Author Topic: Verspreekte gesegdes/woorde  (Read 5301 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verspreekte gesegdes/woorde
« Reply #15 on: September 21, 2021, 08:46:21 AM »
Brandewyn - Rooiwyn het nie brieke nie.   :color:   Let daarop dat 'n mens Rooiwyn met 'n hoofletter spel.  :notworthy:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verspreekte gesegdes/woorde
« Reply #16 on: September 27, 2021, 06:43:03 AM »
Ou tante Babie (uitgesreek baabie en nie beibie soos in die liedjies nie) van die Paarl het vreeslik maklik geskrik. Al staan jy voor haar en begin net skielik praat, skrik sy en begin praat in tale. Ek sal liewerste nie vertaal nie maar deel van haar rympie was "donnerse bul tril". Glo my die res was erger.
As kinders, o my sonde, het ons haar gereeld skrik gemaak om ons woordeskat uit te brei. (gits, weet ek nou nie hoe om daai bry te spel nie.)

 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: September 27, 2021, 07:42:35 AM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verspreekte gesegdes/woorde
« Reply #17 on: September 27, 2021, 07:36:31 AM »
Vermoed die laaste 'y' is reg Naas. Ek lankal besef mens moet jou nie verspreek met tril as jy van bul wil praat nie. Nou weet ek hoekom - dit leer kindertjies in tale praat.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verspreekte gesegdes/woorde
« Reply #18 on: October 19, 2021, 03:19:14 AM »
Antjie Patat se verspreekte woorde

Ek gaan juis die naweek saam in die wildtuin kamp en sleep twee kinnertjies saam, want hulle moet die liefde leer.. 

om nou die woord "sleep" by die kinnertjies te gebruik...aitog!

Ek gaat hulle in die kar laai en so saam sleep.. en nie agter die towbar aan nie.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verspreekte gesegdes/woorde
« Reply #19 on: October 19, 2021, 10:45:32 AM »
'n Mens se verbeelding raak mos op loop as jy iets wat jy geskryf het weer lees en jy besef dat dit nog 'n ander betekenis ook kan hê.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.