Author Topic: Visuele Gedig Struktuur (Konkrete struktuur)  (Read 8809 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Visuele Gedig Struktuur (Konkrete struktuur)
« on: June 20, 2011, 02:10:35 AM »
Die digter speel hier met woord en beeld wat mekaar komplimenteer.

Toring van Babel

©
en
so
is
daar
geskryf:
Genesis
11: 1-9
Een
volk
een
taal
saam
'n toring
begin bou
lymgrond
vir klei
en bakstene
vir bonsteen
'n Laagte
in die land
van Sínear
Mensekinders
smag na roem
reik na die sterre
Die Heer verwar taal
en het hul so verstrooi
........ Nimrod - Babilon .......
Wie sal die stad weer herbou?

*******************************

Alzheimer's Uurglas

Soos die sand in 'n omgedraaide uurglas
kwyn sekondes, minute en ure verby
wyl jy stom sit en staar na niks
verkrummel die menswees
onthou word uitgevee
en alles bekend
is soos
in 'n
?
in
die tye
waar bekend
wreed uitgevee word
verkrummel die menswees
wyl jy stom sit en staar na niks
kwyn sekondes, minute en ure verby
soos die sand in 'n omgedraaide uurglas

©Meraai vannie baai


En so het hierdie struktuur vertoon in RK&V

« Last Edit: May 03, 2012, 01:11:15 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Visuele Gedig Struktuur (Konkrete struktuur)
« Reply #1 on: June 20, 2011, 01:36:06 PM »
Baie goed  uitstekend gedoen!  Ek sal  nie eers probeer om 'n uurglasie te skryf nie!  Sal eers baie slimmer moet word!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Visuele Gedig Struktuur (Konkrete struktuur)
« Reply #2 on: November 12, 2021, 03:43:54 AM »
Pannekoekpan flits…

Knopkoppende hoofpyn
staan hy natgedou
saam met die son op
van onder die matjie
voor die voordeur
op die stoep.
Waar?
Kom?
Die?
Knop?
Vandaan?

©Naas.

Lief die wynglasvorm van Naas!
:headbang: :book1: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Visuele Gedig Struktuur (Konkrete struktuur)
« Reply #3 on: November 12, 2021, 04:00:31 AM »
Rooiwyn Kaggelvuur en vers.   :wav:


Ons het darem baie pret gehad met die skryf en saamstel van ons bundel.  Ek is steeds baie trots daarop.



Om te weet is om te verstaan.