Die Biblioteek > Die woordmandjie/Skrywers-skatkis

Verspreekte gesegdes/woorde

(1/4) > >>

Meraai vannie Baai:
Wonder hoeveel keer verspreekte gesegdes/woorde ons tonge daagliks laat knoop? Lees ek op FB van 'n Suid Afrikaanse egpaar wat in Australia hoogs sukselvol kom boer het. Hulle het in SA 'n skaap- en graanplaas gehad.

Ek lees so ewe: Raap- en skraapplaas  :icon_biggrin:
 

Meraai vannie Baai:
Lees ek die ene raak:
Ek het gister nog haar naam onthou, nou kan ek om die dood dit nie onthou nie, dit is hierdie vervlakste anoreksie!

Gesensor:
 :toothy4: :icon_bigsmurf: Daar is sommige woorde wat 'n mens liefs nie jouself mee moet verspreek nie. Moes die onheilige plasing eers kom toedraai in watte en gaan weer probeer - As jy bul en tril verwar kan dit 'n groot moles afgee met al die gesegdes waar ons die woord 'bul' in Afrikaans gebruik. 

Assie:
Oupa het hoeka vir die veeartsie gese: Wanneer julle die bul melk vat julle al die plesier uit die koei se lewe.

Willie die bul sien die koeie anderkant die draad.
Hy skrop die grond en se: Ek is Willie die bul. Ek kan as ek wil."
Hy storm daai draad en spring. Met die oorgaan slag voel hy net 'n pluk. Toe hy omkyk sien hy sy sak hang nog aan die draad en hy se: Nou is ek Willie die os. Nou kan ek dit maar los."

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
 :sign10: :`ip2: Gelukkig kan 'n mens nie doodgaan van 'n oordosis lagpille nie anders was ek nou tiekets

Naas:
Assie, dit smaak my daai bul is op heterdraad betrap.
Wat is 'n machanic sonder 'n toolboks?

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version