Author Topic: Die forum lewe!  (Read 2161 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Die forum lewe!
« on: October 15, 2021, 12:45:45 AM »
 :hello2: Ek staan verstom. Het 'n proefneming gedoen - ons nuwe kreatiewe skryfstyl se skakel op die gevreetboekie geplaas. Binne minute is daar 15 lesers wat kom loer. Dalk is dit een manier om spoke/oudskrywers wat verdwyn het, weer te lok? Vergewe my, maar ek wil graag kort-kort kom loer hoe ons gaste reageer op die plaas van skakels na die forum op FB.

« previous next »PRINTPages: [1]   Go Down Author Topic: Teenoorgestelde Skryfstyl  (Read 62 times)0 Members and 15 Guests are viewing this topic.

Ek het op 'n vorige keer 'n skakel na die asemdief geplaas en 30 lesers het gelyk die blad onder oge gehad. Die forum lewe ouens, ons moet net onsself adverteer  :headbang:





                     
« Last Edit: October 15, 2021, 01:26:47 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die forum lewe!
« Reply #1 on: October 15, 2021, 01:25:16 AM »
Selfadverteer werk ouens! Ek geniet dit om te sien watter afdelings in die forum se biblioteek, ons gaste laat hand uit steek om te lees. Skiesie, ek sal nie verder pla met wie lees wat nie maar wou graag wys dat dit die moeite werd is vir ons om aan te hou griffel. Dit gaan nie ongesiens verby nie!
 :icon_biggrin: :love7: :notworthy:

Most Online Today: 51
 :icon_salut: :notworthy:
« Last Edit: October 17, 2021, 02:02:24 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die forum lewe!
« Reply #2 on: October 15, 2021, 05:02:39 AM »
Aai Ta Raatjie. Dis soos om jou suster te soen. Jy kry eintlik maar geen satisfaksie uit die wete dat stilstom gaste jou woorde wegdra sonder erkenning, komtaar of vergoeding nie.
En dit raak vir my al moeiliker om te skryf omdat ek al dieper in die grysmassa moet delf om woorde met my rittelmatiek vingers nader te krap. En in die gedelf vergeet ek wat ek wou se.  :pottytrain5:

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die forum lewe!
« Reply #3 on: October 15, 2021, 05:13:49 AM »
Oupa mompel iets van appelskille, sweine en baconbome. Ek sal liewers nie se wat ek gehoor het nie. Ek het hom sekerlik verkeerd verstaan.
(hy het seker weer sy gehoorapperaat vir 'n setpil aangesien dan dink hy so hardlywig hardop.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die forum lewe!
« Reply #4 on: October 15, 2021, 05:16:26 AM »
Weet wat jy bedoel. Daar was vanoggend tog ook so kleinbietjie lekkerkry om te sien die ouens hou dop wanneer ons ietsie nuuts plaas of hulle gaan aansit by toendertyd se disse. Jou antwoord op my vraag hoekom hou ons aan, is in die kol. Omdat ons omgee vir mekaar oor so baie baie jare al  :love7:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die forum lewe!
« Reply #5 on: October 15, 2021, 05:19:16 AM »
Assie, ek het nou verstik in my lag  :toothy4: :`ip2: geen mens kan aan depressie ly tussen jou en oom Naas nie. Dankie nooi vir jou massiewe bydrae om die oumens se lewe te verlig, gehoorstuksetpil en al. As ek nie nou groet nie, ry Outop sonder my.  :sign10:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Die forum lewe!
« Reply #6 on: October 15, 2021, 11:47:13 AM »
Assie, ek het nu gekrul van die lag.....
 :icon_salut:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die forum lewe!
« Reply #7 on: October 17, 2021, 01:57:34 AM »
Ek gaan antwoord met Trappies se bydrae lank, lank gelede:

Trapsoetjie

 Dinge kom en gaan.
 Binne bly die storm
 aan die brand.
 
....en hier sit ek weer

 met my rooirok voor jou deur.
 Niemand is tuis, het almal verhuis?
 Hier is dan (veronderstel) om so baie lede te wees, wa's julle?

Offline Arina

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 9
Re: Die forum lewe!
« Reply #8 on: November 17, 2021, 05:29:02 PM »
Oops! Ek het iewers gelees dat julle begrafnis wil hou!  Hoe dan nou!