• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Antjie Patat se lewenslesse

Started by Meraai vannie Baai, November 02, 2021, 11:27:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

In hierdie land vertrou mens nie maklik nie...
nie krieket spelers se integriteit nie,
nie die proses by staatsdepartemente nie,
en ook nie die ou wat tel nie....
maar ons doen wat reg is
en bid.

:love7: :notworthy:

*Sodra ek meer tyd het, kom ek nog lewenslesse uit ons mater se pen deel.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

Raaaaaaitjie..... jinne..... nederige dankie

Meraai vannie Baai

Ek gaan rustig deur jou gedeelte menswees plaas lief Antjie Patat en nog kom aanvul sodra dinge rustiger gaan diekant. Hierdie is die eerste van nog baie... jy moet net aanhou om met jou unieke liggie deur die forumgange te dwaal wanneer jy kansie kry. Ek het baie tyd... wag geduldig. Lief jou, maar dit weet jy mos al BAIE djares  :love7:

Antjie Patat

Hy waai mos weerskante hierdie wind van liefde, djarre al, beginte by n Boom.... en n rooi traaisiekel des-m'lewe gelede.....

PM

Ek sit net hier op my stoeltjie in die gang en wag Raaitjie.  Antjie, het jy nog daai opsommings van Pieternella van die Kaap? 
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat


Meraai vannie Baai

#7
Antjie Patat se lewenslesse:

Ons is gesit op plekke,
en in mense se paadjies,
op hulle stoepe of in hulle sitkamers
omdat ons daar bedoel is.
Ons verander mense se lewens
met elke wandel en wee....
Ons humorsin, ons mensewees,
trane, lag en spot is omdat dit
ons kenmerke as mens is.

Die oumense het nie doekies omgedraai nie, nie met gesegdes nie
en nie op die 'real deal' se agterstewe nie.

Sê my pa destyds, die elemente is iets
wat jy respek voor moet hê my kind.
Vuur, water, wind, sneeu, son...
moet nooit moeder natuur kwaad maak nie.
Jy maak ook nie kinders kwaad nie....
as jy hom moet foeter, dan foeter jy vir hom
dat hy weet hy is gefoeter, anders maak jy hom kwaad.
'n Kind wat kwaad is, verwoes alles, ook respek.

Ons speel wegkruipertjie, en soms is dit beter
om langer in die donker weg te kruip,
want die realiteit  is soms 'n monster.
Maar ons is Afrikaners,
en wat is ons beste karakter-trekke?
Ons bou op en ons kyk op
en ons beur voort.

Ek wil niks weet van op die maan land,
ek wil op die grond bly
en nie afhanklik van baie nie...
groente tuine, vrugte en speserye tonnels.
Ek wil daaraan geheg wees.

* My ouma aan ma se kant het ook altyd gesê dat alles wat 'te' aan het, is onheil, behalwe 'tevrede'.

* 'n Mens moet nie wag nie, more is wel nog 'n dag, maar dis nie te sê ek is in daardie dag nie, nê?

Hier het ek ook van jou geskaaide bydraes bewaar Antjie:

https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2391.msg34246;topicseen#msg34246

https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4338.msg34245;topicseen#msg34245

Antjie Patat


PM

Dit is so, die waarheid dra nie doeke nie. 
Om te weet is om te verstaan.