Author Topic: 'n Kort opsomming oor Daleen Matthee  (Read 2127 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Kort opsomming oor Daleen Matthee
« on: November 01, 2021, 02:51:57 PM »
Net ‘n kort opsomming oor hierdie uitmuntende skrywer.
 
Dalene Matthee
(1938 – 2005)
Die skrywer Dalene Matthee, gebore  Scott is op die 13de Oktober 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap, Suid-Afrika, gebore.
Haar vader, ‘n bouer van beroep, was Danie Scott (‘n direkte afstammeling van Sir Walter Scott) en sy vrou Hester, ‘n huisvrou. Dalene was die derde van 5 kinders.
Sy het aan  Langenhoven Hoërskool  in Riversdale skool gegaan. 
Daleen  is veral bekend vir haar vier “Bosboeke” wat in die Knysna-bos afspeel:
Kringe in
die bos
Fiela se kind
Moerbeibos en
Toorbos.
(Sien ‘n lys van boeke onder)
Sy begin haar skryfloopbaan met kinderstories en kortverhale en pak
haar eerste groot roman aan ná ‘n staptog in die Outeniqua-staproete by Knysna.
Sy doen deeglik navorsing oor die woud en sy mense.
Haar boeke is in 14 tale vertaal.
Kringe in ‘n bos en Fiela se kind word reeds vir
meer as 20 jaar as voorgeskrewe
boeke in skole gebruik. Haar werk is
onder meer met die ATKV Prosatoekenning (4 maal),
die Suider Afrikaanse Instituut vir Boswesetoekenning (2 maal),
die Switserse Stab-toekenning en
Die Departement van Kuns en Kultuur se SA Literêre toekenning (postuum) bekroon.
Sy is ook die enigste Afrikaanse skrywer van wie meer as 1 miljoen boeke in Afrikaans in Suid-Afrika verkoop is.

Dalene Matthee se boeke :
Die Twaalfuurstokkie (1970)
Die Judasbok (1982)
‘n Huis vir Nadia (1982)
Petronella van Aarde Burgemeester (1983)
Kringe in ‘n bos (1984)
Fiela se kind (1985)
Moerbeibos (1987)
Brug van die esels (1993)
Susters van Eva (1995)
Pieternella van die Kaap (2000)
Toorbos (2000)
Die uitgespoeldes (Postuum – [na haar dood] 2005)

Ek het ‘n bietjie gaan kersopsteek by https://kakkerlak.co.za/dalene-matthee/
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Kort opsomming oor Daleen Matthee
« Reply #1 on: November 01, 2021, 10:55:40 PM »
Dolverlief op haar boeke. Het die voorreg gehad om in die biblioteek van die dorp naby Meisiekindjie, 'n paar Afrikaanse boeke raak te lees en onder andere was daar twee van Dalene. Gevoel soos krismis in die middel van die jaar!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Kort opsomming oor Daleen Matthee
« Reply #2 on: November 02, 2021, 08:55:29 AM »
Pieternella van die Kaap is natuurlik my groot gunsteling.  Nooit gedink ek sal 'n boek twee keer lees nie.  Het destyds my boek vir Angelica aangestuur, toe het ek dit weer in die bib gaan leen.
Antjie Patat het gesê sy sal haar opsomming met ons kom deel.
Antjieeeeee, waar is jy?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Kort opsomming oor Daleen Matthee
« Reply #3 on: November 02, 2021, 10:40:13 AM »
Ek sal later vanaand gou gaan klop aan Antjie se voordeur op die gevreetboek voor ons inkruip.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Kort opsomming oor Daleen Matthee
« Reply #4 on: November 03, 2021, 02:32:42 AM »
Baie dankie.  Ek sal dit baie waardeer en ek sien uit na haar plasing.

Om te weet is om te verstaan.