Author Topic: Kerriesult  (Read 5683 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kerriesult
« Reply #15 on: November 12, 2021, 04:15:30 PM »
Jy wil nie WEET nie. Ek sukkel al weer twee dae met rugpyn. Ek idle maar aan op die pynpille. Maar dit gaan skreeuend stadig.
Die plekkie waar ons heengaan is maar klein so 30 jaar se hoarding (opgaar) moet nou verminder word na noodsaaklikheid.
Dis 'n gemors van epidermiese proporsies.
Ek het vanoggend die sewende skip laat wegvat. Lyk my ons begin nou kant se kant toe staan. Moet voor kersfees uit die huis uit.
Wag nog net vir finale registrasiedatum om sekerheid te kry.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kerriesult
« Reply #16 on: November 13, 2021, 04:23:27 AM »
Afskaal is 'n vreeslike ding, maar aan die anderkant is daar soveel goed waarsonder 'n mens lag-lag kan klaarkom. 
Ons is nou besig om terug te trek Annlin toe. Ons wil hierdie plekkie omskep in 'n vakansiehuisie vir naweke of wat ook al. 
Nou moet ek weer voorsien vir nog 'n huis.
Ek is jammer oor jou pyne en hoop dit sal gou rustiger raak by julle sodat daardie rug kan rus. 
Om te weet is om te verstaan.