Author Topic: 5/4/5 Ironiese Verse/Woorde  (Read 2459 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
5/4/5 Ironiese Verse/Woorde
« on: October 21, 2021, 06:55:47 AM »
Die as van verlang
na dit wat was
nog lank nie geblus

van diep diep binne
skroei vlam se gloed
in 'n grou verset

sterf die rouproses
iewers, êrens
tussen nou en nooit

Rou is 'n belangrike proses van heling, ook vir diegene wat opnuut streef na 'n nuwe normaal en is die vredemaak met wat was, ironies ook 'n rouproses, soms in sirkelgang...

© Meraai vannie baai








« Last Edit: October 22, 2021, 02:09:34 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 5/4/5 Ironiese Verse
« Reply #1 on: October 21, 2021, 08:34:57 AM »
Ware woorde so mooi gerangskik en vertoon.
Ek moet ook die een probreer.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 5/4/5 Ironiese Verse
« Reply #2 on: October 21, 2021, 08:45:41 AM »
My plek geboek Naas! So opgewonde oor wat jy gaan skep. Nou eers gou vir Outop laat lees. As hy verstaan, weet ek dat dit nie te 'dig' is nie  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 5/4/5 Ironiese Verse
« Reply #3 on: October 21, 2021, 11:08:45 AM »
Baie mooi geskryf en dit is beslis nie te "dig" nie.  As ek verstaan (oeps ek hoop ek verstaan reg) dan verstaan almal dit.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 5/4/5 Ironiese Verse/Woorde
« Reply #4 on: October 22, 2021, 02:07:55 AM »
Dankbare ek diekant PM. Vanoggend hol my gedagtes in staccato, woord vir woord. Na te veel jare van 'living with the unknown' gaan ek beslis nie met die nuwe verwikkelinge die volgende dekade (touch wood) ook terugverlang na wat was nie. Vanoggend het meraai die spinnerakke ontleed, opgesom en die slotsom: 'lewensveranderd.' Opsomming, lettergrepig met 5/4/5 verwoord:

Spinnekoprakke:
opgedonsde
oriëntasie

kommunikasie:
kognitiewe
meetinstrumente

kategorieë:
psigologies
geëvalueer

identifiseer:
denkvermoë
georiënteerd

geasseseerde
realiteit:
lewensveranderd.

© Meraai vannie baai

 :headbang: :angel4: Die ene gaan Outop nie onder oge kry nie... sal sy arkadiese ritme heel versteur.
« Last Edit: October 22, 2021, 02:39:41 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: 5/4/5 Ironiese Verse/Woorde
« Reply #5 on: October 22, 2021, 06:36:35 AM »
Halusinasies
Aanraakgesien
Onwerklikhede

Onwerklikhede
Aanraakgesien
Halusinasies

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 5/4/5 Ironiese Verse/Woorde
« Reply #6 on: October 22, 2021, 07:02:05 AM »
In vervoering oor die spieëlbeeldkringloop wat jy hier geskep het Assie! Ek het laaaaaank net gesit en staar. Stom oor die grootse talent, midde ons geliefde kringetjie. "Aanraakgesien" hierdie woord beskryf presies hoe eg die onwerklike is, ek kon nog nooit daarin slaag om dit so duidelik oor te dra nie. Ek het opgegee om aan my vriendin te beduie dat ek NIE droom NIE. Skies ek skrou soos spiritshulp  :icon_bigsmurf:



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 5/4/5 Ironiese Verse/Woorde
« Reply #7 on: October 22, 2021, 02:06:31 PM »
Goed gedoen Assie, Raaitjie, julle skryf uitmuntend. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 5/4/5 Ironiese Verse/Woorde
« Reply #8 on: November 02, 2021, 11:44:49 PM »
Dankie vir mooi woorde PM! Ek glo jy sal sodra die geharwar tuis weer rustig word, jou verse vir ons bring.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 5/4/5 Ironiese Verse/Woorde
« Reply #9 on: November 03, 2021, 12:51:52 AM »
Ek buig net die knieg voor die groot meesters.  Dit sal baie verwaand wees van my om te dink ek kan by julle kers vashou.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.