Die kuierstoep > Kom kuier saam
Die forum lewe!
Meraai vannie Baai:
:hello2: Ek staan verstom. Het 'n proefneming gedoen - ons nuwe kreatiewe skryfstyl se skakel op die gevreetboekie geplaas. Binne minute is daar 15 lesers wat kom loer. Dalk is dit een manier om spoke/oudskrywers wat verdwyn het, weer te lok? Vergewe my, maar ek wil graag kort-kort kom loer hoe ons gaste reageer op die plaas van skakels na die forum op FB.
« previous next »PRINTPages: [1] Go Down Author Topic: Teenoorgestelde Skryfstyl (Read 62 times)0 Members and 15 Guests are viewing this topic.
Ek het op 'n vorige keer 'n skakel na die asemdief geplaas en 30 lesers het gelyk die blad onder oge gehad. Die forum lewe ouens, ons moet net onsself adverteer :headbang:
Meraai vannie Baai:
Selfadverteer werk ouens! Ek geniet dit om te sien watter afdelings in die forum se biblioteek, ons gaste laat hand uit steek om te lees. Skiesie, ek sal nie verder pla met wie lees wat nie maar wou graag wys dat dit die moeite werd is vir ons om aan te hou griffel. Dit gaan nie ongesiens verby nie!
:icon_biggrin: :love7: :notworthy:
Most Online Today: 51
:icon_salut: :notworthy:
Naas:
Aai Ta Raatjie. Dis soos om jou suster te soen. Jy kry eintlik maar geen satisfaksie uit die wete dat stilstom gaste jou woorde wegdra sonder erkenning, komtaar of vergoeding nie.
En dit raak vir my al moeiliker om te skryf omdat ek al dieper in die grysmassa moet delf om woorde met my rittelmatiek vingers nader te krap. En in die gedelf vergeet ek wat ek wou se. :pottytrain5:
:icon_bigsmurf:
Assie:
Oupa mompel iets van appelskille, sweine en baconbome. Ek sal liewers nie se wat ek gehoor het nie. Ek het hom sekerlik verkeerd verstaan.
(hy het seker weer sy gehoorapperaat vir 'n setpil aangesien dan dink hy so hardlywig hardop.
:mumum:
Meraai vannie Baai:
Weet wat jy bedoel. Daar was vanoggend tog ook so kleinbietjie lekkerkry om te sien die ouens hou dop wanneer ons ietsie nuuts plaas of hulle gaan aansit by toendertyd se disse. Jou antwoord op my vraag hoekom hou ons aan, is in die kol. Omdat ons omgee vir mekaar oor so baie baie jare al :love7:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version