n appeltjie nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Niksvreet
« Reply #20 on: November 05, 2021, 12:43:51 PM »
Julle....ekke deel mos altyd graag...
Hier komit.... daai deng...... Ek mag seker nie deel nie, want julle weet mos die poppie-polisie. Maar dan noem ons mos maar hierdie die "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
Dis belangrik dat ons nie iets noem van 'dieet' nie, dis n verskriklike vloekwoord, wat die vette mos laat klou soos bosluis aan bul se b.... bakoor,,,,, Nee.. ons noem dit eet-plan.

So elke oggend van jou lewe eet jy dieselfde ontbyt,
Eleke middag van jou lewe eet jy die middagete
Elke aand van jou lewe eet jy die aand eetplan.

Jy mag die dae omruil, maar nooit die etes nie. Dis baie belangrik, want dis mooi uitgewerk. En bitter belangrik om niks tussenin te eet nie.
Baie belangrik om BAIE watertjies te drink, probeer n glas so halfuur voor en na etes ...
Glo my, ek het al heelwat gekroek, en ek verloor centimeters hoor....
MOENIE n gedeelte nou  EET, EN LATER DIE ANDER DEEL NIE. BAIE BELANGRIK OM TE SIT EN DIE ETE KLAAR TE EET.

ONTBYT:
1 tot 2 eiers elke oggend, met een hele pomelo of 100% pomelo sap.
Jy mag sampioene of tamatie in jou eier meng
Net sout en peper, moenie souse of botter, olie of aromat gebruik nie.
Die eiers kan enige manier gaargemaak word. Gebruik spray n cook
Jy mag jou koffietjie en teetjie drink, niks daarmee fout nie, hou dit net matig met suiker.

VRUGTE: Waatlemoen, Aarbeie, pynappl, pomelo, pawpaw, kiwi, pruime, appels, nectarine, sweet melon, mango (ek vra vreeslik omverskoning vir die taal, was n slegte hoesie wat dit veroorsaak het)
GROENTE: Groenbone, Broccoli, spinasie, kool, cauliflower, lemoen pampoentjie, soet rissies, baby marrow, brussel spruite, avos, komkommer, samioene, blaarslaai, tamaties, sprietuie, olywe, seldery
BROOD: Gebruik daardie harde bruin broodjie met die sade in...en berg hom in n yskas, hy hou lekker lank.
SUURLEMOENE: Koop n paar varses, druk uit of gooi skywe in vars water, dit help as mens sou honger word, maar jy behoort nie honger te word nie.
SELDERY, komkommer en avo... Ek sny seldery mooi en komkommer, en draai in foelie toe en sit in my yskas, dit hou sommer lank. Ek kon nooit seldery inkry nie, nou sny ek dit in blokkies, gooi sout en peper en asyn, en dis lekker EN SPEEL N BAIE BELANGRIKE ROL
EIERS: Die middag etes met eier, en spinasie raak soms erg, dan kan jy die spinasie met blaarslaai of tuna (in water) vervang.

So nou begin ek by dag 1 tot 7. Onthou ek sit nou nie ontbyt in nie, dis mos klaar genoem:
Begin dag1 altyd op n Maandag, dan werk dit lekker, ek duiwel pal af die pad af, rol oor n biltongtjie, stamp my toon teen n samoesatjie, sny my vinger met n krummelpap-dingetjie, verstuit my hand teen n braaibroodjie, maar gelukkig val ek nou nie weekliks of daagliks nie, net so nou en dan.

DAG1:MIDDAG
Vrugteslaai, soveel jy wil.
AAND:
Steak, sonder olie en souse, met tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer en enige 2 groentes gebraai of gebak. Die porsie maak nie erg saak nie.

DAG2: MIDDAG
Koue hoender, slaai en n pomelo
AAND:
1 tot 2 eiers, gekook, gebrei, omelet, drogere toast (hoesie, verskoning) en n pomelo

DAG3: MIDDAG
1 tot 2 eiers (sien soos ontbyt of geroer of omelet, met pomelo
AAND:
TWEE tjoppies of een groot stukkie varkvleisie, seldery, komkommer en tamaties

DAG4: MIDDAG
Vrugteslaai soveel jy wil he
AAND:
Steak, tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer, en 2 groentes

DAG5: MIDDAG
Eiers, spinasie en feta
AAND:
Vis, gebraai, gekook, gestoom... slaai, droge toast (slegte hoesie) en pomelo

DAG6: MIDDAG
1 tot 2 eiers en spinasie
AAND:
Groot steak, seldery, komkommer en tamaties

DAG7: MIDDAG:
Vrugteslaai soveel jy wil he
AAND:
Steak, tamatie, blaarslaai, seldery, komkommer en 2 groentes

Onthou dis n eetplan, nie n dieet nie.
En meet of weeg op Vrydae vir inspirasie....
« Last Edit: November 05, 2021, 12:50:08 PM by Antjie Patat »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Niksvreet
« Reply #21 on: November 05, 2021, 01:07:43 PM »
Dankie Antjie Patat.  Ek het dit baie geniet om die dieet eetplan te lees.  Jou sin vir humor is verfrissend en ek hoop die hoesie waai gou oor.   :icon_biggrin:


Moenie vir my sê "'n groot stuk steak nie", want ek eet sommer die hele bees op. 
As jy sê ek kan soveel vrugteslaai eet as wat ek wil dan gaan sit ek in Fruit Stop en begin eet.  (Dan kan ek gou weer inglip vir 'n tweede (hoesie) helping. 


Ek sal sorg dat ek nie honger word nie, want ek is suurgat suur0 genoeg sonder suurlemoene ook nog.  Ek sal dit koop en vir Hannes gee, maar met al my "eetplanne"  is die arme man al brandmaer.  (Weet nie hoeveel hy nog gaan verloor met hierdie nuwe heup nie.)


Ek lief die sadebrood en is baie dankbaar vir  kug-kug, 'n toastie.  (Jou hoesie het my aangesteek)  :angel7:


Ek sal 'n nuwe Onderwerp skep en jou eetplan daar ook ingooi, dan kan ons dalk 'n bespreking daaroor aanknoop as 'n onsekerheidjie insluip.  Dalk kan ons 'n spanpoging aanwend en kom  kug-kug brag met ons vorderings. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Niksvreet
« Reply #22 on: November 05, 2021, 01:18:29 PM »
HAHAHAHAHAHA ...ek werk in hoesbuie mos....so soms kan ek net nie gou genoeg by die regte woord kom nie... dan hoes ek hom gou uit

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Niksvreet
« Reply #23 on: November 05, 2021, 01:25:13 PM »
Daar het ek nou die hele eetplan geplaas en net voor ek dit pos toe spring dit weg.  Ek weet nie wat gaan met my neukenaar aan nie.  Die "cursor" wat 'n wyser in Afrikaans is, gaan speel heeltyd tussen die ander letters dan begin ek sommer daar tik.  Helpp!
Ek gaan nou weer probeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Niksvreet
« Reply #24 on: November 07, 2021, 10:59:48 PM »
Ek bere die ene vir myself :book1: