Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

Op reis met Antjie

(1/10) > >>

Antjie Patat:
Groot passie in my lewe is 'Wildlife photography'. Op my reise as Toer Operateur oor soveel jare het my oë behoorlik fees gevier, en soms sonder n kamera naby.
Ek sal van tyd tot tyd kom deel.

Naas:
Kan nie wag nie.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Antjie Patat, myse plek is geboek. Mis dit vir niks nie.  :love7: :hello2:

Antjie Patat:
Hallo julle...
Kom sit om n kampvuurtjie, en geniet die bederf wat my eie oge al gesien het, en waarvan ek die voorreg gehad het om deur n lens te kyk.
Meeste natuur en wildslewe is maar in die Olifant-kus, Dolfyn kus, sommige by die hawe, sommige minder in Swaziland, sommige in Lesotho, Kruger, en Hlhluwe-iMfolozi natuur reservaat. Laasgenoemde het ek bietjie meer as 20 jaar as vrywilliger gewerk.

My fotos neem ek so natuurlik as moontlik. Ek probeer gewoonlik die beeld vang wat op daardie oomblik vir my mooi is. Soms is dit die blur effek, soms die pote, en soms het ek n hele sitasie sien afspeel, en kon ek net by die nadraai by n kamera kom.
Ek sal probeer verduidelik soos ek plaas...

Antjie Patat:
Die eerste foto was van 2 Wit renosters (roadblock) waarop ek afgekom het. Hulle was rustig, en ek moes maar stadig agter hulle aanry. Deel van die groot 5 (Nie die 5 grootste diere nie, wel die 5 gevaarlikste diere). Daar is natuurlik geen kleur verskil tussen ons swart en wit renoster nie. Die grootste verskil is die bek. Wit renoster vreet gras en het plat vierkantige lippe, en die kleiner, kwaaier swart renoster, vreet bossies, en het n gepunte lip.
Die tweede foto is ons buffel (ook een van die groot 5, en in my opinie die gevaarlikste van al 5)
Die ou grote word ook in lokale taal 'dagga of dagha boy' genoem, maar hoofsaaklik omdat dit baie groot ou bulle gewoonlik is, wat of alleen loop of in 'bachelor groepe' rond beweeg.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version