Author Topic: Teenoorgestelde Skryfstyl  (Read 3401 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Teenoorgestelde Skryfstyl
« on: October 14, 2021, 06:18:18 AM »
Dolly Parton is vir meer as net haar bates bekend en ek het groot respek vir haar grootse talent as liriekeskryfster.

Kyk wat het sy hier gedoen met 'n teenoorgestelde skryfstyl:

I've had to think up a way to survive
Since you said it's over
Told me good-bye
I just can't make it one day without you
Unless I pretend that the opposite's true

Rivers flow backwards
Valleys are high
Mountains are level
Truth is a lie
I'm perfectly fine
And I don't miss you
The sky is green
And the grass is blue

How much can a heart and a troubled mind take
Where is that fine line before it all breaks
Can one end their sorrow
Just cross over it
And into that realm of insanity's bliss

There's snow in the tropics
There's ice on the sun
It's hot in the Arctic
And crying is fun
And I'm happy now
And I'm glad we're through
And the sky is green
And the grass is blue

And the rivers flow backwards
And my tears are dry
Swans hate the water
And eagles can't fly
But I'm alright now
Now that I'm over you
And the sky is green
And the grass is blue
And I don't love you
And the grass is blue


BRON: https://www.azlyrics.com/lyrics/dollyparton/thegrassisblue.html
My vingers juk... dink julle ons kan iets soortsgelyk in Afrikaans skep? Wie sien kans?  :love7: :notworthy: :book1:


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #1 on: October 14, 2021, 06:34:49 AM »
Dis amper 'n onmoontlike uitdaging. Sy het dit so volledig beskrywe dat enige Afrikaanse skepping dalk net 'n vertaling van haar lirieke gaan wees.
Sy was een finominale sangeres met baie meer talente as wat mens kon sien.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #2 on: October 14, 2021, 06:41:15 AM »
Hier is my voorbeeld:

Nóg hier nóg daar

Tussen iewers en nêrens
swerf ek stagnant
nóg hier nóg daar
niet in vlees of gees
spook die lewende.

Daar waar die horisonne
getyelose seë, kus op die wange
kraai 'n nagtegaal drie maal
oor haasbek-herinneringe
in alwynsoete môres
in 'n swart en wit reënboogland
waar sterre snags slaap
waar die son nooit skyn.

Sielepleister van onsekerheid
wanneer bangwees kom troos
in die lewensgang sonder end
waar tyd stil gaan staan
as die aarde stol op sy as.

Dit is daar waar niks alles is
dit is daar waar alles niks is
en die waarheid knoei openlik
oor ek so droewig kan lag
oor 'n vergete toekoms en
oor koue vure se warm as en
oor die sterre wat snags slaap en
oor die son wat nooit meer skyn

oor 'n swart en wit reënboogland
oor sewe seë net 'n klipgooi ver
as ek deur die lug kon swem
oor en oor, was ek al daar
maar die hemel kan val
en dan is een plus een vier
oor die sterre snags slaap en
oor die son nooit skyn nie,
swerf ek liewers net hier
oor die son nooit weer gaan skyn nie

nóg hier nóg daar.

© Meraai vannie baai

« Last Edit: October 14, 2021, 11:51:52 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #3 on: October 14, 2021, 06:45:34 AM »
Blus my gehate land.

My land het begin floreer
Toe agtertrekkers uit die noorde
Die Swartbergpas oorsteek
En die Kaapse liggies
Met helder verstand
Aansit
En in die proses
Die donkerte verdryf
In die verligte Afrika.

 :icon_bigsmurf:
Ns: Ongelukkig nie so positief soos onse Dollie nie.  :bootyshake:  :pottytrain5:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #4 on: October 14, 2021, 06:48:33 AM »
WOW! Daar het beslis vir ons 'n nuwe benadering gekom as afwisseling wanneer ons in die sandput van woorde speel Naas. Lief jou skepping.
:love7: :headbang:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #5 on: October 14, 2021, 06:53:12 AM »
Een van my kollegas het met 'n skrywer uitgegaan (later getrou) Hy het in Tietiesbaai in 'n karavaan gebly sonder TV of Radio. Hy se dit het hom verhoed om ander mense se stories te herontwerp en gehelp om kreatief te dink. Dollie se lirieke het my grysmassa gekliits en ek kry dit glad nie reg om uit haar boksie te dink nie.
Ta Raaitjie se poging is asemrowend mooi. Ek LIEF dit en gaan weer terugkom om dit van voor af te waardeer.
Soms, baie selde, is daar skrywes wat so briljant is dat slegs weerlees al die betekenisse agter woorde verraai.

 :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #6 on: October 14, 2021, 07:01:16 AM »
Ek buig laag my dierbare woordvriend  :icon_bigsmurf:

Die moeilikste was vir my om die dele wat sy herhaal het, te laat sin maak met my gekose lyne. Ek het grootse grootse respek vir haar talent. Voorwaar enig in haar soort, as ek reg onthou het sy buitekant haar wieletjieshuis gedwaal tydens 'n optrede iewers en toe gedink aan hoe dit sou wees as sy teenoorgesteld skryf en net daar is 'the grass is blue' gebore.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #7 on: October 15, 2021, 04:57:24 AM »
Hierdie skryfstyl is bo my vuurmaakplek. Ek erken ruiterlik ek het nie die inbors daarvoor nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #8 on: October 15, 2021, 06:55:42 PM »
Dit klink lekker.

Gaan my bietjie tyd vat. My grys-stof het mos sement geword.  :crybaby2:  :dontknow:

 :angel12:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #9 on: October 16, 2021, 11:29:11 AM »
Ons kuier by gaste en ek vertel van hierdie uitdagende skryfstyl wat gebore is a.g.v Dolly se 'grass is blue.'  Ek begin wonder of mens net so iets in Afrikaans kan skep as jou brein geklits is lol. Skielik hak Outop af met:

In die hoek van 'n sirkel
kronkel die pad reguit,
verlig deur duisternis
in die Namib-reënwoud
siende blind...

Ek het onverskoning gevra om 'n paar oomblikke te verdwyn want ek moes dit net kom deel voor ek vergeet wat my wederhelf so ewe droog voordra. Hy seg mens moet net outside the square dink. 
 :toothy4: :love7: :notworthy:
« Last Edit: October 19, 2021, 04:15:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #10 on: October 16, 2021, 02:33:21 PM »
Fiela se kind hardloop vierkante deur die vlaktes.  :sign10:

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #11 on: October 16, 2021, 03:13:16 PM »
O, ek sien se die blinde man vir sy dowe dogter oor die stukkende telefoon terwyl hy sy weetbix rook en sy biefstuk snuif.
Sy lag hartverskeurend oor die ernstige storie terwyl sy haar hare met die materiaalsker kam.

 :mumum:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #12 on: October 16, 2021, 10:19:50 PM »
Assie, ek het aan die selfde gedink......Ek sit op die hoek van die ronde tafel en eet sop met 'n lepel. :dontknow:

Ja nee - bly stil en vertel my gou oor jou dag?

 :angel12:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Teenoorgestelde Skryfstyl
« Reply #13 on: October 16, 2021, 11:46:45 PM »
 :toothy4: julle vier is vrek snaaks so vroeg in die oggend  :angel4: een ding wat nie vier is nie - die forumhumor het ons nog nooit in die steek gelaat nie.

« Last Edit: October 18, 2021, 11:44:12 AM by Meraai vannie Baai »