Die Biblioteek > Heupvervanging

Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging

(1/4) > >>

PM:
Ek wil graag weet watse voorbereidings ek moet tref vir Hannes se heupvervanging.
Is hier iemand wat kan help?


Hier is 'n skakel om te sien hoe 'n nuwe prostese ingesit word. 
https://vimeo.com/196743751

Trapsoetjie:
 :hello:
Hoop alles het goed afgeloop met die heupvervanging.

Ek sou reken hou die loop vlak skoon, geen los goedjies waaroor hy sy belans kan verloor nie. Ek onthou my vorige baas se vroutjie het eengehad en sy moes baie loop.

Plaas 'n rubberbestande mat in die bad en gebruik 'n stortstoel met rubbervoete. Maak seker dat al die seep en wasgoedjies,  binne handbereikbaar is, sodat hy nie hoef te buig nie.  Jy kan ook 'n spons op 'n handvatsel koop om dit makliker te maak vir hom. Dan hoef hy nie te draai of buig nie.

Ek het nou die dag ook gekyk na die stortstoel, vir Oma, maar sy hou nie van die water wat op haar val nie. Ek wou een gehad het met wiele. Hulle kom nie met wiele uit nie.  :evil6:

Sterkte, gee hom 'n drukkie van ons af.

 :angel12:

PM:
Ons wag nog vir 'n datum.  Met die covid het geen operasies plaasgevind nie, nou is daar 'n opeenhoping van gevalle.
Hy is pas hier weg om te gaan bloedtoetse doen.  Dan moet hy volgende week borsplate laat neem en die internis sien.
Dan gaan ons 'n fisio sien.  Wat 'n rigmarole. 
Dokkie sĂȘ as hy bv. op 'n Vrydag opereer dat kan hy die Sondag uitkom.


Dankie Trappies.  Dit is al sulke raat wat help om die lewe vir hom makliker te maak. 

Meraai vannie Baai:
Drukkie vir Hannes en jou ook PM. Met die ouderdom saam hou ons skarniere nie altyd by nie  :crybaby2: genadiglik kan sommige vervang word. Sterkte en onthou, ons gee om en dink aan julle.

PM:
Dankie Raaitjie.  Die hele spul het vandag tot 'n besef gekom.  Vandag toe ons die datum van die 5de November kry toe slaan die kerkklok.  Of is dit die haan wat kraai aan die maspaal?  O nee, dit is die vlag wat daar waai!  Dit is mos die haan wat op die kerktoring staan.   :book1:


Sien, die koeel is deur die kerk, die koppie die raas!


Dit is asof tyd vir 'n oomblik stil staan, maar met dieselfde tyd ook verbyjaag. 
Soveel dinge wat nog gedoen moet word.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version